Oranje-blanje-blou wapper in Ghana

Image

Sokkerplakkaat in Ghana

Die Suid-Afrikaanse sokkerbase het blykbaar nie agtergekom dat plakkate wat die afgelope twee weke tydens die Afrikasokkerbeker vertoon is, die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon nie.

Ook is die hooffoto op die plakkate dié van Benni McCarthy, wat nie eens vir die Bafana Bafana-span gekies is nie.

Oor die afgelope twee weke was daar aanbiedings oor die 2010-sokkerwêreldbeker in Ghana, met die adjunkpresident van die SA Sokkervereniging, Mwelo Nonkonyana, wat beweer dat Suid-Afrika “die wêreldbeker oor twee jaar gaan wen”.

Niemand het egter beswaar teen die toernooiplakkate aangeteken nie en dit wil voorkom asof die Ghanese nogal hou van die oranje-blanje-blou.

Die amptelike borg van die Afrikasokkerbeker, MTN, se embleem het “trots” naas die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon. ʼn Woordvoerder van die maatskappy wou nie kommentaar lewer alvorens hy ʼn foto van die plakkaat onder oë gehad het nie.

гидроаккумулятор 150 литров ценалобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae