Matriekleerlinge in Mpumalanga sal nie Donderdag hulle uitslae ontvang nie, het die gehaltebeheerliggaam Umalusi Maandag bevestig.
“Umalusi vra die leerlinge en hulle families om verskoning vir enige ongerief, maar glo dat uitslae wat wel vrygestel word geloofwaardig moet wees,” het prof. John Volmink, voorsitter van die Umalusi-raad, gesê tydens ’n mediakonferensie.
Dié besluit kom ná vyf matriekvraestelle (wiskunde I en II, natuur- en- skeikunde I en II en rekeningkunde) uitgelek het.
“Ons is dit nie net aan die leerlinge van Mpumalanga verskuldig nie, maar ook aan die hele land.”
Ongeveer 60 000 leerlinge het die matriekeksamen in Mpumalanga afgelê.
