praag.co.za

ANC-eed eer terroriste soos Mahlangu

Written by

in

Gegewe die onlangse geskiedenis is dit voorts duidelik na wie die volgende sinsnede uit die eed verwys: “those who have suffered and sacrificed for justice and freedom.” Wenk: dit is juis nié blanke dienspligtiges wat aan die grens gesneuwel het nie. Nee, dit is veel  eerder dieselfde, eksklusiewe groepie wat in die ANC se “Vryheidspark” in Pretoria vereer word, daardie selfde park waarin blanke dienspligtiges onwelkom is.

Dit sluit illustere figure in soos die Kubane, Mhkonto we Sizwe, halssnoermoordenaars en terroriste.

Een van hulle is die lafhartige sogenaamde vryheidsvegter, Solomon Mahlangu, wat welverdiend aan sy einde gekom het, al wurgende aan ʼn tou in Pretoria-Sentraal as straf vir sy aandeel in die dood van ongewapende burgerlikes.

As die instelling van so ʼn eed nie so ʼn blatante poging was om kwesbare blanke kinders te indoktrineer nie, sou die siniese tydsberekening daarvan eintlik lagwekkend gewees het. Dit kom op ʼn tyd wanneer die president se politieke loopbaan bykans tot ʼn vernederende einde gekom het. As gevolg van die regime se volslae onvermoë om die land te bestuur, gekoppel aan die etniese reiniging van bekwame blankes uit die staatsdiens, sit miljoene Suid-Afrikaners baie dae vir ure lank sonder elektrisiteit.

Om die elektriese analogie ʼn bietjie verder te voer, kan mens die tydsberekening van die eed nie in isolasie van die bedenklike toestand van die land sien nie. Dit is ʼn deursigtige weerligafleier, sinies bereken om die vernederende kalklig van die regime se grootskeepse mislukkings af te trek. Dit is juis blankes wat uitwys hoe rampspoedig die regime se rassewetgewing vir dienslewering was, en hier word blankes geteiken. Hoe toevallig kan dit wees?

Luidens mediaberigte veins Minister Pandor verbasing dat enige iemand ʼn probleem met hierdie eed kan hê. “Hoe kan mens dan teen die grondwet wil wees?” vra sy. Weer eens is hierdie amper ʼn lagwekkend deursigtige stuk sinisme, omdat selfs die mees intellektueel-gestremde ANC-kader sal besef dat die bewoording en gees van die eed gewaarborg is om blanke gevoelens op te sweep en blanke weestand te ontketen.

Benewens sy rol as ʼn weerligafleier, is die eed myns insiens ook ontwerp om swart haat teen blankes op te sweep. ʼn Onlangse meningspeiling het getoon dat die ANC se gewildheid insgelyks onder swartes aan die taan is, juis as gevolg van swak dienslewering. Omdat die ANC al te goed besef dat blankes uiters negatief gaan reageer, gaan dit baie maklik wees om weer eens vir die swart bevolking te sê: “Daar is jou vyand – daardie dislojales wat die land ondermyn en nie die eed wil aflê nie.” Sodoende hoop die regime waarskynlik om sy eie gewildheid weer te laat styg, soos swartmense se goeie, betroubare rassesolidariteit  weer eens te voorskyn kom. Verwag gerus ʼn styging in plaasaanvalle na dese.

Ek sou nie verbaas wees as die ANC wel die bewoording gaan verander nie, maar die skade sal dan reeds gedaan wees en sy propagandadoelwitte sal reeds bereik wees. Al verander die bewoording na ʼn meer neutrale een, moet ons as blankes onsself nietemin afvra of ons wil toelaat dat ons kinders trou sweer aan ʼn regime en ʼn land waar daar teen ons taal, kultuur en velkleur gediskrimineer word. Oor my dooie liggaam sal my kind enige ANC-eed aflê.

Geen eed vir tweedeklasburgers nie!

брюки зимние для мальчика купитьлобановский супермаркет класс

Comments

Leave a Reply