Toespraak gelewer by ‘n PRAAG-vergadering oor misdaad in die NG Kerksaal, Lynnwood, Pretoria op 10 Maart 2007, saam met Steve Hofmeyr, TLU-veiligheid en ander belanghebbendes
Dames en here, mede-Afrikaners,
Daar gaan nie ‘n dag verby dat ons nie gruverhale in die koerante lees oor die vlaag misdaad wat die land teister nie. Trouens, “misdaad” het ‘n versamelnaam geword vir die patologiese toestand waarin ons land verkeer. Ons kan dit net sowel oorlog of anargie noem, want nóg die oorlog in Irak nóg die konflik tussen Israeli’s en Palestyne eis soveel slagoffers soos ‘n gewone dag in Suid-Afrika.
Ons mooi land het die swaargewigmisdaadkampioen van die wêreld geword. Die ergste is: niemand in gesagsposisies en veral nie die kamma-regering van die ANC wat polisiehoofde soos Jackie Selebi en Robert McBride insluit, ervaar dit as ‘n skande nie. Inteendeel, nou onlangs het Selebi homself op die skouer geklop dat hy die beste polisiemag ter wêreld het! Hy het sommer ‘n vriend by Interpol gekry om dit te sê ook.

Lees verder: Misdaad: ‘n Boer maak ‘n plan