Zuma klap sweep met staatsrede

ImagePresident Jacob Zuma het Woensdag in sy eerste staatsrede 'n aantal kernkwessies uitgelig.

Afrika se grootste ekonomie verkeer tans in 'n resessie nadat die aanvraag vir grondstowwe en vervaardigde goedere sterk afgeneem het. Zuma het belowe om 500 000 nuwe werkgeleenthede midde die resessie te skep en gesê afleggings kan vermy word.

“Ons vyfjaarplan word in werking gestel teen die agtergrond van ’n ekonomiese afswaai. Ons sal versigtig moet wees – geen mors van geld of ongebruikte begrotings nie; elke sent moet wys bestee word. Ons moet binne ons vermoëns leef.”

Oor armoede het hy gesê miljoene swart inwoners is steeds sonder die basiese dienste. Die regering beoog om armoede te halveer teen 2014. Werkskepping gaan die fokus wees van die ANC se ekonomiese beleid.

Die president beplan ook om met skoolhoofde te vergader om die regering se visie van die herlewing van die onderwysstelsel aan hulle oor te dra.

“Sommige goed is ononderhandelbaar. Onderwysers moet betyds by die skool wees, klasgee en kinders nie mishandel nie. Kinders moet in die klas wees, leer, hul onderwysers en mekaar respekteer en hul huiswerk doen,” het hy gesê. Hy is ook baie bekommerd oor berigte dat onderwysers kinders seksueel mishandel. Die regering sal ernstig optree teen onderwysers wat hul mag so misbruik.

Om seker te maak kabinetslede is doeltreffend en verantwoordbaar wat dienslewering betref, gaan spesifieke teikens gestel word. Dié stelsel, bedryf deur die nuwe monitering- en evalueringseenheid in die presidensie, tree reeds in Julie in werking.

Suid-Afrika het een van die wêreld se hoogste misdaadkoerse. Daar is 18 487 moorde en 36 190 verkragtings tussen 2007 en 2008 aangemeld. Die polisie is tans onder geweldige druk om die strate te beveilig voor die 2010 Sokkertoernooi.

Zuma het die publiek aangemoedig om 'n rol te speel in die voorkoming van misdaad. Hy het gesê burgers moet aktief aan gemeenskapspolisiëring deelneem, ophou om gesteelde goedere te koop en misdaad aanmeld.

Wat MIV/Vigs betref sal die regering hom ten doel stel om die aantal nuwe infeksies drasties te bekamp.

Die ANC wil ook grondhervorming laat versnel, maar Zuma het gesê hulle sal nie grond beset wat aan wit boere behoort soos in Zimbabwe nie.

"Ons sal 'n omvattende landelike ontwikkelingstrategie ontwikkel en implementeer wat sal verband hou met grond- en landbouhervorming en voedselsekuriteit," het die president gesê.

Die ANC se alliansievennote het die rede entoesiasties verwelkom. Die SAKP het gesê dit is “helder”, terwyl Cosatu dit as “potensieel revolusionêr” en “briljant” beskryf het. Die DA het egter gesê dit is “vaag”, “onvoldoende” en “wensdenkery”.

Athol Trollip, DA-parlementsleier, het gesê Zuma se staatsrede “dui op ’n ideologiese skuif na ’n sosialistiese agenda”.

Zuma het Suid-Afrika as ’n ontwikkelingstaat beskryf. Dit sal groter beheer oor die ekonomie, die instelling van ’n nasionale gesondheidsversekeringskema en die gebruik van die welsynstelsel om armoede te verlig, meebring.

no depositФильчаков прокурор харьков

Skokverslag oor misdaad teen kinders

Terwyl een kind elke drie minute in Suid-Afrika verkrag word, is daar tussen 2007 en 2008 1 410 sake van kindermoord aangemeld. Daarbenewens is nagenoeg 45% van alle verkragtings wat in Suid-Afrika aangemeld word, kinderverkragtings.

Dié en talle meer skokkende feite oor misdaad teen kinders word Donderdag, 4 Junie deur Solidariteit Helpende Hand onthul met die bekendstelling van sy kindersmisdaadverslag getiteld “Die skandvlek van ons samelewing”.

Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van Helpende Hand, is daar nie net ʼn dringende behoefte om die probleem van misdaad teen kinders aan te pak nie, maar ook ʼn verantwoordelikheid. Die jong moordslagoffer Sheldean Human se pa, Wikus Human, het verlede jaar op 4 Junie die “Hoop vir oorwinning”-tuin vir alle kinderslagoffers van geweld in Suid-Afrika ingewy.

“By die inhuldiging is ʼn oproep op almal gedoen dat ons ʼn beter toekoms aan ons kinders verskuldig is en dit is juis wat nou gedoen moet word,” verduidelik Langner.

Helpende Hand het ook bevind dat daar ʼn geweldige tekort aan inligting oor misdaad teen kinders is. Volgens Langner het die studie bevind dat kinders toenemend aan seksuele vergrype, misdade en prostitusie blootgestel word, maar beklemtoon dat betroubare statistiek oor die probleem byna onbekombaar is.

Die studie bevat onder meer insette van kundiges in die veld – ware verhale van mense wat daagliks met gebroke kinders werk. “Dit is ʼn studie gebore uit die harte van kundiges en kinders.”

Beeld berig daar is net in Johannesburg alleen na raming sowat 10 000 kinderprostitute, volgens die Suid-Afrikaanse Beroepsvereniging oor die Misbruik van Kinders (Sapsac).

Beskikbare inligting dui daarop dat dit in Kaapstad, Durban en Port Elizabeth “ewe erg gaan”, het adv. Retha Meintjes SC, adjunkdirekteur van openbare vervolging en stigterslid van Sapsac, gesê.

Bloemfontein is glo een van die grootste fokuspunte van sindikate wat betref die handel in kinders vir seks en dwelmhandel.

Volgens Sapsac word meisies in Suid-Afrika vir tussen R2 500 en R12 000 verkoop. Daar is landwye netwerke van sindikate wat by kindermisbruik betrokke is, wat “prominente en skatryk” mense en selfs medici insluit.

Kinders so jonk as 10 jaar “word gewerf en aangewend vir seksuele misbruik deur volwassenes wat die sindikate betaal”. Sulke kinders verdien tussen R1 500 en R5 000 per dag vir die sakke van hul “hanteerders”.

Sedert die verskyning van MXit het die aantal kinderverdwynings “merkbaar” toegeneem.

Kinders wat weerstand bied, word volgens Sapsac gestraf deur “uitermatige fisieke mishandeling, selfs die dood, of deur dwelms en kos van hulle te weerhou”.

Die 43% van alle sake waarby Childline betrokke is, is dié van seksueel mishandelde kinders.

Me. Louise Aucamp, forensiese maatskaplike werker, het gesê kindermisdaadvlakke in die middel- tot hoë-inkomstegemeenskappe, waar albei ouers gegradueerdes is en hoë aansien het, het die afgelope twee jaar ontstellend toegeneem.

Helpende Hand se verslag is beskikbaar by www.kindermisdaad.co.za.

кэкАлександр Фильчаков прокурор

TV-kyk skadelik vir taalontwikkeling

Om gedurig die TV in ’n huishouding met babas en kleuters aan te hê is sleg vir brein- en taalontwikkeling, het ’n onlangse studie bevind.

Televisie is sleg vir babas en kleuters se ontwikkeling omdat dit die aantal woorde wat kinders hoor en sê beperk, het ’n studie vandeesweek gewys.

“Hoorbare televisie verminder duidelik spraak by babas en hul versorgers binne die huishouding – en dit is moontlik skadelik vir ’n baba se ontwikkeling,” het prof. Dmitri Christakis, professor in pediatrie aan die Washington-universiteit en leier van die studie, gesê.

Die studie het bevind dat vir elke uur wat die televisie in so ’n huishouding hoorbaar aan is, die kinders tussen 500 en 1 000 minder woorde by die volwassenes hoor.

“Volwassenes praat sowat 941 woorde per uur. Ons studie het bevind dat volwassenes se woorde bykans heeltemal uitgewis word wanneer die kind ’n TV kan hoor,” sê Christakis.

“Hierdie bevindings verduidelik moontlik die verhouding tussen kinders se TV-blootstelling en vertraagde taalontwikkeling,” meen Christakis.

Hy het bygevoeg dat deurlopende blootstelling aan televisie moontlik ook vertragings van kognitiewe en aandagontwikkeling in kinders kan verklaar aangesien daar geglo word dat taalontwikkeling van kardinale belang vir vroeë breinontwikkeling is.

