Obama se strategie vir Agang ingespan

Die maatskappy was die president van die VSA asook reuse maatskappye soos Pfizer, Verizon, Tampax en JPMorgan Chase onder sy korporatiewe kliënte tel, wil Agang help. Die nuwe politieke party wil dieselfde groep in sy politieke veldtog gebruik wat die Amerikaanse president Barack Obama gehelp het om sy land se verkiesing in 2008 te wen.

Lees verder: Obama se strategie vir Agang ingespan

Minister prys Zim se grondhervorming

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het gesê Suid-Afrikaners kan leer uit Zimbabwe se grondhervormingsproses, het RSG Maandag berig. Hy het die algemene raad van die KwaZulu-Natalse SAKP in Pietermaritzburg toegespreek en onder andere kommentaar gelewer op die grondhervormingsproses in Zimbabwe. Nxesi het gesê sowat 200 000 kleinboere in Zimbabwe het grond oorgeneem wat aan

Lees verder: Minister prys Zim se grondhervorming

Apple help polisie met Oscar se foon

Die rekenaarreus Apple, staan die Suid-Afrikaanse polisie by om toegang te kry tot ‘n selfoon wat deur die moordbeskuldigde Oscar Pistorius gebruik is op die aand wat sy vriendin Reeva Steenkamp in sy huis doodgeskiet is. Pistorius hou vol dat hy nie die pinnommer kan onthou wat nodig is om die foon te ontsluit nie.

Lees verder: Apple help polisie met Oscar se foon

Media, polisie voor hospitaal waar Mandela lê, saamgetrek

Polisie- en mediavoertuie is Maandagoggend by die hospitaal in Pretoria opgemerk waar oudpres. Nelson Mandela in ‘n kritieke toestand is. Die hospitaal se ingang in Celliersstraat is gesluit, en die polisie beman die ander ingang in Parkstraat. Nuusspanne het Sondagaand op die hospitaal toegesak ná die presidensie aangekondig het dat die voormalige staatshoof se toestand

Lees verder: Media, polisie voor hospitaal waar Mandela lê, saamgetrek

Munisipaliteite in 4 provinsies skuld meer as miljard

Die munisipaliteite in net vier provinsies, Oos-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, skuld Eskom gesamentlik R1,1 miljard. Die totale uitstaande skulde van staatsdepartemente vir dienste aan dieselfde munisipaliteite beloop egter R1,2 miljard. Hierdie syfers is verskaf deur die minister van samewerkende regering en tradisionele Sake, mnr. Richard Baloyi, in antwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald,

Lees verder: Munisipaliteite in 4 provinsies skuld meer as miljard

SA politiek verskuif van links na vêrlinks, met ‘n kappie!

Die Suid-Afrikaanse politiek verskuif al hoe verder na links: van links na vêrlinks, met ‘n kappie! In vandag se Rapport verklaar Zille in wese dat haar party, die DA, vir die ANC se rassewetgewing stem waarmee blankes benadeel en swartes bevoordeel word. Watter “nuanse” is hier ter sprake? Dat die mense wat die groot bedrae

Lees verder: SA politiek verskuif van links na vêrlinks, met ‘n kappie!

Saoedi-Arabië wil ondersteuners van Sirië deporteer

Saoedi-Arabië se gesant in Libanon het gesê die koninkryk gaan Libanese burgers deporteer wat die militante groep Hezbollah ondersteun. Die koninkryk het die besluit geneem na die Hezbollah-groep se rol in die Siriese burgeroorlog. Ali Awad Assiri, Saoedi-Arabië se amabassadeur in Libanon, het Woensdagaand gesê Saoedi-Arabië sal mense deporteer wat die groep finansieel ondersteun. Hy

Lees verder: Saoedi-Arabië wil ondersteuners van Sirië deporteer

Swart inwoners in Johannesburg oproerig oor dienste

Inwoners van die Alexandra township, noord van Johannesburg, versper Londonweg met brandende bande in ‘n betoging oor swak dienslewering. ‘n Polisiewoordvoerder, Kim Cloete sê daar was nog geen geweld aangemeld nie. Sy het motoriste gewaarsku om Londonweg te vermy tot die betogers uiteen gejaag is en die pad opgeruim is. Die polisie monitor die situasie.

Lees verder: Swart inwoners in Johannesburg oproerig oor dienste

Regering verwerp Agang se onderwyskritiek

Die regering het die stigter van Agang, Mamphela Ramphele, se bewerings dat die jeug in die steek gelaat is weens wanbestuur in die onderwysstelsel, verwerp. “Die verklaring wat deur… Ramphele gemaak is oor onderwys, soos in die media berig, is nie net ongegrond nie, maar van alle waarheid ontbloot, het die departement van basiese onderwys

Lees verder: Regering verwerp Agang se onderwyskritiek

Lewer bewys van ‘bedenklike’ Libiese bates, eis Gordhan

Mense wat bewyse van Libiese fondse en bates het wat onder “bedenklike omstandighede” na Suid-Afrika gebring is, moet dit aan Libiese owerhede of die Verenigde Nasies oorhandig, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Donderdag gesê. “Niemand wat hierdie bewerings gemaak het, het nog bewys gelewer van die oordrag van hierdie bates en fondse na Suid-Afrika

Lees verder: Lewer bewys van ‘bedenklike’ Libiese bates, eis Gordhan