Detroitmarathon eis drie

Drie hardlopers het Sondag tydens die Detroitmarathon gesterf, het owerhede gesê.

Daniel Langdon, 36, van Laingsburg het omstreeks 09:02 inmekaargesak nadat hy sowat 17km van die marathon voltooi het.

Volgens Rich Harshbarger, Adjunk-president van die Detroit media-groep, het ‘n tweede deelnemer, Rick Brown, 65, omstreeks 09:17 inmekaargesak. ‘n Minuut later het Jon Fenlon, 26, ook skielik inmekaargesak.

Harshbarger het bevestig dat daar sowat ses verskillende punte oor die afstand van die marathon was waar nooddienspersoneel gestasioneer was. “Daar was binne sekondes paramedici op die tonele gewees.”

Die presiese oorsake van die verskeie sterftes is nog nie bekend nie.

“Hierdie is baie slegte nuus vir ons. Ons innige simpatie gaan uit aan die oorledenes se families, ” het Harshbarger gesê. Volgens hom word deelnemers aangeraai om eers met hulle dokters te praat voordat hulle aan die marathon deelneem.

Daar het laas in 1994 ‘n deelnemer aan die Detroitmarathon gesterf.

 

баня с хамамомДанильченко Юрий Брониславович Харьков