Gasa-vuurpyl land in Israeli-stad

'n Vuurpyl wat afgevuur is uit die Hamasbeheede Gasastrook het Dinsdag in die Israeli stad Ashkelon geland, maar geen beserings veroorsaak nie, het Israelse Amptenare gesê.

Daar was geen onmiddellike erkennings van verantwoordelikheid vir die aanval van Palestynse gewapende faksies in Gasa nie. Die gebied herstel steeds na 'n moordende 22-dae lange Israelse aanval wat die Joodse staat gesê het bedoel was om die Islamitiese Hamasgroep te straf vir soortgelyke vuurpylaanvalle.

Daar was sporadiese vuurpyl en mortieraanvalle sedert die skietstilstand op 18 Januarie inwerking getree het, en die het lugaanvalle van die Israeli's op Gasa ontlok.

Israel, wat volgende week 'n verkiesing hou, het gesê hulle wil nie 'n nuwe volskaalse offensief begin nie.

Ashkelon se burgemeester, Benny Vaknin het aan Radio Israel gesê dat die Grad-vuurpyl die "hart van 'n woongebied getref het."

"Gelukkig het dit in 'n oop gebied geland," het hy gesê.

Ashkelon is 12 kilometer van die Gasastrook af, buite die bereik van tuisgemaakte vuurpyle wat gereeld deur die Palestyne gebruik word. Fabrieksvervaardigde Grad-vuurpyle, wat in Gasa ingesmokkel word van Egipte af het 'n langer trefafstand.

"Vir sover my kennis strek, wanneer dit 'n Grad-vuurpyl is, is dit van Hamas af," het Vaknin gesê.укладка ламината сколько стоитлобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae