Raul Castro in Angola

Image

Raul Castro

Die Kubaanse president Raul Castro het laat Woensdag in Angola aangekom vir 'n ampsbesoek van drie dae aan die kommunistiese land se jarelange vennoot in Afrika, het die Angop-nuusagentskap gesê.

Die Kubaanse leier is verwelkom in Luanda deur die Angolese eerste minister, Antonio Paulo Kassoma, minister van openbare werke, Higino Carneiro, en verskeie lede van die diplomatieke korps, het die agentskap gesê.

'n Verklaring deur die ministerie van buitelandse sake net voor sy aankoms het gesê Castro is genooi deur die Angolese president Jose Eduardo dos Santos en die besoek is daarop gemik om vriendskap en samewerking tussen die twee lande te versterk.

Raul Castro (77), wat Kuba gelei het sedert sy broer Fidel siek geword het in 2006, sal na verwagting Angola se leiers ontmoet en Donderdag deelneem aan 'n spesiale sessie van die Angolese nasionale vergadering, het die agentskap gesê.

Sy aankoms in Angola, ná 'n week lange besoek aan Rusland, val saam met Angola se "vierde-Februariedag", 'n openbare vakansiedag wat die 48ste jaar herdenk van die begin van Angola se gewapende stryd teen Portugal, die eertyds kolonie se koloniale meester.

Honderde-duisende Kubaanse soldate is na Angola gestuur om die huidige MPLA (Popular Movement for the Liberation of Angola) te help in 'n burgeroorlog wat drie dekades geduur het teen UNITA (The Union for Total Independance of Angola).

Die Kubaanse soldate is in die vroeë 1990s onttrek maar die twee lande het steeds sterk bande met mekaar. Daar is honderde Kubaanse dokters en onderwysers wat in Angola werk.

Dié Suider-Afrikaanse land is een van die kontinent se voorste olieprodusente, tesame met Nigerië.

интернет магазины черкассалександр лобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae