Die terroristegroep Al Kaida het verantwoordelikheid aanvaar vir die mislukte poging om ‘n passasiersvliegtuig bo Detroit, VSA, op te blaas. Volgens SITE, ‘n Amerikaanse intelligensieorganisasie, het Al Kaida Maandag ‘n verklaring op ‘n Islamitiese webwerf geplaas waarin die groep sê die aanval is deur ‘n Al Kaida-faksie in die Arabiese skiereiland geloods. Abdoel Faroek Abdulmoetallab,
Kwanzanc: die ANC se ekwivalent van Kersfees
Die viering van Kersfees is uiteraard ‘n uiters Europese tradisie. In die jaar 350 nC het Pous Julius I ‘n dekreet uitgevaardig dat Kersfees, wat die viering van die geboortedag van die Heiland moes wees, op 25 Desember gevier sou word. Niemand is presies seker wanneer Christus werklik gebore is nie, maar dit was waarskynlik
Eie norme, en basta met die wêreld
Te midde van ‘n resessie is Suid-Afrikaners deur verskeie vorme van belasting ingebind by die grootste sportskouspel wat die land waarskynlik in ‘n geruime tyd sal aanbied. Die 2010- Fifa-wêreldbeker-eindtoernooi is veel, veel groter as die rugby- en krieketbekertoernooie saam wat Suid-Afrika reeds aangebied het. Dit beteken ook dat die w êreld se oë soos
Geseënde Kersfees aan al ons lesers!
Hoewel ons vandag ‘n vergete kortverhaal deur Jan Rabie, Swart Kersfees publiseer, wens ons dit beslis nie aan ons lesers toe nie! Mag môre se feesdag, wat saamval met die geboorte van Christus, maar ook die Europese heidense feeste wat ons voorouers tydens die wintersonstilstand in die noordelike halfrond gevier het, vir u almal heerlik
Eisj!
{jathumbnail off} lego киевлобановский александр игоревич
Koolstofverhandelingsmark sukkel
Die ooreenkoms in Kopenhagen bemoeilik die taak van Amerikaanse wetgewers om volgende jaar ’n koolstofverhandelingsmark op die been te bring omdat China ingevolge die ooreenkoms nie wetlik gedwing kan word om ook sy kweekhuisgasuitset in te perk nie. Australië wil egter ’n koolstofmark in Julie 2011 instel wat 1 000 van die grootste Australiese maatskappye
Swart Kerskous vir wit werknemers by ENB
Die vakbond Solidariteit het vandag met ʼn reuse internetveldtog begin waardeur ENB-kliënte gemobiliseer word om druk op die bank te plaas nadat die bank besluit het wit werknemers kan nie kwalifiseer vir beurse vir hulle kinders nie. In die November-uitgawe van hulle nuusbrief aan die werknemers, Treetalk, skryf ENB dat indien werknemers finansieel sukkel met
Ntini eerder as Friedel
Die Proteas se nuweling-bouler Friedel de Wet sal waarskynlik sy plek in die span moet prysgee as die vinnige Dale Steyn fiks verklaar word om die tweede Castle Lager toets Saterdag teen Engeland te speel. Suid-Afrika se kaptein Graeme Smith het gesê daar is nie veel twyfel wie gaan boul as Steyn gereed is nie.
Openbare vervoer ‘onveilig’
Meer as 700 voertuie van die openbare vervoerstelsel is die afgelope maand onpadwaardig verklaar, het die department van vervoer Woensdag in ‘n verklaring gesê. Dit sluit meer as 400 busse en 250 taxi’s in. “Wetstoepassingsbeamptes sal oor die volgende paar dae hul optredes teenoor operateurs van openbare vervoer verskerp, veral busse en taxi’s. Voertuie wat
Swart Kersfees
Hierdie, waarskynlik die mees polities onkorrekte kortverhaal in Afrikaans, is in 1947 vir die eerste keer gepubliseer. Daarna het dit in die vergetelheid versink en is ook nie opgeneem in Jan Rabie se Versamelverhale wat in 1980 op die skrywer se sestigste verjaardag verskyn het nie. Dit word vandag op 24 Desember 2009 deur praag.co.za