Drie gewapende mans het weggekom met twee splinternuwe luuksevoertuie nadat hulle die sekuriteitswagte by die Motorviadepot in Kaalfontein oorrompel het, het Tembisa polisie gesê.
Kaptein Munyadziwa Ralidzhiva het gesê die drie rowers het Maandagnag die wagte met wapens aangehou en hulle hande en voete met tou vasgebind.
"Hulle het twee karre gesteel – 'n wit en silwer Audi 22 4.2 – wat R1,3 miljoen kos, het Ralidzhiva gesê.
Geen arrestasies is sedertdien gemaak nie. Dit was die tweede rooftog by Motorvia in sewe dae.
Verlede week is maatskappytoesighouers en wagte in die vroeë oggendure by die hoofingang deur gewapende mans aangehou. Hulle het die sleutels gevra en het weggery met ses voertuie, onder andere 'n Iveco en 'n Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie, het Ralidzhiva gesê.
"Polisie het die Iveco verlate gevind in die straat in Daveyton terwyl die Ford Ranger gevind is by 'n 35-jarige man in Etwatwa, waarna hy gearresteer is," het hy gesê.
