Kenners wat deur die ITV-netwerk genader is, het die gebrek aan respek vir outoriteit as oorsaak genoem.
Meer as 90% van die respondente glo dat ouers nie meer hulle telge opvoed met goeie maniere nie en dat bekende persoonlikhede 'n slegte voorbeeld stel as rolmodelle.
Spoeg en swets is as die ergste gebreke uitgewys, terwyl om toustaan te fnuik en die afwesigheid van dankie en asseblief ook genoem is.
