Regering wil nou privaatpensioene begin tap

Die ANC-minister van ekonomiese ontwikkeling gaan maniere bekyk waarop die R1,5 triljoen wat in privaat- en regeringspensioene belê is, vir “ontwikkeling” gebruik kan word. Waarskynlik sal sulke “ontwikkelingsprojekte” deur begungstigdes van Swart Ekonomiese Bemagtiging en swart sakemanne na aan die ANC bedryf word. Die sakekoerant Business Day berig in vandag se uitgawe dat die minister

Lees verder: Regering wil nou privaatpensioene begin tap

UJ-kampus met waterkanonne begaanbaar gemaak

Betogende studente van die universiteit van Johannesburg wat die kampus ongbegaanbaar wou maak, is Woensdag en Donderdagoggend deur die polisie met waterkanonne uitmekaar gejaag. Studente wat aan die studente-organisasie Sasco behoort, eis dat tersiëre onderrig gratis moet wees. SA Students Congress (Sasco) het Woensdag gesê hulle sal nege kampusse ontoeganklik maak vir lesings Donderdag. Benewens

Lees verder: UJ-kampus met waterkanonne begaanbaar gemaak

Prostitusie en dwelms kom saam met sokker

Luidens ‘n berig op Nuus24 gaan mensesmokkelaars glo meer as 40 000 buitelandse prostitute vir WB 2010 “invoer”. Die regering verwag terselftertyd ’n verskerpte invloei van dwelms soos kokaïen en heroïen deur Suid-Afrika se grense, volgens ‘n woordvoerder van die sentrale dwelmgesag (CDA). Dié kommer is uitgespreek by die bekendstelling van die Verenigde Nasies se

Lees verder: Prostitusie en dwelms kom saam met sokker

Kompleksiteit en leemtes van liberale waardes

Die uitspraak in ‘n arbitrasieverhoor van ‘n Bloemfonteinse staatsdokter met gewetensbesware teen aborsies onderstreep opnuut hoe kompleks ‘n liberale uitleg oor menseregte is. Dit lei dikwels daartoe dat liberalisme in stryd met sy aansprake, juis tirannieke karaktertrekke openbaar. Hierdie verskynsel speel hom op die oomblik ook in die VSA af, waar pres. Barak Obama pas

Lees verder: Kompleksiteit en leemtes van liberale waardes

Olieroete deur terroriste bedreig

’n Ongeïdentifiseerde terroristegroep beplan om olietenkskepe in die Straat van Malakka, een van die wêreld se besigste seestrate, aan te val, het die vloot van Singapoer en hul skeepvaartvereniging Donderdag gewaarsku. Die Singapoer Skeepvaartvereniging het gesê hulle het ‘n waarskuwing van die vloot ontvang wat “dui op ‘n terroriste-aanval op olietenkskepe in die Straat van

Lees verder: Olieroete deur terroriste bedreig

Zuma paai Britte oor myne

Jacob Zuma het Donderdag, op die derde dag van sy staatsbesoek aan Brittanje aan Britse parlementslede gesê die nasionalisering van myne is nie op die regering se agenda nie. Zuma het dié versekering gegee nadat ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, die nasionalisering van myne met ywer begin bepleit het. “Laat my van hierdie geleentheid gebruik maak om

Lees verder: Zuma paai Britte oor myne

Belastingbetalers tot weerhouding gedwing

Mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, VF Plus-stadsraadslid in Pretoria, het vandag in ʼn verklaring gesê dat belastingbetalers uit frustrasie hul munisipale-belastings weerhou omdat stadsrade nie dienste lewer nie. Dit volg nadat mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, belastingbetalersverenigings wat hul plaaslike dienstegelde weerhou gedreig het met “oorlog”. Jansen van Rensburg het gesê dat min.

Lees verder: Belastingbetalers tot weerhouding gedwing

Welgedaan, Jaap Kelder!

Jaap Kelder is die voorsitter van die Nasionale Belastingbetalers-Unie. Hulle is die mense wat belastingboikotte reël wanneer die ANC-beheerde stadsrade voorspelbaar en onafwendbaar in duie stort; wanneer Jonas en Sipho, die ANC raadslede, eerder vir hulself S-klas-Mercedesse koop as om geld te verkwis op trivialiteite soos dienslewering, riolering, watervoorsiening en paaie. Maak geen fout nie:

Lees verder: Welgedaan, Jaap Kelder!