Spanning is stadig maar seker besig om op te laai nadat Georgië Rusland daarvan beskuldig het dat hulle 'n onbemande vliegtuig oor Abkhasië, 'n wegbreekgebied van Georgië, afgeskiet het verlede maand. 'n Georgiese minister het gister aan die media in Brussel gesê dat hulle nou defnitief 'n oorlog moet verhoed.
Georgië, 'n lewensbelangrike energievervoerroete in die Kaukasus, het sy rug op sy vorige bondgenoot Rusland gedraai deur aansoek te doen vir NAVO-lidmaatskap, maar is nog nie toegelaat nie.
Rusland het ekstra troepe na Abkhasië ontplooi intussen omdat hy glo dat Georgië beplan om die gebied aan te val.
Abkhasië is 'n stukkie land wat aan die Swart See grens.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.