‘Terror bedreig regstellende aksie’

Die Swart Prokureursassosiasie (SPA) het hulle besorgdheid oor die nuutverkose KVP-president Terror Lekota se uitlating oor regstellende aksie uitgespreek en dit as 'n "bedreiging" bestempel.

Lekota het gister tydens die party se inlywingskongres gesê die KVP sal verbind bly tot die grondwet en is toegewy aan die beleid van regstellende aksie.

Lekota het egter verklaar dat regstellende aksie nie op grond van ras geïmplementeer sal word nie.

Die president van die SPA, Andiswa Ndoni: "Dié standpunt vertoon 'n gebrek aan begrip vir die bestaansrede van indiensnemingsgelykheid en Breëbasis-Ekonomiese Bemagtigingsbeleide.

"Albei hierdie beleide is bedoel om swart mense te bemagtig om as gelykes aan die korporatiewe wêreld en die ekonomie deel te neem."

Hy sê enige iemand wat daartoe verbind is om uitvoering te gee aan die Menseregtehandves in die grondwet, sal besef dat swartmense, insluitende swart beroepslui, nog steeds benadeel  word in die korporatiewe wêreld en in die ekonomie as 'n  geheel.

"Die syfers wat jaarliks vrygestel word deur die Indiensnemingsgelykheidskommissie spreek vanself. Enige ander grondslag as ras is nie werkbaar nie omdat dit presies vanweë rassediskriminasie van die verlede is dat die demografie van die land nie in die werksplek weerspieël word nie."

Ndoni sê volle en doeltreffende deelname van swartmense aan die ekonomie kan net bereik word deur die versnelling van beide beleide.

Hy sê die SPA sal sy lede en ander broederorganisasies in die nuwe jaar konsulteer oor hoe om die beste op hierdie "bedreiging" te reageer.

"Die KVP is skynbaar vasberade om die bietjie vooruitgang wat swartmense gemaak het, om te keer om blanke stemme te trek," sê Ndoni.

"Dit is kortsigtig en nie in pas met die aspirasies van swartmense en die gelykheidsvoorskrifte van die Grondwet nie."

палатка ценаФильчаков прокурор харькова

Rowers kom weg met luuksevoertuie

Drie gewapende mans het weggekom met twee splinternuwe luuksevoertuie nadat hulle die sekuriteitswagte by die Motorviadepot in Kaalfontein oorrompel het, het Tembisa polisie gesê.

Kaptein Munyadziwa Ralidzhiva het gesê die drie rowers het Maandagnag die wagte met wapens aangehou en hulle hande en voete met tou vasgebind.

"Hulle het twee karre gesteel – 'n wit en silwer Audi 22 4.2 – wat R1,3 miljoen kos, het Ralidzhiva gesê.

Geen arrestasies is sedertdien gemaak nie. Dit was die tweede rooftog by Motorvia in sewe dae.

Verlede week is maatskappytoesighouers en wagte in die vroeë oggendure by die hoofingang deur gewapende mans aangehou. Hulle het die sleutels gevra en het weggery met ses voertuie, onder andere 'n Iveco en 'n Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie, het Ralidzhiva gesê.

"Polisie het die Iveco verlate gevind in die straat in Daveyton terwyl die Ford Ranger gevind is by 'n 35-jarige man in Etwatwa, waarna hy gearresteer is," het hy gesê.

deposit freeДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Gauteng-lisensiedepartement staak

Werkers by die Gautengse lisensiekantore het begin met 'n week lange onwettige staking, het die departement van vervoer Dinsdag gesê.

Dit is te midde van aantygings dat sekere werkers in diens geneem is sonder dat die regte prosedures gevolg is, het Alfred Nhlapo, die woordvoerder van die departement gesê.

"Ons het dit duidelik gemaak dat daar 'n beleid van deursigtigheid in plek is. Tot op hierdie stadium is daar geen getuienis gelewer om die bewerings te staaf nie," het hy gesê.

Subusiso Buthelezi, die hoof van die departement, het alle stakende werknemers by die Batho Pele-gebou in die Johannesburgse SBD beveel om aan te meld vir werk of ontslaan te word.

Die staking raak duisende tydelike permitte van langafstandtaxi-operateurs, het hy gesê.

"Ons kan nie bekostig om 'n disfunksionele departement te hê nie. Die nie-prosessering van lisensies vir taxi's sal lei tot dispute en konflik tussen die verskeie verenigings regoor die provinsie."

Buthelezi het gesê dat stakende werkers tot Donderdagmiddag het om by die werk aan te meld.

