Halfhartige verdediging van die Kaap in 1795

Image

Die Britse bevelder, sir James Henry Craig, latere goewerneur van Kanada

Hoewel baie van die Kaapse amptenare die Oranjeparty ondersteun het en teen die Fransgesinde "Patriotte" was, het daar vir hulle geen keuse oorgebly nie. Dit was hulle plig om te verhinder dat die Engelse die Kaap inneem.

Deur middel van seine is bekend gemaak dat 'n vyand die land bedreig, en die naaste gewapende burgers van Kaapstad, Stellenbosch en Drakenstein het begin opdaag. Die Engelse, wat bewus daarvan was dat baie offisiere Oranjegesind was, het sogenaamde "briefjes" onder die soldate versprei waarin hulle baie geld aan oorlopers beloof het. 'n Dertigtal het inderdaad oorgeloop.

Die bewindhebbers het besluit om Simonstad te ontruim en by Muizenberg verdedigingswerke op te rig wat 'n Britse opmars na Kaapstad moes stuit. Die bevelvoerder was lt.-kol. C.M.W. de Lille. Hy en sy offisiere was gehate mense weens hul Engelsgesindheid. De Lille het die burgers telkens belet om op die Engelse te vuur, en hulle gevra hoe hulle so verbitterd teen die Engelse kon wees wat nie as vyande gekom het nie, maar as bondgenote en vriende wat die Kaap teen die Franse moes verdedig.

Op 7 Augustus het Craig Simonstad onverwags met sy soldate verlaat en teen Muizenberg opgeruk. Elphinstone het op die swak stellings daar geskiet. De Lille en 'n aantal troepe het dadelik op die vlug geslaan, waarskynlik meer vanweë sy Engelsgesindheid as lafhartigheid. Sy gedrag het groot verbittering gewek. In die kamp by Wynberg het die burgers gesê dat die militêre offisiere hulle verraai het. Hy is van sy bevel onthef.

Sowat 'n maand lank het burgerkommando's die Engelse se pad na die Kaap versper. Nadat meer versterkings vir die Engelse aangekom het, het hulle op 14 September weer aangeval. Weer het die troepe pateties opgetree en met die koms van die Britte teruggeval. Baie burgers wat nog wou veg, was hieroor so verbitter dat hulle uitgeroep het dat hulle verraai is en huis toe gegaan het.

Op 16 September 1795 het die Nederlandse magte gekapituleer en die Kaap aan die Britte oorgegee. Dit was 'n roemlose einde van die Kompanjie se bestuur aan die Kaap. Eervoller was die optrede van die burgers, wat die band met Nederland wou behou. Ondanks hul teenkanting teen die Kompanjie het hulle Kaap toe gegaan om die land te verdedig. Die Swellendammers was bereid "den laatsten druppel bloed voor hun vaderland en vrijheid op te offeren." Hulle en die ander patriotiese burgers was bitter teenoor almal wat die Kaap moes verdedig, maar in die uur van gevaar met die vyand gesimpatiseer het.

De Lille het dadelik die eed van getrouheid aan Engeland afgelê en in Britse diens getree. Baie ander amptenare en soldate het sy voorbeeld gevolg. Kol. R.J. Gordon is op 25 Oktober met 'n koeëlwond in die agterhoof in sy tuin dood aangetref. Toe hy besef het dat die Engelse nie gekom het om die Kaap in naam van die Prins van Oranje te regeer nie, het verwyte oor die swak verdediging van die Kaap hom al hoe meer gehinder. By die oorgawe was daar onstuimige tonele en is hy en Sluysken van verraad beskuldig en in teenwoordigheid van sy troepe verneder.

форма 86Данильченко Юрий отзывы

Herlewing in die boukuns

Hoewel die einde van die Hollandse tyd nadergekom het, was die 1780erjare vet jare vir die Kaap, eers weens die teenwoordigheid van ‘n Franse garnisoen en daarna die spandabelheid van die bewind. Goewerneur Jacob van de Graaff het nuwe verdedigingswerk aangepak en 'n groot nuwe hospitaal is aangebou. Hy het met regeringsgeld gemors. Heelparty soldate moes aan die Kaap bly, en die skepe wat gekom en gegaan het, het van Kaapstad 'n "Klein Parys" gemaak. Pragtige koetse het deur die hobbelrige strate gery en in draagstoele het Kapenaars in deftige Paryse klere besoeke by mekaar afgelê. Kosbare meubels, glaswerk en porselein het in Kaapse huise gepryk. Danspartye en opvoerings was volop. 

Image

Groot Constantia, deur die Frans-gebore argitek Louis Michel Thibault

'n Besoeker, C. de Jong, skryf dat die bouery aan die Kaap nie net 'n liefhebbery was nie, maar "'n drif, 'n dolheid, 'n besmetlike raserny, wat die meeste mense aangesteek het". Die bloeitydperk vir die ruim grasieuse huise in Kaaps-Hollandse styl het omstreeks 1750 begin, dus al voor die vet jare, en tot 1825 geduur. In 1775 was daar in Kaapstad 1200 stewig geboude huise, baie met verdiepings en 'n plat dak. Die huise is gepleister en gewit of met vrolike kleure getint. Langs die strate was eikelanings met lopende waterkanale. Baie losieshuise, eet- en drinkplekke is opgerig, want heelparty inwoners moes 'n bestaan maak uit besoekers.

Image

Louis Michel Thibault

Mense wat bygedra het tot die boukoors, is die argitek Louis Michel Thibault, die beeldhouer Anton Anreith en die argitek en bou-aannemer Hermann Schutte. Die Frans-gebore Thibault, getroud met 'n Afrikanervrou, was verantwoordelik vir die bouplanne van die drosdye op Tulbagh en Graaff-Reinet, die ou Hooggeregshofgebou in Adderleystraat, die Koopmans-De Wet-huis en talle ander geboue. Schutte was die argitek van die huidige Groote Kerk. Onder Anreith se werke is die preekstoele van die Groote Kerk en Lutherse Kerk. Sy eerste ontwerp vir eersgenoemde het glo drie halfnaakte vrouefigure bevat, wat geloof, hoop en liefde sou voorstel. 'n Paar ouderlinge was oortuig dat die ontwerp ongodsdienstig, onbetaamlik en Rooms was. Anreith het gemompel dat die ouderlinge net iets weet van leeus, wolwe en ander ongediertes. Sy volgende ontwerp het die leeus bevat. 

Die gewels was die belangrikste kenmerk van die Kaapse huise. Daar was verskeie soorte gewels, wat vroeër ook in Nederland en België gebou is. Nie net die gewels nie, maar ook die groot vensters, voordeur, voorhuis en binneplaas het aan die Europese afkoms herinner. G.E. Pearse skryf in 'n boek oor die agtiende-eeuse argitektuur: "Daar is 'n onverklaarbare betowering in hierdie aantreklike ou huise. Die tekstuur van die gepleisterde mure met dik aangestrykte witsel, laag op laag; die ryk, verweerde houtwerk van die mooi voordeure en groot geluikte vensters; die donker fluweelagtige grasdak; die bekoorlike gewels en die wonderlike purper skaduwees oor die wye muurvlakke — al hierdie dinge teen 'n helder en diep blou lug, met 'n berg- en boslandskap daaragter, skep 'n beeld slegs aan Suid-Afrika eie, wat eenmaal gesien, nooit vergeet kan word nie."

игрушечный поездДанильченко Юрий Брониславович

Verbruikersvertroue neem af

Image

Die Johannesburgse Aandelebeurs

Verbruikersvertroue in Suid-Afrika het afgeneem, het 'n Mastercard-ondersoek wat Woensdag vrygestel is, aangetoon. Maar Suid-Afrikaners bly die derde mees optimistiese groep in die streek wat uit Asië-Stille-Oseaan-, Midde-Ooste en Afrika bestaan, het die ondersoek bevind.

Volgens die data vir die tweede helfte van 2009 het Suid-Afrikaanse verbruikersvertroue met 11,4 punte gedaal tot die laagste vlak sedert 2004 met 'n telling van 67,3.

Die opname meet die verbruikersvooruitsig vir die volgende ses maande.

Die uitslag het ook 'n algehele daling in verbruikersvertrou op 'n jaarbasis aangetoon, verlegeke met die indekstelling van 74,3 vir die tweede helfte van 2008.

"Die afname is samehangend met die heersende globale resessie, asook die meer onlangse nuus dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in sy eerste tegniese resessie in 17 jaar verkeer," sê Anthony West, die algemene hoofbestuurder vir Afrika van die globale Mastercard-groep.

"Suid-Afrikaanse verbruikers bly egter steeds optimisties – en in 'n groter mate as in feitlik die hele 21 markte wat in die ondersoek opgeneem is," het hy bygevoeg.

Terwyl dit Suid-Afrika se tweede sterkste daling in vyf jaar is, lyk dit asof die land redelik goed vaar teenoor ander markte in Asië-Stille-Oseaan, die Midde-Ooste en Afrika, het West gesê.

Die Mastercard-indeks van verbruikersvertroue is gegrond op 'n ondersoek wat vrae aan deelnemers stel rondom vyf sleutel- ekonomiese faktore: indiensneming, die ekonomie, gereelde inkomste, die aandelebeurs en lewensgehalte.

Die indeks het 'n skaal van nul tot 100.

'n Telling bokant 50 dui aan dat verbruikers optimisties in hul verwagtings vir die volgende ses maande is, terwyl 'n telling onder 50 aadui dat hulle pessimisties gesteld is.

Die ondersoek fokus op drie stedelike gebiede – Johannesburg, Kaapstad en Durban.

Met 'n telling van 68,0 is Durban vir die tweede keer agtereenvolgens Suid-Afrika se mees optimistiese stad.

