Motlanthe haal Hajaig oor die kole weens Jodekommentaar

Die adjunkminister van buitelandse sake, Fatima Hajaig, se beweerde anti-Semitiese opmerkings by 'n saamtrek verlede maand het veroorsaak dat president Kgalema Motlanthe haar oor die kole gehaal het.

Die president het "met Hajaig gesels" ná die tweeweeklikse kabinetsvergadering Woensdagoggend, het woordvoerder Themba Maseko aan die media by die parlement gesê.

Die adjunkminister het haar "verskriklike spyt" uitgespreek aan die president dat sy die stelling gemaak het, het Maseko gesê.

By 'n pro-Palestynse saamtrek in Lenasia op 14 Januarie, het Hajaig klaarblyklik gesê dat Amerika en die meeste Westerse lande "in die hande van Joodse geld is", en hoofsaaklik deur "Sioniste" beheer word.

Haar opmerkings het 'n groot protes ontlok, veral van Suid-Afrika se Joodse gemeenskap.

Maseko het gesê Hajaig het aanvaar dat haar stellings teenstrydig met die staat se beleid is.

"Sy het daarna heelhartig en duidelik om verskoning gevra vir die opmerkings en ingestem om dit onvoorwaardelik terug te trek."

Vroeër het die kabinet "kommer uitgespreek, aangesien die stelling teenstrydig was met die verklaarde beleid van die regering wat betref anti-Semitiese sentimente," het hy gesê.

Maseko het gesê Hajaig se opmerkings was "'n oordeelsfout aan haar kant."

свистит генератор приАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae