Maagpolitiek van ons opperpandoer

Enigeen wat gedink het dat die ANC anders as ander Afrikapolitici gaan optree as dit by die vermorsing van staatsgeld op persoonlike uitgawes kom, moet weer dink. Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, wat weens Suid-Afrika se hemelhoë misdaadsyfer een van die belangrikste portefeuljes beklee, bestee wild geld in luuksehotelle asof die staatskas aan hom

Lees verder: Maagpolitiek van ons opperpandoer

Polisieminister mors R578 000 in hotel uit

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het nog ‘n geweldige hoë hotelrekening laat oplui, dié keer vir meer as R570 000 in Durban, het die Sunday Independent gister berig. Tussen 19 Desember en 25 April, het Mthethwa by tye in die vyfster-Hiltonhotel saam met lede van sy BBP-beskermingseenheid teen ‘n koste van R578 499 tuisgegaan.

Lees verder: Polisieminister mors R578 000 in hotel uit

Vredesregter weier gemengde paar

‘n Wit vredesregter in die Amerikaanse deelstaat Louisiana sê hy het geweier om ‘n huwelikslisensie aan ‘n gemengde paartjie uit te reik omdat hy bekommerd was dat hulle kinders sou hê. Keith Bardwell, vredesregter in die Tangipahoa Parish, sê uit sy ervaring weet hy huwelike tussen verskillende rasse hou nie baie lank nie. “Ek is

Lees verder: Vredesregter weier gemengde paar

Khama wen in Botswana

Botswana se regerende party het Sondag ‘n oortuigende oorwinning behaal. President Ian Khama sal dus die volgende vyf jaar steeds aan bewind bly ten spyte van ekonomiese ellende in die wêreld se grootste diamantprodusent. Khama het die presidentskap behou toe sy Botswana Democratic Party, BDP, 45 van die 57 kiesafdelings gewen het terwyl die hoofopposisie

Lees verder: Khama wen in Botswana

Detroitmarathon eis drie

Drie hardlopers het Sondag tydens die Detroitmarathon gesterf, het owerhede gesê. Daniel Langdon, 36, van Laingsburg het omstreeks 09:02 inmekaargesak nadat hy sowat 17km van die marathon voltooi het. Volgens Rich Harshbarger, Adjunk-president van die Detroit media-groep, het ‘n tweede deelnemer, Rick Brown, 65, omstreeks 09:17 inmekaargesak. ‘n Minuut later het Jon Fenlon, 26, ook

Lees verder: Detroitmarathon eis drie

Rusie by boekeskou oor Googleprojek

“Gemors” en “histeriese propaganda” was een woedende reaksie by die wêreld se grootste boekeskou toe Google, die wêreld se grootste internetsoekdiens, planne verdedig het om miljoene boeke in aanlyn elektroniese literatuur te omskep. Die rusie het by die 61ste internasionale Frankfurt-boekeskou, ‘n groot jaarlikse literêre gebeurtenis, ontstaan. ‘n Literatuurprofessor van Duitsland se Universiteit van Heidelberg

Lees verder: Rusie by boekeskou oor Googleprojek

Ernstige uitbraak van bek-en-klouseer

Die Mpumalanga-regering het beperkings ingestel op die vervoer van lewende hawe en diereprodukte uit die Laeveld nadat die uitbreek van bek-en-klouseer. Die eerste tekens van die siekte in die Nkomazi-gebied naby Komatipoort is aan die begin van September aangemeld. Daar heers tans ‘n totale verbod op die vervoer en verskuiwing van beeste, skape en bokke.

Lees verder: Ernstige uitbraak van bek-en-klouseer

Afriforum gaan Christelike skole beskerm

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het aangebied om die volle regskostes van skole met ʼn Christelike etos te dra, sou diegene wat gekant is teen godsdiens in skole hulle dreigement uitvoer om dié skole in die hof te probeer dwing om op te hou om godsdiens op skool te beoefen. AfriForum se aanbod volg nadat die anti-godsdiens

Lees verder: Afriforum gaan Christelike skole beskerm