Vir die eerste keer in twee jaar, is Kaapstad met 'n telling van 66,7 egter meer optimistiese as Johannesburg, wat 'n algehele laagtepunt van 66,5 aangeteken het.

Mike Schüsller, die HUB van Economists.co.za, het gesê dat een rede vir die afname van 16,8 punte in Johannesburg te wyte kan wees aan die feit dat die meeste multinasionale maatskappye in die groter Johannesburg-gebied geleë is en dat hulle die terugslag van die globale resessie meer intens as plaaslike maatskappye ervaar.

Oor die besonder skerp afname in Johannesburg se lewensgehalte-indeks van 81,1 ses maande gelede tot 'n huidige telling van 61,9, het Schüssler gemeen dit mag te wyte wees aan die groot geboue- en paaiekonstruksiewerk wat groot verkeersknope veroorsaak.

In die geheel het Suid-Afrika laer tellings op elkeen van die faktore wat die indeks opmaak, aangeteken.

Die aandelebeurskategorie het die skerpste daling getoon.

Toe hulle gevra is of hulle dink die plaaslike aandelebeurs sal opgaan, daal of dieselfde bly oor die volgende ses maande, het 64 persent van respondente verwag dat dit dieselfde sal bly of sal daal.

дровяные печи каминыОлександр Фільчаков прокурор

Die agteruitgang van Nederland

Image

Admiraal Pierre-Andr? de Suffren van Frankryk

Die Kaap kon 'n lang tyd Hollands bly omdat Nederland in die sewentiende eeu so 'n sterk seemoondheid was en omdat die Kaap nog nie veel waarde gehad het nie. Die Weste het nog nie die Ooste begin koloniseer nie. Toe dit egter begin gebeur, het die Kaap strategiese waarde verkry.

Dit het buitendien gebeur in 'n tyd dat Nederland sowel op see as op land agteruitgegaan het. Die landjie was in die sewentiende eeu byna onafgebroke in 'n reeks oorloë betrokke. Dit het sy kragte ooreis. Ná 1713 het lande met klein bevolkings soos Nederland en Swede in die Europese staatkunde 'n kleiner rol begin speel as die getalsterkes soos Frankryk, Engeland, Pruise, Oostenryk en Rusland. Ook het die ekonomiese bloei van Nederland afgeneem, sodat sy oorlogsvloot verwaarloos is en dit in die agtiende eeu as seemoondheid van betekenis verdwyn.

Twee Europese lande het in die agtiende eeu met mekaar begin wedywer, naamlik Brittanje en Frankryk. Hulle het ook in die Ooste teen mekaar gestry en daardeur het die Kaap nuwe belang gekry. Albei het besef dat wie die Kaap besit, sy teenstander in die Ooste ook kon baasraak.

In 1776 het die Britse kolonies in Noord-Amerika hulle vry van die Britse gesag verklaar en 'n oorlog teen Engeland begin. Frankryk het in 1779 'n bondgenoot van die Amerikaanse kolonies geword. In 1780 het ook Nederland in die oorlog teen Engeland betrokke geraak, en die Franse gevra om die Kaap teen Engeland te beskerm. Die Franse onder admiraal Pierre-André de Suffren het ná 'n seeslag teen die Britte by die Kaap Verde-eilande die eerste hul skepe seewaardig gekry en kon hulle ingrawe aan die Kaap voordat die Engelse in Julie 1781 daar kom.

Brittanje moes die Verenigde State van Amerika prysgee. Die oorlog wat in 1883 ten einde geloop het, het vir die Britte ongelukkiger geëindig as die voriges waarin hy met Frankryk betrokke was. Maar Nederland het ook kwaai verliese gely. Die land was bowendien verdeeld tussen die patriotte, aanhangers van die nuwe denkbeelde, en die Oranjegesindes, voorstanders van die bestaande politieke en ekonomiese toestand. Die oorlog het Nederland se ondergang as selfstandige groot moondheid beseël. 'n Vloot het dit feitlik nie meer gehad nie. Daarby het die VOC agteruitgegaan. Die Kompanjie, wat vroeër sulke hoë dividende betaal en bygedra het tot die welvaart van die land, het diep in die skuld begin raak. Die Nederlandse historikus Pieter Geyl skryf: "Die nood van die Kompanjie was te wyte aan sy organisatoriese gebreke. Dit was nie dat die Oos-Indiese handel gekwyn het of dat die lande self niks werd was nie, ver daarvandaan. Dit was natuurlik ook nie alleen die amptenarekorrupsie nie; dit was […] 'n hopeloos verouderde en verwarde en onoorsigtelike boekhoudingsisteem. Die Kompanjie het sy eie rykdom nie geken nie."

Die Kaap het 'n begeerlike buit geword. Ná hul neerlaag het die Britte besef dat as hulle hul besittings in Indië teen vyande wou beskerm, hulle die seeweg tussen die Ooste en die Weste moes beheers. Daarvoor was die Kaap onontbeerlik. En soos Nederland was die Kaap weerloos. Die einde van die Hollandse tyd was in sig.

кабиныФильчаков прокурор