Motlanthe haal Hajaig oor die kole weens Jodekommentaar

Die adjunkminister van buitelandse sake, Fatima Hajaig, se beweerde anti-Semitiese opmerkings by 'n saamtrek verlede maand het veroorsaak dat president Kgalema Motlanthe haar oor die kole gehaal het.

Die president het "met Hajaig gesels" ná die tweeweeklikse kabinetsvergadering Woensdagoggend, het woordvoerder Themba Maseko aan die media by die parlement gesê.

Die adjunkminister het haar "verskriklike spyt" uitgespreek aan die president dat sy die stelling gemaak het, het Maseko gesê.

By 'n pro-Palestynse saamtrek in Lenasia op 14 Januarie, het Hajaig klaarblyklik gesê dat Amerika en die meeste Westerse lande "in die hande van Joodse geld is", en hoofsaaklik deur "Sioniste" beheer word.

Haar opmerkings het 'n groot protes ontlok, veral van Suid-Afrika se Joodse gemeenskap.

Maseko het gesê Hajaig het aanvaar dat haar stellings teenstrydig met die staat se beleid is.

"Sy het daarna heelhartig en duidelik om verskoning gevra vir die opmerkings en ingestem om dit onvoorwaardelik terug te trek."

Vroeër het die kabinet "kommer uitgespreek, aangesien die stelling teenstrydig was met die verklaarde beleid van die regering wat betref anti-Semitiese sentimente," het hy gesê.

Maseko het gesê Hajaig se opmerkings was "'n oordeelsfout aan haar kant."

свистит генератор приАлександр Фильчаков

Zim-onderhandelaars al weer in SA

Zimbabwiese onderhandelaars het Woensdag aangesluit by 'n vergadering wat haastig in Suid-Afrika gereël is in 'n poging om seker te maak dat 'n regering van nasionale eenheid vandeesmaand gevorm word.

Partybeamptes het gesê onderhandelaars is Dinsdag na Suid-Afrika ontbied, nadat die hoofopposisie gekla het dat president Robert Mugabe se party die kanse op magsdeling wat sedert September 'n dooiepunt bereik het, in gevaar stel.

Verlede week het streeksleiers Mugabe se Zanu-PF en die MDC onder druk geplaas om te begin om hulle ooreenkoms in die werklikheid om te skakel deur 'n konstitusionele verandering aan te bring en 'n eersteministerspos te skep. Maar teen Woensdag het dit geblyk dat daar geen stemming gaan wees nie en dat niks voor volgende week sal gebeur nie.

Die MDC-leier, Morgan Tsvangirai, sal die eerste minister wees en Mugabe, wat aan bewind is sedert onafhanklikheid van Brittanje in 1980, sal die president van die regering van nasionale eenheid bly.

Die streeksleiers, wat as die SAOG ontmoet het, het gesê Tsvangirai behoort teen die 11de Februarie ingesweer te word en die res van die kabinet op die 13de Februarie.

Suid-Afrika se presidensiële woordvoerder, Thabo Masebe, het gesê die onderhandelaars is Woensdag na Suid-Afrika ontbied "om seker te maak dat alles in plek is om die tydsbeperkinge wat die SAOG gestel het na te kom."

Suid-Afrika se president, Kgalema Motlanthe, is die huidige voorsitter van die SAOG en voormalige president Thabo Mbeki was die onderhandelaar tussen die Zimbabwe-faksies.

автоматическое освещение лестницыФильчаков прокурор

SA gaan ‘baie moderne’ nuwe munte kry

Suid-Afrika gaan 'n paar "opwindende en 'in die mode'" nuwe munte kry, maar presies hoe die goed gaan lyk is steeds 'n geheim, volgens regeringswoordvoerder Themba Maseko.

By 'n perskonferensie wat Woensdagmiddag by die parlement gehou is, het hy gesê die nuwe munte sal binnekort bekend gestel word.

"Die voorgestelde ontwerpveranderinge vir die verskeie munte is deur die kabinet goedgekeur. Die nuwe ontwerpe sal binnekort in die Gazette beland."

