Etniese geweld in die noorde van Ghana het weer opgevlam hierdie week waarin vyf mense gedood is. Die polisie het om en by 70 mense in hegtenis geneem wat betrokke was by gevegte. 'n Aandklokreël is van toepassing in Bawku en die minister van Binnelandse Sake sê die polsie het mense so te sê onder huisarres in hul eie huis geplaas. Vrye beweging word slegs gedurende die dag toegelaat.
Die inwoners van Bawku, hoofsaaklik 'n Moslemdorp, is of van die Koesasi of die Manproesi etniese groepe. So ver in 2008 het elf memse al in etniese geweld omgekom in die noorde van Ghana. In 2001 het 28 mense in die dorp omgekom in soortgelyke geweld.
Die noorde van Ghana gaan swaar gebuk onder etniese konflik.
