US under fire for anti-Iran tactics
Swart ekonomiese bemagtiging is ‘nie diskriminerend nie’
As swart ekonomiese bemagtiging (SEB) korrek toegepas word, kom dit nie neer op diskriminasie teen blankes nie. Dit is die mening van JD Squire Mahlangu, verbonde aan die Staatsdienskommissie. Hy het gister ’n internasionale mensekragkonferensie, gerig op die openbare sektor, in Kaapstad toegespreek.

Lees verder: Swart ekonomiese bemagtiging is ‘nie diskriminerend nie’
Kwazulu-Natal se munisipaliteite sukkel
Zweli Mkize Sowat 53 sukkelende munisipaliteite in Kwazulu-Natal is aan die provinsiale regering se finansiële departement “oorgedra” as gevolg van die geldelike verknorsing waarin hulle verkeer. “Hulle kan nie ’n begroting opstel nie, hulle het nie personeel om geld in te samel nie en hulle sien nie as dinge verkeerd loop nie; dit is dus
Die DRK se ?nasionale trots?
Daar is net ’n dunnerige doringdraad rondom Afrika se eerste kernreaktor, wat tans stadig en ongebruik in Kinshasa agteruitgaan. Verlede week het internasionale deskundiges weereens hulle kommer uitgespreek oor veiligheidsmaatreëls by die Kinshasa Streeksentrum vir Kernnavorsing (KSN) wat oor die reaktor toesig hou.

Johannesburg moet regmaak vir bevolkingsverskuiwing ? Mbeki
Thabo Mbeki, die ANC-president, het enkele dae gelede tydens ’n sogenaamde “imbizo” in Braamfontein, Johannesburg, gesê dat dié stad hom moet regmaak vir nog baie nuwe intrekkers “van elders in die land”.

Lees verder: Johannesburg moet regmaak vir bevolkingsverskuiwing ? Mbeki
India firm on gas pipe from Iran
Press Release, Gun Owners SA
The murder of innocent victims is a disgrace and our condolences go out to those who have lost loved ones in the shooting rampage at Virginia Tech,
USA.

Demokrasie in Nigeri
Inwoners van Nigerië se 36 state het verlede week staatsgoewerneursverkiesings gehou, ter voorbereiding van die presidensiële verkiesing wat hierdie naweek gaan plaasvind. Die verkiesing is gekenmerk deur onluste, diefstal van stembriefhouers, brandstigting en het tot die dood van ten minste 21 mense gelei. Verwarring oor stemlyste en stembriefies wat in sekere dele van die land nie beskikbaar was nie, het verdere chaos tot gevolg gehad.

Spioen in Ka?ro vasgetrek
Egiptiese owerhede het Dinsdag bevestig dat ‘n spioenasienetwerk wat deur Israel bedryf is, oopgevlek is. ‘n Egiptiese ingenieur, ‘n Ier en ‘n Japanner was daarby betrokke, volgens ‘n justisiewoordvoerder.
Die prokureur-generaal, Abdel Megied Mahmoed, het die aankondiging van die inhegtenisname van die Egiptiese burger gedoen en bygevoeg dat die twee ander verdagtes ontsnap het.
Mohammed Sayyed Saber, 35 jaar oud, word daarvan aangekla dat hy inligting aan die Mossad, die Israelse inligtingsdiens, verkoop het. Dié inligting behels “die verskillende aktiwiteite” van die Kernkragkommissie van Egipte.