Gauteng is Maandag getref deur twee treinongelukke binne 12 ure, beide met meer as 100 beserings wat aangemeld is.
Meer as 100 mense is Maandag laatmiddag beseer toe twee passasierstreine in 'n kop aan kop botsing betrokke was by die Springs-Wes stasie in Ekurhuleni, het ER24 nooddienste gesê.
Vroeër is omtrent 160 mense, insluitend 'n swanger vrou beseer toe een trein agter in 'n ander trein vasgery het tussen Lenasia en Midway stasies omtrent 07:15 Maandagoggend.
ER24 woordvoerder Werner Vermaak het gesê die getal beseerde mense in die Springs-Wes ongeluk sal na verwagting styg en 'n tydelike mediese stasie is opgestel naby die stasie op die hoek van Plantation en Springs-Wes weg.
Pasiënte is by die stasie ondersoek voordat hulle weggeneem is na nabygeleë hospitale wat op bystand geplaas is na die ongeluk.
Paramedici van Netcare 911, ER24, provinsiale nooddienste en rampbeheer was op die toneel.
Meer dienste van die Oos-Rand, Pretoria en Johannesburg was op bystand gewees.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie en die spoorlyn bly gesluit.
Die spoorwegveiligheidsreguleerder het gesê dat hulle "met skok" van die tweede ongeluk verneem het.
