Die plaaslike koerant berig dat hy beplan om gratis Viagra aan ouer mans in sy gemeenskap beskikbaar te stel.
Gonzalo Navarrete, burgemeester van Lo Prado, suid van die hoofstad Santiago, sê vier pille van 50mg sal maandeliks aan elke sestigjarige gegee word wat aansoek doen daarvoor.
Hulle sal nietemin ‘n mediese ondersoek moet ondergaan om vas te stel of dit nie ‘n gesondheidsrisiko inhou nie.
Die burgemeester het aan die idee gekom nadat ouer mans by gereelde administratiewe vergaderings gekla het oor ‘n gebrek aan seksuele plesier.