отзывы хорватияФильчаков прокурор харьков

Re?n vererger Zim-cholera-epidemie, s? Rooikruis

ImageDie aanvang van die reënseisoen in Zimbabwe het vrese laat toeneem dat die cholera-epidemie in 'n katastrofe kan verander met derduisende wat reeds siek is en die verspreiding van die siekte na die buurlande, het die Rooikruisvereniging gesê.

"Ons het reeds 'n baie ernstige situasie op hande en die reëns gaan dit net baie erger maak," het Matthew Cochraine, 'n woordvoerder vir die internasionale federasie van die Rooikruis en  Rooi sekelmaanverenigings gesê. Die reën wat normaalweg vloede teweeg bring in die Suider-Afrikaland het reeds begin in die noordelike provinsies, het hy gesê.

Hulpagentskappe het gewaarsku dat die reën die cholera verder kan versprei onder die bevolking wat reeds verswak is deur siekte en honger. Die uitbraak neem steeds toe en die sterftesyfer is kommerwekkend hoog, het Cochraine gesê wat uit Zimbabwe teruggekeer het. Die VN het Maandag gesê dat 18 413 mense reeds besmet is met die wateroordraagbare siekte en dat 978 mense reeds daaraam dood is. Tensy hulpagentskappe en die regering die hulpverlening baie vergroot, gaan dit katastrofies wees het hy gewaarsku.

Die totale hoeveelheid gevalle kan tot op 60 000 styg en cholera wat reeds in Suid-Afrika en Botswana versprei het, kan ook na ander buurlande toe versprei.

МильстримФильчаков прокурор отзывы

Ontevrede Zimbabwiese soldate dreig met verdere onluste

In tonele wat die regering van president Robert Mugabe geskok het, en spekulasie aangeblaas het dat dié regering se dae getel is, het dosyne soldate op 1 Desember amok gemaak in Harare, uit protes teen die ekonomiese verval in die land.

Sommige bystanders het toegekyk, terwyl ander meegedoen het toe junior soldate, wat gefrustreerd was omdat hulle vanweë 'n kontanttekort nie hul skamele salarisse kon trek nie, deur die strate gehardloop het en winkels geplunder het. Hulle het ook swartmarkgeldhandelaars aangeval.

Alhoewel die staat vinnig inbeweeg het om die toestand onder beheer te kry, en 16 soldate gearresteer is wat nou militêre vervolging in die gesig staar, waarsku die voetsoldate van Mugabe se regering dat hulle dalk weer kort voor lank die strate kan binnevaar.

"Net soos enigiemand anders het ons ook gesinne om kos te gee. Ons kry ook swaar, net soos ander burgers in die land," het een junior offisier, Ola, (skuilnaam) aan Deutsche Presse-Agentur vertel.

In 'n huis in die Mbare-woongebied suidwes van Harare, geklee in gehawende stewels en 'n gebleikte gevegsbroek, vertel Ola, 'n vader van twee, en Duke, (nie sy regte naam nie), van die frustrasie wat tot hulle uitbarsting aanleiding gegee het.

"Daar is geen junior offisiere meer in die weermag wat Mugabe ondersteun nie. Ons is moeg en ons kry swaar," beweer Duke. "Indien 'n buitelandse weermag ons kom aanval, sal ons met hulle saamwerk of na 'n buurland vlug."Die oproer het begin toe soldate geforseer is om in lang toue te staan saam met gewone Zimbabwiërs om hulle salaris by 'n kitsbank te kry en nie soos gewoonlik by die barakke betaal is nie."Geld het opgeraak by die barakke omdat die top offisiere al die geld geneem het. Toe het ons maar dorp toe geloop om in die tou te gaan staan vir kontant," het Ola gesê."Ons het kwaad geword toe ons nie geld kon kry nie. Die bank se kontant het opgeraak. Dit is toe die chaos begin het."

Die oproer was die eerste uitdaging aan Mugabe wat van binne die normaalweg lojale weermag afkomstig is. Lojaliteit staan egter steeds sterk in die boonste offisiers kringe, wat deur Mugabe met geskenke oorval word. Dié geskenke sluit luukse voertuie en gekonfiskeerde plase in. Junior offisiere wat ook die byt van die ekonomie voel, begin tekens van moegheid toon. Die laags besoldigde soldaat in Zimbabwe verdien sowat 10 dollar per maand. 

купить демисезонную одежду для девочки недорогоФильчаков прокурор харькова

Blanke vrou op KVP-bestuur

Sy is net 1,5 meter lank, maar Dinsdag het Lynda Odendaal op die Suid-Afrikaanse politieke toneel verskyn met 'n tentoonstelling van energie.

"Ek is nie in die minste geïntimideer deur senior politici nie, omdat ek die belange van die mense op die hart dra," het die ma van vier aan SAPA gesê in 'n onderhoud van aangesig tot aangesig kort ná haar verkiesing as die tweede adjunkpresident van die Kongres van die Proletariaat  (KVP).

