Tot dusver het die ANC-jeugliga, die Jong Kommunisteliga en die SA Demokratiese Onderwysersunie hul tevredenheid uitgespreek met regter Bernard Ngoepe en ander se uitspraak teen Ermelo-hoërskool se taalmedium, Afrikaans.
Volgens Zizi Kodwa van die ANC-jeugliga moet Afrikaners aanvaar dat “’n revolusie die simbole en kultuur van die verlede vernietig. Dit beteken ook dat alle straat- en plekname verander moet word. ‘n Mens kan nie ‘n revolusie met die simbole van die verlede hê nie.”
Die Jong Kommunisteliga het insgelyks sy tevredenheid met die Hoërskool Ermelo se neerlaag in die hof uitgespreek en die “Bantoe-onderwystaktiek van Afrikaanse openbare skole” verdoem. Die Jong Kommuniste het die woorde van kameraad Chris Hani aangehaal: "Ons stryd was nie om die nasionale vlag en die personeel in die Uniegebou te verander nie”. Pogings van Ermelo-hoërskool om moedertaalonderrig te verseker, is deur die beweging beskryf as ‘n manier om “die nasionale opvoedkundige transformasieprojek” teen te staan.
Lees verder: Afrikaanse skole: ‘Die revolusie venietig die kultuur van die verlede’
