Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het gesê Suid-Afrikaners kan leer uit Zimbabwe se grondhervormingsproses, het RSG Maandag berig.
Hy het die algemene raad van die KwaZulu-Natalse SAKP in Pietermaritzburg toegespreek en onder andere kommentaar gelewer op die grondhervormingsproses in Zimbabwe.
Nxesi het gesê sowat 200 000 kleinboere in Zimbabwe het grond oorgeneem wat aan kommersiële boere behoort het, en verskaf nou werk aan ‘n miljoen mense.
Hy het nie na die voortdurende voedseltekorte en ekonomiese insinking in die land verwys nie.