Vir baie wat saamgetrek het by Bloemfontein was die keuse van Odendaal 'n verrassing, aangesien dit verwag is dat Charlotte Lobe, die party se sekretarisgeneraal, die pos sou kry.

Odendaal is in die Ooskaap gebore en het so te sê op die fabrieksvloere grootgeword, aangesien beide haar ouers in die vervaardigingsbedryf was.

Sy het soos baie ander Suid-Afrikaners wat 'n droom volg as jong dame na Gauteng gekom en die korporatiewe leer in die sakewêreld geklim.

In 2005 is Odendaal as hoofuitvoerendebeampte aangestel van Network Support Services, wat beskou word as 'n Suid-Afrikaanse markleier in die voorsiening van geïntegreerde diens versekeringbestuursoplossings.

"Maar ek het bedank en my voltydse posisie is nou om my mense te dien, het die 44-jarige gesê.

As 'n enkelma het Odendaal gesê verstaan sy die probleme van vroue en dié wat sukkel om kinders sonder 'n maat groot te maak. Haar jongste kind is 12 en haar oudste is 25.

"My kinders verstaan wat ek doen, en verkies dat ek die regte ding doen eerder as om by die huis te sit en hulle mal te maak. En net soos ek sal hulle ook leer wat dit is om onafhanklik te wees."

Die feit dat sy nuut is in die politiek is 'n groot uitdaging, het sy gesê, maar een waarin sy goed sal doen.

"Die mense het goeie regering nodig, en ek is geïnspireerd en werk baie hard. Ek dink dat vorentoe gaan die KVP mense met geloofwaardigheid en leierskap nodig hê."

By 'n vroeëre perskonferensie het sy gesê dat dit vir haar 'n voorreg is om die KVP en haar land te dien.

"Daar is gelykheid vir ons almal in die KVP en ons sal voortgaan om met ander partye saam te werk en met hulle in gesprek te tree."

Die partypresident, Mosioua "Terror" Lekota, het gesê dat Odendaal soos baie ander gerieflike poste verlaat het om aan iets te werk wat die moeite werd is. "Lynda het ons baie gehelp en nie vir 'n oomblik gehuiwer nie. Sy was een van die vrywilligers wat in stilte baie hard gewerk het."

"Met die verloop van tyd sal haar profiel gebou word, Suid-Afrika sal haar beoordeel op haar optrede en ons het absolute vertroue in haar vermoëns."

Lekota, wat tussen sy twee adjunkte gesit het by 'n perskonferensie, het gesê dat hy trots is om langs hulle te sit, en was vol vertroue dat meer vroue van verskillende kulturele agtergronde in die leierskap vir die KVP 'n oorwinning sal verseker.

to advertisetopcargo отзывы

Umkhonto-soldate in Bloemfontein vereer

Werkers was Dinsdagoggend besig om 'n podium voor te berei by die Phahameng begraafplaas in Bloemfontein voor die ANC se Heldedagvieringe.

Teen 9-uur Dinsdagoggend, met slegs 'n klein handjievol gaste en media teenwoordig, was werkers besig om 'n tent op te slaan vir die gedenkdiens deur lede van Umkhonto we Sizwe (MK).

Na verwagting sal voormalige MK-lede in uniform 'n drilvertoning gee voordat daar na die heldeakker by die Seisa Ramabodu-stadion beweeg sal word, wat omtrent 5 kilometer van die begraafplaas geleë is.

Die ANC hou in die Vrystaatse hoofstad 'n nasionale dag van vieringe om die 47ste jaar van MK, sy voormalige militêre vleuel, te gedenk.

In Phahameng was klein groepies mense reeds opgemerk wat in die rigting van die Seiso Ramabodu stadion beweeg het.
Die ANC-president, Jacob Zuma, sal na verwagting die ANC-saamtrek toespreek.

Busse het Dinsdag vroegoggend reeds in Bloemfontein aangekom vir die ANC-vieringsbyeenkoms, sowel as 'n byeenkoms van die nuwe politieke party, die KVP.

Die KVP wat in Bloemfontein is vir die inhuldigingskongres, gaan sy verkiesingsbyeenkoms Dinsdagmiddag in die krieketstadion in die stad hou.

оборудование для автомойкиалександр лобановский харьков класс

Tiener in hegtenis oor verkragting van 10-jarige dogtertjie

'n Sewentienjarige seun is in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van 'n 10-jarige dogtertjie in Mhluzi naby Middelburg, het Mpumalangapolisie Dinsdag gesê.