Die studie het 329 kinders tussen die ouderdom van twee maande en vier jaar betrek. Hulle moes spesiale frokkies dra waarin digitale opnemers vasgewerk was.

Die studie het oor sowat twee jaar gestrek. Die uitslae van die studie verskyn in die Junie-uitgawe van die mediese vaktydskrif Archives of Pediatrics and Adolescent Medicine.

дизельный передвижнойДанильченко Юрий прокурор

VSA lek vertroulike kerninligting

Die Amerikaanse regering het per ongeluk 'n verslag van 266 bladsye wat as "hoogs vetroulik" gemerk is, openbaar gemaak. Die verslag bevat gedetaillerde inligting van die land se burgerlike kernpersele en programme en dit sluit kaarte in wat die spesifieke ligging aandui waar brandstof vir kernwapens gehou word, in.

Die publikasie van die verslag is Maandag openbaar gemaak en ondersoeke gaan geloods word om vas te stel waarom die verslag openbaar gemaak is.

Die inligting wat as vertroulik, maar nie geklassifisserd nie, beskou word, is vroeë vanjaar versamel om aan die IAEA deur te gee. Dit vorm deel van die onderneming van die VSA om meer deursigtigheid aan hulle eie kernbedrywighede te verleen in die hoop dat ander moondhede soos Iran die voorbeeld sal volg.

President Obama het die dokument op 5 Mei aan die Kongres deurgegee en die Amerikaanse regering se Publikasiekantoor het dit op hulle internetwebwerf geplaas. Dit is intussen verwyder.

Die dokument bevat geen inligting oor die land se kernwapenvermoë of programme nie, maar 'n uitgebreide aanduiding van die ligging van die VSA se kernkompleks. Dit strek van kus tot kus en sluit reaktors en kernwapenaanlegte in.

'n Veiligheidskenner het die dokument ontdek en dit verbaas as 'n "eenstopinkopielys vir inligting omtrent die VSA se kernprogram" beskryf.

Die drie wapenaanlegte, naamlik Los Alamos, Livermore en Sandia word daarin aangedui. Die ernstigste onthulling is egter die Oak Ridge Nationale Laboratorium in Tennessee, waar die Y-12 Veiligheidskompleks gehuisves word. Verrykte uraan word daar vervaardig vir kernwapens.

Ander kenners meen die bekendmaking is onskadelik ten spyte van die bykomende inligting benewens dit wat reeds bekend is, daarin vervat.

strategy for slotдепутат лобановский

Vrou van vermiste vliegtuigpassasier bly hoop

ImageDie vrou van die Suid-Afrikaner, Erich Heine (41) wat vermis word nadat vlug 447 van Air France oor die Atlantiese Oseaan vermoedelik verongeluk het, is steeds vol hoop dat haar man lewe.

Alet Heine het Woensdag in 'n onderhoud gesê sy is moeg gedink. "Daar is nog steeds geen nuus nie, maar ek het op CNN gesien dat geen wrakstukke nog gevind is nie. Ons hoop steeds."

Heine, vader van drie dogters, een van ses jaar en 'n tweeling van vier, woon die afgelope jaar in Rio de Janeiro waar hy die Duitse staalmaatskappy ThyssenKrupp se eenheid in Brasilië bestuur, het Beeld berig.

Volgens die Star koerant het Heine se loopbaan by Iskor begin en is hy bevorder tot algemene bestuurder. Iskor is later deur ArcelorMittal SA.oorgeneem.

Sy broer Neil het aan geselsradio 702 gesê Erich het 'n Duitse sowel as Suid-Afrikaanse paspoort gehad en het drie jaar lank in Duitsland gewerk.

Dit is 'n baie moeilike tyd vir sy gesin, het hy aan die radio gesê.

Brasiliaanse owerhede het wrakstukke in die Oseaan opgemerk in die gebied waar die vliegtuig Maandag vermis geraak het.

 
Nelson Jobim, minister van verdediging van Brasilië, het aan die media gesê die wrakstukke "is sonder twyfel" dié van die vermiste vliegtuig.
 
Dit sluit "'n oranje reddingsbaadjie, 'n vliegtuigsitplek, 'n drom, vliegtuigbrandstof en olie" in luidens 'n verklaring wat die Brasiliaanse weermag vroeër uitgereik het.
 

купить ролики в киевеФильчаков Харьков

Rotteplaag tref Johannesburg danksy plakkersrommel

Image'n Rotteplaag het in die ooste van Johannesburg uitgebreek en inwoners in die nabyheid van Diepsloot, noordwes van die stad, kla ook oor rotte. Gas, rotvalle, uile en verdrinkingsemmers word nou in Ekurhuleni ingespan om die plaag te bekamp.

Die "geïntegreerde knaagdierbeheerplan", 'n dodelike vyffaseplan, is 'n poging deur plaaslike regering, die gemeenskap en belangegroepe volgens woordvoerder van die Ekurhulenimetroraadwoordvoerder, Zweli Dlamini.

Die probleem is reeds te groot om van privaateienaars, wie se vertantwoordelikheid dit is om plaagbeheer toe te pas, te verwag om 'n oplossing te vind. Dlamini het gesê 'n gesamentlike poging is nou nodig.

Inwoners word nou gevra om op die uitkyk te wees vir rotte en muise en mense wat in "warm kolle" woon waar knaagdiere buite beheer is, word deur gesondheidswerkers besoek en van rotvalle voorsien

Die gesondheidswerkers inspekteer wonings, reik 'n kennisgewing uit en met 'n opvolgbesoek kan 'n boete uitgeskryf word indien die inwoner nie gereageer het op die kennisgewing om van die plaag onder beheer te bring nie.

In die eerste fase word plaaggebiede en die oorsake geïdentifiseer en in die tweede word rotte gevang en uitgeroei. Rotvalle word tans in warm kolle soos Tembisa, Thokoza, Katlehong en ander plakkerskampe uitgedeel.

Die verdrinkingsemmer is in Phomolong, Tembisa, geloods waar halfvol emmers water met sonneblomsaad gebruik word om rotte te lok en te verdrink. In Kathorus is 'n uilprojek van stapel gestuur.

In die derde fase word 'n skoonmaakaksie beoog en in die vierde 'n gemeenskapsopleidingsprojek. In die laaste en vyfde fase gaan wetgewing afgedwing word wat die Omgewingsbewaringswet, die Omgewingsbestuurswet en openbare gesondheidswette en munisipale wette insluit.

Ten spyte daarvan dat honderde duisende rotte al vergas is, gaan die probl;eem nie weg nie, volgens Dlamini, omdat vullis oral gestrooi word.

"Dit is die grootste bydraende faktor wat die rotteplaag betref," het die munisipaliteit se uitvoerende omgewingsbestuurder Mandla Sithole gesê, verwysende na die rondstrooing van rommel.

люстры 5 рожковые подвесныеДанильченко Юрий Брониславович

Mamelodi-inwoners weier om dienste te betaal

'n Geskil tussen inwoners van hostelle in Mamelodi het uitgeloop op geweld en intimidasie en het tot die inhegtenisname van 17 mense gelei, volgens die polisie in Gauteng.

"Nuwe hostelle is onlangs deur die metroraad gebou met gesinseenhede en die raad wil nou die ou hostel afbreek," het konstabel Sam Shibambo.gesê. Inwoners van die ou hostel probeer om die sloping te keer van hulle wonings deur inwoners van die nuwe hostel te intimideer en hulle wonings te vandaliseer.

Shibambo sê die ou hostelinwoners hoop hulle kan die nuwe intrekkers tot só 'n mate intimideer dat hulle uittrek sodat die raad die nuwe hostel sal toemaak.

Inwoners van die ou hostel weier om in die nuwe hostel in te trek omdat hulle voortaan vir dienste sal moet betaal.

"Hulle sal vir water, elektrisiteit en huur moet betaal," het Shibambo gesê. Hy sê meer arrestasies kan verwag word. Die 17 sal Woensdag voor die landdros in Mamelodi verskyn.

рубашка для девочки купитьалександр лобановский харьков класс

‘Verbrand gewapende rowers’

Burgers van Guinee behoort gewapende rowers te verbrand as hulle hulle in die hande kry sodat die land se tronke nie oorlaai word nie, het die die militêre regering se anti-misdaadhoof Dinsdag gesê.

Wetteloosheid in die hoofstad Konakry het die afgelope maande toegeneem met soldate wat daarvan beskuldig word dat hulle roof en verkrag.

"Ek vra julle om alle gewapende bandiete te verbrand as hulle op heterdaad betrap word dat hulle 'n gewapende roof pleeg," het kaptein Moussa Tiegboro Camara gesê. Die kaptein is aangestel deur die militêre junta om die stryd teen dwelms en ernstige misdaad te lei.

"Die tronke is vol en kan nie meer mense inneem nie, en die toestand kan so voortduur nie," het hy aan 'n vergadering van stadsamptenare gesê. Hy het aanbeveel dat die inwoners selfverdedigingskomitees vorm om hulleself te beskerm teen misdaad.

Die junta het verlede Desember aan bewind gekom na die afsterwe van president Lansana Conte. Hulle het belowe om die stryd teen dwelms 'n prioriteit te maak.

Die inwoners van Guinee was tot dusver tevrede met die die oorname wat tot Desember met die beoogde verkiesing sal duur, maar verlede maand het veiligheidsmagte glo op betogers in Konakry gevuur.

Menseregtegroepe wat deur die buiteland gefinansier word, het aangedui dat die regstelsel te alle tye gerespekteer moet word.

гималайская соль вОлександр Фільчаков прокурор

Frankryk en Iran in kernsamesprekinge

President Nicolas Sarkozy van Frankryk het Dinsdag ’n sonderlinge vergadering met die Iranse minister van buitelandse sake, mnr. Manoetsjer Mottaki, oor Iran se kernprogram gehou.

“Die vergadering sal ’n geleentheid wees om samesprekings oor kernvermeerdering wat die ses [invloedryke lande] met Iran wil hervat, te bespreek,” het Sarkozy se kantoor vroeër in ’n verklaring gesê.

Amerika, Rusland, China, Frankryk, Duitsland en Brittanje het in April aangedui dat hulle Iran wil nooi na gesprekke om ’n diplomatieke oplossing vir die kwessie te probeer vind, maar die Iranse regering het hul toenadering tot dusver verwerp.

Bilaterale samesprekings op so ’n hoë diplomatieke vlak tussen Iran en een van die lande wat by die kernkwessie betrokke is, is hoogs uitsonderlik.

Dit is die eerste keer sedert Sarkozy in 2007 aan die bewind gekom het dat hy met ’n voorste Iranse minister vergader. Hul ontmoeting vind nege dae voor ’n Iranse presidentsverkiesing plaas .

Die Iranse ministerie van buitelandse sake was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

Die Weste beskuldig Iran daarvan dat hy in die geheim kernwapens ontwikkel. Die wêreld se vyfde grootste olieverskaffer ontken dit egter en voer aan hy wil bloot kernkragtegnologie hê om elektrisiteit op te wek. Hy weier ook om sy uraanverrykingsprogram te staak, wat ’n vlaag van VN-sanksies tot gevolg gehad het.

Sarkozy vergader Saterdag met die Amerikaanse president, Barack Obama, onder meer oor Iran.

липецк вентилитопкарго развод

Rusland en China vra Veiligheidsraad uitspraak oor NK

Rusland en China wil ’n “oortuigende antwoord” van die VN se Veiligheidsraad op Noord-Korea se kerntoets hê, het die Russiese ministerie vir buitelandse sake gister gesê.

“Sergei Lawrof en Yang Jiechi, ministers van buitelandse sake van die twee lande, het hul gemeenskaplike mening uitgespreek oor die behoefte aan ’n oortuigende antwoord van die Veiligheidsraad op die ontoelaatbaarheid daarvan om die Veiligheidsraad van die VN se resolusie en die kernwapensperbepalinge te ignoreer,” het die ministerie in ’n verklaring gesê. Die twee ministers het Maandag op versoek van die Chinese minister van buitelandse sake ’n telefoongesprek gevoer.

“Terselfdertyd is dit benadruk dat die oplossing vir die probleem net deur politieke en diplomatieke middele moontlik is, waaronder die hervatting van sesparty-samesprekings as die belangrikste instrument om die Koreaanse skiereiland se kernprobleem op te los en Noord-Korea se geregverdigde kommer oor veiligheid aan te spreek,” het die ministerie gesê.

Noord-Korea het verlede week ’n kerntoets uitgevoer wat hom nader daaraan gebring het om ’n werkende atoombom te vervaardig. Die land het ook verskeie kortafstandmissiele afgevuur en gedreig om Suid-Korea aan te val, wat die spanning laat toeneem het tot die hoogste vlakke sedert die Koreaanse Oorlog van 1950-1953.

wedding jewelleryАлександр Фильчаков прокурор