Peter de Villiers, die nuwe Springbok-rugbyafrigter, het 'n beroep op Suid-Afrikaanse rugby-ondersteuners gedoen om hulle obsessie met ras te laat vaar. Vier dae voordat De Villiers veronderstel is om sy eerste span vir die jaar aan te kondig, word daar bespiegel dat hy 'n ongekende aantal swart spelers gaan insluit.

Ná die sukses van Google se soekmasjien op die internet, het ‘n nuwe maatskappy op die toneel verskyn met ‘n nuwe metode van inligting vind. Powerset, ‘n nuwe onderneming in Siliconvallei, Kalifornië, het ‘n soekmetode uitgevind wat nie van slagwoorde gebruik maak nie, maar wat die betekenis van woorde in sinne ontleed om verbandhoudende begrippe te vind.