Superintendent Abie Khoabane het gesê die meisie het teen 14:00 Sondag met haar maat in die straat gespeel. Sy het na die buitetoilet toe gegaan by haar maat se huis toe die seun haar gegryp het.

"Haar mond is klaarblyklik toegemaak met 'n lap. Nadat die seun haar met 'n mes gedreig het, het hy haar verkrag," het Khoabane gesê.

"Alhoewel daar mense in die huis was, het niemand iets gesien nie, omdat die toilet aan die agterkant van die huis is."

Die tienerseun is gearresteer nadat 'n dokter bevestig het dat die meisie wel verkrag is.

Hy gaan Woensdag in die landdroshof op Middelburg verskyn, het Khoabane gesê. 

компрессор сжатого воздухаФильчаков прокуратура харьков

Zimbabwe-dodetal bereik 978, volgens VN

ImageDie choleradodetal in Zimbabwe het gestyg tot 978, met 18 413 gevalle waarin mense daarmee besmet is regoor die Suider-Afrikaland, het VN-syfers Maandag getoon.

Harare, die land se hoofstad, en die distrik is die ergste getref met 208 sterftes en 8 454 besmettings, het die VN se kantoor vir die koördinasie van humanitêre aangeleenthede gesê.

Beitbrug, wat aan die grens met SA lê, is ook erg getref. Sowat 91 mense is reeds dood in die grensdorp terwyl 3 546 mense die siekte onder lede het.

Die nuutste syfers kom nadat Amerika en Brittanje na verwagting by die VN Sekuriteitsraad gaan vra dat meer druk op president Robert Mugabe geplaas moet word.

Harare het belowe om Westerse pogings om druk op Zimbabwe te plaas by die veiligheidsraad te weerstaan, aangesien Zimbabwe nie 'n bedreiging vir wêreldvrede is nie.

интернет магазин летней одежды для девочекФильчаков прокуратура харьков

Zim-lugmagbevelvoerder gewond in sluipmoordaanval

Image

Perrance Shiri

Zimbabwe se lugmagbevelvoerder, Perrance Shiri, is gewond in wat die Zimbabweregering 'n sluipmoordaanval genoem het op Robert Mugabe se lojale volgeling.

The Herald het berig dat Shiri in die arm gewond is deur 'n onbekende skutter toe hy Saterdagaand na sy plaas toe gery het in noordwestelike Zimbabwe.

Shiri is een van Mugabe se vertrouelinge, en ook een van die mees gevreesde soldate in die land. As die voormalige bevelvoerder van die 5de brigade, wat deur Noord-Korea opgelei is, word hy grootliks verantwoordelik gehou vir die dood van meer as 20 000 mense, meeste van hulle burgerlikes gedurende die onrus in Matabeleland in die 1980s. Volgens bronne in die polisie is hy na 'n militêre hospitaal geneem en is hy nie dood nie. 

Na bewering word daar 'n terreurveldtog teen hoëprofielamptenare in die land gevoer.

"Die aanval op lugmaarskalk Shiri blyk deel te wees van die opbou van terreuraanvalle wat hoëprofielpersone, regeringsamptenare, regeringsgeboue en openbare vervoer uitsonder," het die minister van binnelandse sake, Kembo Mohadi in die koerant gesê.

Die insident volg in die spoor van 'n reeks bomontploffings by polisiestasies in Harare en 'n aanval op 'n brug buite die hoofstad.

Zimbabwiese owerhede het Maandag gesê dat hulle oortuigende bewyse het dat Botswana skuiling en materiaal voorsien aan opposisierebelle wat poog om Mugabe se lang heerskappy tot 'n einde te bring. Botswana se minister van buitelandse sake het in 'n verklaring gesê dat Zimbabwe geen tasbare bewyse sover getoon het dat Botswana enige iets te doen het met die aanvalle nie. 

Die hoofopposisieparty, die MDC, het die bewerings ontken en gesê dat die staat voorberei om 'n noodtoestand af te kondig as 'n verdere verontagsaming van die mense se keuse.

Die MDC se sekretarisgeneraal, Tendai Biti, het gesê dat Zanu-PF besig is om lede van die MDC te dwing om bekentenisse te maak wat dan opgeneem word as materiaal om 'n noodtoestand in die land af te kondig. Die 15 lede van die MDC is reeds in Oktober ontvoer.   

Die eens welvarende nasie is op sy knieë vanweë 'n maande lange dooiepunt oor die samestelling van 'n regering van nasionale eenheid, 'n ekonomiese krisis en inflasie wat rondom die 231 miljoen persent draai. Dit word alles vererger deur 'n cholera-uitbraak wat reeds amper 1 000 lewens geëis het.

miomare yachtingОлександр Васильович Фільчаков