Madame Butterfly “rassisties”

‘n Vooraanstaande Britse operakenner, prof Roger Parker van King’s College, het Puccini se Madame Butterfly as  “rassisties”  bestempel. Dié uitspraak kom op die vooraand van ‘n nuwe produksie van die opera in Londen.
 

Volgens ‘n berig wat in The Daily Telegraph gepubliseer is, stel prof Parker voor dat ‘n moderne weergawe van die opera geskryf moet word. “’n Outentieke produksie is ‘n rassistiese produksie,” meen hy. “Dit bevat ‘n klomp idees wat in enige ander konteks as rassisties beskou sal word. Dit gaan nie net oor die woorde nie, maar ook oor Puccini se musiek.”

Madame Butterfly handel oor ‘n 15-jarige Japannese geisja wat op ‘n Amerikaanse vlootoffisier verlief raak. Hy trou dan met die meisie, wat haar tot die Christendom bekeer, voordat hy haar met ‘n baba agterlaat en na die VSA terugkeer. Die opera speel af in Japan, aan die begin van die twintigste eeu. Volgens die Royal Opera House is Madame Butterfly “’n produk van die tydperk toe dit geskryf is.” Die Japannese ambassade in Londen het ook laat weet dat hulle nie aanstoot neem nie en die opera nie as rassisties beskou nie.

раскруткатопкарго отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae