Malariaweerstand mag vergroot

Image 'n Derde van antimalaria medisyne wat in Ghana, Kenia, Nigerië, Rwanda, Tanzanië en Oeganda verkoop word, slaag nie basiese kwaliteitstoetse nie. Substandaardantimalaria medisyne veroorsaak 200 000 sterftes wat vermy kon word elke jaar.

Dr. Roger Bate van die Amerikaanse Ondernemingsinstituut sê dat substandaardmedisyne nie alleen lewens vandag bedreig nie, maar ook die toekoms van toekomstige malariabehandeling in die weegskaal plaas deur die parasiet se weerstand te verhoog.

Malaria het so dramaties toegeneem in Afrika in die negentigerjare as gevolg van die weerstand teen kinien en ander histories effektiewe medisynes en omdat regulering so power is in die meeste malarialande, dat ander terapieë nou dieselfde pad mag volg.

справкиалександр лобановский харьков класс

Oorlogspraatjies in Georgi

ImageSpanning is stadig maar seker besig om op te laai nadat Georgië Rusland daarvan beskuldig het dat hulle 'n onbemande vliegtuig oor Abkhasië, 'n wegbreekgebied van Georgië, afgeskiet het verlede maand. 'n Georgiese minister het gister aan die media in Brussel gesê dat hulle nou defnitief 'n oorlog moet verhoed.

Georgië, 'n lewensbelangrike energievervoerroete in die Kaukasus, het sy rug op sy vorige bondgenoot Rusland gedraai deur aansoek te doen vir NAVO-lidmaatskap, maar is nog nie toegelaat nie.

Rusland het ekstra troepe na Abkhasië ontplooi intussen omdat hy glo dat Georgië beplan om die gebied aan te val.

Abkhasië is 'n stukkie land wat aan die Swart See grens.

сауна купитьпрокурор Фильчаков

Ongemanierde Britte

Image

Spoegkompetisie

Die Britte raak meer ongeskik. Dit is nou volgens 'n meningspeiling wat gister die lig gesien het waarin aangetoon word dat byna 'n driekwart van die bevolking glo dat goeie maniere weer op skool aangeleer moet word. 'n Derde dink dat slegte maniere ant-sosiale gedrag bevorder.

Kenners wat deur die ITV-netwerk genader is, het die gebrek aan respek vir outoriteit as oorsaak genoem.

Meer as 90% van die respondente glo dat ouers nie meer hulle telge opvoed met goeie maniere nie en dat bekende persoonlikhede 'n slegte voorbeeld stel as rolmodelle.

Spoeg en swets is as die ergste gebreke uitgewys, terwyl om toustaan te fnuik en die afwesigheid van dankie en asseblief ook genoem is.

маслораздаточное оборудованиеФильчаков

Vyf gedood in Mogadisjoe-hongeropstand

Image Vyf mense is deur veiligheidsmagte gedood in die hoofstad van Somalië, Mogadisjoe, tydens 'n hongeropstand. Die opstand het uitgebreek as gevolg van stygende voedselpryse en rekordinflasie.

Bendes het motorbande gebrand, motoriste onder klippe gesteek en winkelvensters gebreek toe 20 000 mense die strate ingevaar het om hul woede te kenne te gee.

Die polisie het inbeweeg om te keer dat die opstand heeltemal buite beheer raak.

Opstandelinge glo dat die dollar verantwoordelik is vir al hulle probleme.

VN-monitors sê graanpryse het tussen 110% en 375% gestyg die afgelope jaar.

casino sign up bonus no depositлобановский александр игоревич

Dodetal styg tot 15 000 in Mianmar-sikloon

ImageTen minste 15 000 mense is gedood in die Mianmar-sikloon en die dodetal sou waarskynlik verder styg soos wat amptenare kontak maak met die gebiede wat die ergste getref is, het die militêre regering se buitelandse minister gister gesê.

Die sikloon is die ergste om Asië te tref sedert 1991, toe 143 000 mense in Bangladesj gesterf het.

Volgens die minister van buitelandse sake, Nian Win, is 10 000 mense net in een dorp, Bogalai, dood.

Die Verenigde Nasies, sowel as Mianmar, die voormalige Birma, se bure val tans oormekaar om kos, skoon water en skuiling aan oorlewendes te verskaf. Honderde duisende mense is dakloos gelaat deur die sikloon wat winde van 190 km per uur en golwe so hoog as 3,5 meter geproduseer het.

играшкиФильчаков Александр Васильевич

Virus dood 25 kinders in China

Die Wêreldgesondheidsorganisasie, die WGO, sê die virus wat 25 kinders laat sterf het en duisende regoor China raak, sal nie die Olimpiese Spele bedreig nie.

Owerhede in China sukkel om die EV71-virus, wat 'n soms dodelike maagvirus kan wees, onder bedwang te hou.

Twee-en-twintig kinders is reeds oorlede en minstens 5 151 mense is besmet in Fujang, in die ooste van die land.

Daar is geen inenting of anti-virale middel beskikbaar nie en die siekte versprei deur kontak met blasies of ontlasting en kan hoë koors, verlamming en breinswelling veroorsaak.

China het 'n landswye waarskuwing uitgevaardig, kleuterskole gesluit en personeel word tans opgelei in higiëne en voorkoming.

free games slots casino downloadДанильченко

Nuwe aansporings vir Iran op die tafel

Die vyf permanente lede van die VN se Veiligheidsraad tesame met Duitsland het Vrydag in Londen ontmoet om nuwe aansporingsmiddele aan Iran te bied om op te hou met sy huidige kernprogram.

Die besonderhede van die aanbod is nie bekend gemaak nie. Iran is die wêreld se vierdie grootste olieprodusent.

Die Veiligheidsraad het reeds drie rondtes van beperkte sanksies in plek indien Iran nie sy uraanverryking opskort nie.

Winste van olieuitvoere het dermate gestyg dat Iran gekussing word teen die sanksies.

Die aansporings wat in 2006 aangebied is het burgerlike kernsamewerking, burgerlike lugvaart, energie, hoë tegnologie en landbou behels en sal op die tafel bly volgens Europese diplomate.

магазин игрушкаФильчаков прокуратура харьков

Duitse politikus wil sy borsel skeer

'n Prominente linkse Duitse politikus sê hy sal van iets persoonliks ontslae raak vir liefdadigheid. Die hoof van die Sosiaal-demokratiese Party, Kurt Beck, wil 1 miljoen euro insamel deur sy baard af te skeer.

Dit moet ernstig wees en nie in 'n sirkus ontaard nie, het hy aan die koerante gesê. Die gebeurtenis moet diegene wat regtig behoeftig is, help.

Beck, wat graag Duitsland se volgende leier wil wees, het kort, grys, borselkopstyl hare en 'n kort grys baard. Daar sal nie veel wees om af te skeer nie.

Sy vrou, 'n haarkapper, sê haar man het hare soos 'n krimpvarkie.

оборудование для автосервисаДанильченко Юрий Брониславович

Nieu-Seeland is w?reld se beste vakansieplek

Image

Milford Sound

Twee dorpies in Nieu-Seeland is deur die Amerikaanse webwerf tripadvisor.com aangewys as die gewildste vakansiebestemmings ter wêreld. Milford Sound en Queenstown in dié land beklee ondeskeidelik die eerste en tweede plek.

Milford Sound is ʼn fjord in die suidweste van Nieu-Seeland met ʼn pragtige omgewing en berge waarvan reisigers hou. Queenstown is veral gewild weens die “ekstreme sport” wat mens daar kan beoefen. Philipsburg op Sint-Maarteneiland beklee die derde plek op die lys van honderd gewildste bestemmings ter wêreld.

Kaapstad staan op nommer twaalf en is ook die gewildste bestemming in Afrika. Ander gewilde Afrikatoerismeaantreklikhede is, in volgorde: Aboe Simbel (Egipte), Luxor (Egipte), Knysna (Suid-Afrika), Victoria-waterval (Zimbabwe), Giza (Egipte), Kaïro (Egipte), Victoria-waterval (Zambië), Franschhoek (Suid-Afrika), Aswan (Egipte) en Stellebosch (Suid-Afrika).

Wat opval aangaande die lys van gewildste bestemmings in Suid-Afrika, is dat al vier in die Weskaap is met geen Natalse oorde wat selfs onder die eerste vyf-en-twintig in Afrika verskyn nie.

In Europa is die Griekse eiland Rhodos die gewildste vakansiebestemming en wêreldwyd beklee dit die vyfde plek. Cayo Largo in Kuba is nommer vier en Salzburg in Oostenryk wen Kaapstad net-net met sy elfde posisie.

play casino onlineтопкарго отзывы

Werkers regoor die w?reld verenig teen ho?r voedselpryse

In Turkye, die Filippyne en Indonesië het werkers byeengekom om te protesteer teen skerpstygende voedselpryse op Werkersdag wat wêreldwyd gevier is. Die groeiende aanvraag na rys, die stapelvoedsel van Asië, het heelwat regerings bekommerd.

