Rusie by boekeskou oor Googleprojek

“Gemors” en “histeriese propaganda” was een woedende reaksie by die wêreld se grootste boekeskou toe Google, die wêreld se grootste internetsoekdiens, planne verdedig het om miljoene boeke in aanlyn elektroniese literatuur te omskep.

Die rusie het by die 61ste internasionale Frankfurt-boekeskou, ‘n groot jaarlikse literêre gebeurtenis, ontstaan.

‘n Literatuurprofessor van Duitsland se Universiteit van Heidelberg het skerp gereageer op Google Books, ‘n massiewe projek deur die Amerikaanse groep, om die wêreld toegang te gee tot boeke wat andersins moeilik of onmoontlik is om te bekom.

Prof. Roland Reuss het gewaarsku dat dit ‘n bedreiging vir tradisionele uitgewerye is. “Julle vernuwe die mark, maar die verskaffers van goedere in hierdie mark gaan vernietig word.”

Google se hoof van Druk Inhoud Vennootskappe in Brittanje, Santiago de la Mora, het in reaksie gesê hulle los een van die groot probleme in die wêreld op, dat boeke omtrent dood is omdat hulle nie gevind word nie.

Die Google Book-projek staar regsprobleme oor die kwessie van kopiereg in Amerika, Europa en elders in die wêreld in die gesig.

Die soekdiens wil soveel as moontlik van die wêreld se kennis in een plek, naamlik die kuberruim, bewaar.

 

аппарат для мойкиФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae