‘n Gedeelte van ‘n voormalige Nazi-konsentrasiekamp in Majdanek in Pole is deur ‘n brand verwoes. Volgens amptenare het meer as helfte van die terrein afgebrand en is die skoene van sowat 10 000 slagoffers van die Joodse volksmoord ook vernietig. Die direkteur van die Yad Vashem-museum in Israel, Avner Shalev, het sy spyt oor die
ANC gaan gedrukte media transformeer
Die ANC het Dinsdag die gedrukte media in Suid-Afrika se toewyding aan transformasie bevraagteken. Die regerende party wil die media dwing om hul aandeelhouding aan te pas deur wetlike regulering. “Drukmedia beskik nie oor ‘n handves vir transformasie nie, ten spyte van die verandering wat reeds in die land plaasgevind het,” het Jackson Mthembu, die
Waar kom die Asrivier vandaan?
“Ek sê julle, die Asrivier is na my oupagrootjie vernoem!” Oom Hakie is driftig omdat niemand sy weergawe ernstig wil opneem nie. Nou moet ek darem net gou sê: die opskrif van die storie is misleidend. Almal weet waar die Asrivier vandaan kom. Sy water kom van die Katzedam in Lesotho van waar dit in
‘Zim-weermag moet hulpbronne beskerm’ – Mugabe
President Mugabe het vandag sy weermag gemaan om Zimbabwe se natuurlike hulpbronne te beskerm, terwyl verkope van sogenaamde “bloeddiamante” deur Zimbabwiese soldate ondersoek word. “My boodskap aan u vandag is om lojaal te bly teenoor u land en om sy onafhanklikheid, soewereiniteit en natuurlike hulpbronne jaloers te bewaak,” het Mugabe tydens ‘n toespraak aan troepe
Taliban en die moord op Christen-hulpwerkers
Terwyl die wêreld nog geskok is oor die moord van tien mediese hulpwerkers in Afganistan word die ontleedmesse uitgehaal. En geen scenario lyk goed nie. Die tien buitelandse hulpwerkers was lid van die organisasie IAM, maar hierdie Christen-hulporganisasie is nie die enigste Christen-organisasie wat in die land betrokke is nie. Tradisioneel, selfs toe die Taliban
Mediavryheid: Twee kante van die munt
“ ‘n Mens kan nie wen teen hulle wat hul ink by die konka aanskaf nie.” Dit is ‘n afgetrede regter se woorde wat sy ongelukkigheid met ‘n plaaslike koerant “besleg” het deur maar die strydbyl te begraaf. Sy stille protes is om nie meer die koerant te koop nie. Die pen is magtiger as
Herrie se kerrie: Planne met inbrekers
Herrie lees van die vele voorvalle van inbrake by huise en ondernemings in Bethlehem waar die skelms toegang deur die dak gekry het. Gelukkig voorvalle, en nie afvalle nie, na aanleiding van die inbreker in Amerika wat deur die plafon geval het en toe ‘n suksesvolle eis teen die huiseienaars ingestel het vir die beserings
Op die trekpad
Die trekkers was heeltemal afhanklik van die trekosse en het hulle goed opgepas. Snags is soms groot vure gemaak om wilde diere weg te hou. ‘n Span het gewoonlik uit twaalf tot sestien osse bestaan, en elke os het sy eie naam gehad. In Tregardt se trek was daar ‘n Ribbok, Somer, Friesland, Rooiland, Wiegeland,
Redakteurs publiseer deklarasie oor mediavryheid
Die redakteurs van Suid-Afrika se vernaamste gedrukte publikasies het gister die volgende deklarasie in Engels uitgereik, wat hier deur ons vertaal word: Ons die titelredakteurs van Suid-Afrika se vernaamste publikasies en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, is diep besorg oor pogings om spraakvryheid en die vrye uitwisseling van inligting in ons land te beperk.
Lees verder: Redakteurs publiseer deklarasie oor mediavryheid
Wat het van Kenmekaar-byeenkoms geword?
Praag, op navraag is ek meegedeel dat die Kenmekaar-byeenkoms van Afrikanerorganisies wat vir Saterdag 7 Augustus in Pretoria beplan is, onbepaald uitgestel is. Die doel van die konferensie was glo om gedagtes te wissel oor die beplande verkiesing vir ‘n eie Afrikanerowerheid volgende jaar. Ek wou die vergadering bywoon as verteenwoordiger van Vrydenk Afrikaner