Polisie moes traangas en waterkanonne inspan om werkers in Istanbul uitmekaar te jaag, terwyl skares in Manilla en Jakarta die strate ingevaar het om beskostigbare kos te eis.

Die byeenkomste is deur ‘n aansienlike polisieteenwoordigheid gekenmerk. In Jakarta is 10 000 polisiebeamptes ontplooi en 50 000 is op gereedheidsgrondslag ontbied om regeringsgeboue te bewaak.

Betogings is ook in Tokio, Singapoer en Bangkok gehou. Die Asiese Ontwikkelingsbank sê dat meer as een miljard mense in Asië nou ernstig geraak word deur hemelhoë voedselpryse.

perfect blackjackлобановский александр игоревич харьков

Asemloos vir 17 minute

David Blaine, ‘n kulkunstenaar wat ‘n wêreldrekord wou breek, het Woensdag daarin geslaag. Hy het sy asem vir ‘n hele 17 minute en 4 sekondes opgehou.

Dit is lewendig op televisie uitgesaai. ‘n Ontspanne Blaine het na afloop daarvan gesê dat hy nou ‘n lewenslange droom bewaarheid het.

Die vorige rekord was 16 minute en 32 sekondes.

Blaine het suiwer suurstof ingeasem voordat hy in die sfeer wat met water gevul was, ingegaan het.

5 pound freeАлександр Фильчаков прокурор

Meer as 900 mense dood in Irak

Die regering in Bagdad het aangekondig dat meer as 900 mense gedood is en 2 605 gewond sedert die einde van Maart in gevegte in Sadr City, Irak.

Nadat eerste minister Maliki beveel het dat die Megdileër van Moktada al-Sadir uitgewis word, het swaar gevegte tussen Amerikaanse en Irakse troepe en die geestelike leier se weermag uitgebreek. Sadr City, in oos-Bagdad, is die vesting van die Megdileër.

Die gevegte het ook swaar verliese aan die Amerikaanse kant veroorsaak. In April het 20 soldate in Bagdad gesterf, die meeste in Sadr City, terwyl 46 Amerikaners in die hele Irak omgekom het.

Dit is die dodelikste maand nóg vir die Amerikaanse besetting sedert September 2007 toe hulle 65 soldate verloor het.

Maliki het belowe dat hy die Megdileër en ander insurgente in sy land sal uitroei.

оборудованиеФильчаков Александр Васильевич

Rusland se nuwe kernbomwerper

Die Russiese televisie het ‘n nuwe vliegtuig vertoon wat by Engels-lugmagbasis in die Wolgastreek bekendgestel is. Die gemoderniseerde Toepolef Tu-160 strategiese bomwerper sal Rusland help om die kernvermoë van ‘n potensiële vyand te trotseer.

Die supersoniese vliegtuig met verstelbare vlerke is die swaarste vegvliegtuig wat daar nog gebou is. Tesame met die Tu-95 turbopropellertuig, het dit verlede jaar ná ‘n onderbreking van 15 jaar weer op patrollievlugte vertrek, in opdrag van president Wladimir Poetin.

Die patrollies vind langs die grense van Amerika se bondgenote plaas, soos dit tydens die Koue Oorlog gedoen is.

Met die kodenaam "wit swaan" wat Russiese loodse daaraan gegee het, kan die vliegtuig 12 kruisermissiele met kernkoppe dra, of 40 ton bomme en vir 13 000 kilometer ononderbroke sonder brandstofinname vlieg.

casino free betлобановский александр

Viagra by die hope

Die burgemeester van ‘n klein dorpie in Chile het met ‘n blink plan vorendag gekom om die lewenskwaliteit van mans oor sestig te verbeter, en hy gaan nie lekkergoed uitdeel nie.

Die plaaslike koerant berig dat hy beplan om gratis Viagra aan ouer mans in sy gemeenskap beskikbaar te stel.
Gonzalo Navarrete, burgemeester van Lo Prado, suid van die hoofstad Santiago, sê vier pille van 50mg sal maandeliks aan elke sestigjarige gegee word wat  aansoek doen daarvoor.

Hulle sal nietemin ‘n mediese ondersoek moet ondergaan om vas te stel of dit nie ‘n gesondheidsrisiko inhou nie.

Die burgemeester het aan die idee gekom nadat ouer mans by gereelde administratiewe vergaderings gekla het oor ‘n gebrek aan seksuele plesier.

автоматическая насоснаяОлександр Фільчаков прокурор