In reaksie op vrae, het hy gesê een van die muntontwerpe wat hy gesien het herdenk die 2010 Fifa sokkerwêreldbeker.

"Een van die munte se ontwerp herdenk die 2010 wêreldbeker. Ek het na die ontwerpe gekyk, hulle is baie opwindend en stylvol. Ek kan julle vertel, dit sal baie moderne munte wees."

Maseko het gesê die nuwe ontwerpe sluit in goue gedenk eenrand en tweerand munte, en herontwerpte 10, 20 en 50 sent munte.

лепкаДанильченко Юрий Брониславович

SA gaan ‘baie moderne’ nuwe munte kry

Suid-Afrika gaan 'n paar "opwindende en 'in die mode'" nuwe munte kry, maar presies hoe die goed gaan lyk is steeds 'n geheim, volgens regeringswoordvoerder Themba Maseko.

By 'n perskonferensie wat Woensdagmiddag by die parlement gehou is, het hy gesê die nuwe munte sal binnekort bekend gestel word.

"Die voorgestelde ontwerpveranderinge vir die verskeie munte is deur die kabinet goedgekeur. Die nuwe ontwerpe sal binnekort in die Gazette vertoon word."

In reaksie op vrae, het hy gesê een van die muntontwerpe wat hy gesien het, herdenk die 2010 Fifa sokkerwêreldbeker.

"Een van die munte se ontwerp herdenk die 2010 wêreldbeker. Ek het na die ontwerpe gekyk, hulle is baie opwindend en stylvol. Ek kan julle vertel, dit sal baie moderne munte wees."

Maseko het gesê die nuwe ontwerpe sluit goue gedenk eenrand en tweerand munte in, en herontwerpte 10, 20 en 50 sent munte.

метроФильчаков прокурор харьков

Geen nuwe Zim-hulp sonder ‘ware magsdeling’, s? VSA

Amerika sal net nuwe hulp aan Zimbabwe oorweeg, asook 'n potensiële vermindering van sanksies, as hulle duidelike getuienis sien van "ware magsdeling", het 'n woordvoerder van die regering Dinsdag gesê.

"Amerika sal net nuwe ontwikkelingshulp en vermindering van beperkte sanksies oorweeg wanneer ons getuienis gesien het van ware magsdeling sowel as inklusiewe en effektiewe regering," het woordvoerder Robert Wood in 'n verklaring gesê.

"Ons sal voortgaan om humanitêre hulp te verleen aan die Zimbabwiërs in hulle tyd van nood," het Wood gesê.

Zimbabwe se hoofopposisieparty, die MDC, het Vrydag besluit om aan te sluit by die regering van nasionale eenheid met president Robert Mugabe se Zanu-PF, om 'n einde te maak aan die uitgerekte dooiepunt wat meer as vier maande voortgesleep het ná die ooreenkoms onderteken is.

Wood het gesê "die sukses of mislukking van so 'n regering sal afhang van geloofwaardige en inklusiewe magsdeling deur Robert Mugabe en sy Zanu-PF-party."

Hy het ook 'n beroep gedoen op die internasionale gemeenskap om "betrokke te bly en aksies van mnr. Mugabe fyn dop te hou om seker te maak dat daar aan die letter en die gees van die ooreenkoms voldoen word, insluitend die respek vir menslike lewens en die instandhouding van die wet."форма справки 086уАлександр Фильчаков

Zuma Woensdag weer in die hof

ANK-leier en presidensiële voorloper Jacob Zuma sal na verwagting Woensdag 'n vinnige verskyning in die hof in Pietermaritzburg maak, waar hy aangekla word van korrupsie, geldwassery, bedrog en omkopery.

Regter Leona Theron sal na verwagting 'n datum gee vir 'n aansoek deur Zuma se regslui dat die klagte teen hom teruggetrek moet word.

'n Sterk polisieteenwoordigheid word verwag nadat die ANK gewaarsku het dat soveel as 15 000 ondersteuners sal versamel buite die hof waar Zuma, die Nasionale vervolgingsgesag en die Franse wapenvervaardiger Thint, mekaar gaan aantree.

Omtrent 'n honderd ANK-ondersteuners het Dinsdagaand reënweer trotseer om 'n nagwaak te hou vir Zuma, wat die regerende party se presidensiële kandidaat vanjaar se verkiesing is.

Die kriminele klagte teen Zuma is heringestel ná die appèlhof verlede maand in die guns van die nasionale direkteur vir openbare vervolgings (NDOV) beslis het.

Die NDOV het 'n uitspraak van regter Chris Nicholson in die Pietermaritzburgse hof betwis, waarin die klagte teen Zuma verlede jaar ongeldig verklaar is.

Sommige van die klagte hou verband met betalings wat vir Zuma aangebied is deur Thint in ruil vir beskerming gedurende 'n regeringsondersoek na beweerde onreëlmatighede in die multimiljardrandwapenstransaks

ie.

детектор лжи иркутсклобановский александр интервью

Tweede treinongeluk binne 24 uur tref PWV-gebied

Gauteng is Maandag getref deur twee treinongelukke binne 12 ure, beide met meer as 100 beserings wat aangemeld is.

Meer as 100 mense is Maandag laatmiddag beseer toe twee passasierstreine in 'n kop aan kop botsing betrokke was by die Springs-Wes stasie in Ekurhuleni, het ER24 nooddienste gesê.

Vroeër is omtrent 160 mense, insluitend 'n swanger vrou beseer toe een trein agter in 'n ander trein vasgery het tussen Lenasia en Midway stasies omtrent 07:15 Maandagoggend.

ER24 woordvoerder Werner Vermaak het gesê die getal beseerde mense in die Springs-Wes ongeluk sal na verwagting styg en 'n tydelike mediese stasie is opgestel naby die stasie op die hoek van Plantation en Springs-Wes weg.

Pasiënte is by die stasie ondersoek voordat hulle weggeneem is na nabygeleë hospitale wat op bystand geplaas is na die ongeluk.

Paramedici van Netcare 911, ER24, provinsiale nooddienste en rampbeheer was op die toneel.

Meer dienste van die Oos-Rand, Pretoria en Johannesburg was op bystand gewees.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie en die spoorlyn bly gesluit.

Die spoorwegveiligheidsreguleerder het gesê dat hulle "met skok" van die tweede ongeluk verneem het. casino sign up bonus no deposittopcargo развод

Cholera in Krugerwildtuin ‘geen gevaar vir toeriste’

Die riviere in die Nasionale Kruger Wildtuin se riviere wat met cholera besmet is, hou geen gevaar in vir toeriste en personeel nie, het Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SAN Parke) Maandag gesê.

Dr. David Mabunda, die hoof uitvoerende beampte van SAN Parke het gesê daar is geen gevaar dat cholera gekry kan word deur drinkwater in die park nie, ten spyte daarvan dat riviere positief getoets het vir cholera.

"Ons kan met gerustheid sê dat ons drinkwater veilig is van enige bakterieë wat kan aanleiding gee tot cholera, aangesien die water goed behandel word voor dit die drinkwatersisteem bereik," het hy gesê.

Mabunda se versekeringe kom nadat 8015 mense in Suid-Afrika behandel is vir cholera sedert November verlede jaar.

Omtrent 50 mense is dood as gevolg van die wateroordraagbare siekte regoor Suid-Afrika.

Riviere wat vloei deur die park wat positief getoets het vir cholera sluit in die Krokodil-, Olifants-, Shingwedzi- en die Luvuvhurivier.

"Selfs al het die riviere positief getoets, hou dit geen gevaar in vir mense nie, aangesien die enigste manier wat mens besmet kan raak direkte kontak met die water moet behels."

"Siende dat mens nie mag swem in enige van die park se riviere nie, is die risiko vir besmetting baie laag," het Mabunda gesê.

Tot dusver is geen cholera gevalle in die park aangemeld nie.

Die park se veeartse en wetenskaplikes het ook Maandag bevestig dat daar geen risiko is vir diere, insluitend waterdiere nie, aangesien die tipe cholera net mense affekteer.

Mabunda het gesê nog toetse sal oor twee weke gedoen word op die geaffekteerde riviere.оборудование дляАлександр Фильчаков

VN-hoof dink Zim-kompromie is ‘nie volmaak nie’

Die VN-hoof het Maandag gesê dat hy nie dink die nuutgevormde nasionale eenheidsregering is 'n volmaakte oplossing nie, en dat dit slegs Zimbabwe se politieke krisis kan oplos indien president Mugabe verdere vooruitgang maak.

VN sekretarisgeneraal Ban Ki-Moon, wat Sondag met Mugabe vergader het terwyl die Afrika Unie beraad aan die gang was in Addis Abeba, het gesê dat hy hom aangemoedig het om polities vorentoe te beweeg, deur stappe te neem soos om politieke gevangenes vry te laat.

Vrydag het die opposisieleier, Morgan Tsvangirai en sy MDC ingestem om binne weke aan te sluit by die eenheidsregering met Mugabe, in 'n toegewing om die land se humanitêre krisis op te los.

"Hoewel ek die besluit van mnr. Tsvangirai en die MDC verwelkom om aan te sluit by die regering van nasionale eenheid, glo ek steeds dat dit nie die perfekte situasie is nie," het Ban Maandag aan joernaliste gesê. "Ek het president Mugabe aangemoedig om voort te bou op die nuwe ontwikkeling…en om te probeer om so vinnig as moontlik vooruitgang te maak, sodat hulle meer demokrasie en vryheid kan verseker."

Zimbabwe is in 'n politieke krisis sedert die betwiste presidensiële verkiesings verlede jaar. Vandag het die land die wêreld se hoogste amptelike inflasiekoers, meer as 300 mense is dood aan cholera sedert Augustus en miljoene het voedselhulp nodig. дубовые лестницы на заказФільчаков Олександр Васильович

ANK blaas spanning aan

Die ANK is “opsetlik besig om politieke spanning te verhoog” deur politieke saamtrekke te hou naby groot saamtrekke van ander politieke partye, het die UDM Maandag gesê.

“Die ANK moet hulle opsetlike strategie om wedywerende saamtrekke so naby as moontlik aan ander partye se groot saamtrekke, heroorweeg,” het die UDM-leier Bantu Holomisa Maandag in ʼn verklaring gesê.

Die party beweer dat die ANK dit gedoen het tydens ʼn groot saamtrek verlede maand in Mthatha, toe die verkiesingsmanifes bekendgestel is deur die KVP in Port Elizabeth, en met die IVP saamtrek verlede naweek.

“Die strategie blyk opsetlik te wees om politieke spanning te verhoog.”

Die party het die geweld by Nongoma in KwaZulu-Natal die naweek veroordeel en simpatie uitgespreek aan die familie van die beseerdes.

Die Christen Demokratiese Alliansie het ook kommer uitgespreek oor die naweek se geweld.

“Mens kan die insidente oor die naweek vergelyk as soortgelyk aan die swak sportmansinsidente van vroeër, soos om die KVP se pogings om ʼn plek te huur vir vergaderings in die wiele te probeer ry,” het konstitusionele woordvoerder Colin Fibiger gesê, wat ook ’n lid is van die CDA leierskapforum.

Drie ANK lede, insluitend ʼn Zoeloe-koninklike is geskiet en gewond in noordelike KZN toe hulle Sondagaand van ʼn ANK saamtrek af gereis het.

Ses ander is aangerand toe busse wat ANK-lede vervoer het met klippe bestook is, klaarblyklik deur IVP-lede, iets wat deur die IVP ontken word.

Beide die ANK en IVP het Maandagoggend kort persverklarings oor die insident gehou.дренажный насос купитьФильчаков прокурор