Deense koerante het gister een van die 12 tekeninge van die profeet Mohammed wat internasionale woede van Moslems ontketen het, gepubliseer om protes aan te teken teen ʼn komplot om een van die spotprentkunstenaars te vermoor.
Die herpublikasie van die spotprent wat Mohammed toon terwyl hy ʼn bom vashou, het kritiek in Moslemgeledere veroorsaak waar daar gesê is dat dit net tot woede sal lei.

Oud-minister Pik Botha het verlede jaar op 14 Julie 2007 ʼn debat ontketen met sy stelling dat “die ANC vir ons gelieg het” tydens die Kemptonpark-onderhandelinge in die vroeë negentigerjare. Ook mnr. F.W. de Klerk het op dieselfde tydstip ʼn verklaring uitgereik waarin hy meen dat “die huidige toepassing van regstellende aksie strydig is met dit waarop destyds in die grondwetlike onderhandelings ooreengekom is”.