Sal die ANK die teuels op Malema vasvat?

Image

Julius Malema

Opmerkings van die ANK-jeugligaleier Julius Malema dat die minister van onderwys Naledi Pandor "haar vals aksent moet gebruik om ons probleme aan te spreek" is onaanvaarbaar en disrespekvol, het die ANK Woensdag gesê.

"Malema se opmerkings is ongevraagd en onaanvaarbaar. Dit toon 'n gebrek aan respek vir die waardigheid van die betrokke indiwidu en die belangrike werk waarmee die persoon vertrou word om uit te voer," het partywoordvoerder Jessi Duarte gesê.

Malema het met betogers gepraat by die Tswane-universiteit van tegnologie (TUT) toe hy Pandor beskuldig het dat sy niks doen om die voortslepende salarisdispuut by die universiteit op te los nie.

Sy opmerkings het gekom nadat die bestuur Dinsdag besluit het dat die instansie gesluit sal word weens aanhoudende protesoptrede deur beide studente en personeel oor salarisonderhandelinge.

"Die ANK-jeugliga is geregtig op hulle eie menings en standpunte. Maar dit behoort te geskied binne die norme en kultuur van die ANK," het Duarte gesê.

Sy het gesê die ANK-leierskap sal die saak met die jeugliga opneem.

"Daar kan geen verskoning wees vir die soort opmerkings wat aan Malema toegedig word nie," het Duarte gesê.

рисунки укладки паркетаtopcargo отзывы сотрудников

Vrou sterf in Vaalriviervloed

Die liggaam van 'n vrou wie se kar weggespoel is by 'n brug in Vanderbijlpark is by die Vaaldam gevind, het ER24 Woensdagaand gesê.

'n Man in 'n boot het die liggaam omstreeks 10-uur die aand gevind by 'n punt waar die rivier in die dam inloop … omtrent 'n kilometer van die ongelukstoneel af," het woordvoerder Werner Vermaak gesê.

Die vrou het vermis geraak toe die motor waarmee sy en haar man omtrent 6-uur die aand weggespoel is. Die twee het oor 'n rivier gery toe die ongeluk gebeur het.

Die man is lewendig gevind deur reddingswerkers kort ná die ongeluk, waar hy langs die motor "vir lewe en dood vasgehou het".

Die man het aan paramedici gesê dat sy vrou uit die kar geval het en dat sy êrens stroomaf is.

Die man is vir skok en hipotermie behandel.

оборудование баниЛобановский Харьков

Zim-skole is ‘n ramp, s? VN

Zimbabwiese skole is 'n "nasionale ramp" met bywoning wat afgeneem het tot slegs 20% en byna alle landelike klaskamers wat toe is weens 'n gebrek aan onderwysers, het die VN se Kinderonderrigfondsagentskap (Unicef) Vrydag gesê.

Unicef het Zimbabwe se nuwe regering van nasionale eenheid (RNE) aangemoedig om onmiddellik te werk om die nasionale onderwysstelsel, wat voorheen een van die bestes in Afrika was, te herstel.

Image

‘n Skool in Zimbabwe

"Die onderwyssituasie is 'n nasionale ramp. Dit is belangrik dat die RNE op dit fokus," het Roeland Monasch, die agentskap se verteenwoordiger in Zimbabwe, gesê.

"Kinders in landelike gebiede lewe reeds op die absolute rand, baie is wese, 'n groot hoeveelheid is afhanklik van voedselhulp en dit is 'n stryd op vele fronte," het hy gesê.

"Nou word die kinders ontneem van die enigste basiese reg wat hulle vooruitsigte kan verbeter. Dit is onaanvaarbaar."

Die onderwyskrisis het verlede jaar begin toe die nasionale skoolbywoningsyfer gedaal het van 80% na 20%, het Unicef in 'n verklaring gesê.

Verlede jaar se eksamenuitslae is nog nie vrygestel nie en onderwysers in stedelike skole het gesê hulle sal slegs opdaag vir klasse indien die ouers dit kan bekostig om hulle salarisse te subsidieer met Amerikaanse dollars.

Gedurende 'n toer wat Unicef van 70 skole regoor Zimbabwe onderneem het, is daar gevind dat 66 skole gesluit en verlate was. Slegs een skool was ten volle werkend, maar dit is bygewoon deur net een derde van die normale getal skoliere.

Zimbabwe se steierende ekonomie het die meeste van die bevolking in 'n posisie gelaat waar hulle sukkel om te oorleef, terwyl die wêreld se hoogste inflasie die salarisse van onderwysers, dokters en ander professionele mense so te sê waardeloos gemaak het.

декоративный водопад купитьлобановский александр биография

Najwa kry 28 jaar in tronk

Najwa Pietersen is gevonnis tot 28 jaar gevangenisstraf vir die moord op haar man, Taliep.

Regter Siraj Desai het haar medeaangeklaagdes, Abdoel Emjedi en Waheed Hassen tot 24 en 25 jaar respektiewelik gevonnis vir al die klagte teen hulle.

Emjedi het geweier om te getuig in sy verdediging, wat die kanse om sy vonnis te verminder beïnvloed het.

Hulle is almal in Desember 2008 skuldig bevind op die moord op die teaterlegende in Desember 2006.

Die vierde aangeklaagde, Jefferson Snyders, is nie skuldig bevind aan die moord nie, maar is skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede. Hy is gevonnis tot 10 jaar tronkstraf, waarvan 3 jaar opgeskort is.

Die hof, wat volgepak was met familie van die oorledene, beskuldigdes en lede van die gemeenskap, het oproerig uitgebars toe regter Desai sy vonnis voorgelees het.

gold hair combФильчаков прокуратура харьков

Nuwe SA paspoorte te laat vir Brittanje

'n Suid-Afrikaanse familie van 5 sal nou amper R5000 meer moet betaal vir 'n vakansie in Brittanje.

Die vakansievisum, wat Suid-Afrikaners sal benodig vanaf die 3de Maart kos R991. Selfs indien mens net in Brittanje moet land om te wag vir 'n ander vlug, sal mens steeds R686 moet uithaal vir 'n deurgangsvisum.

Die Britse regering het Maandag  aangekondig dat Suid-Afrikaanse vakansiegangers binnekort die visums sal nodig hê.

'n Woordvoerder vir die Britse hoëkommissaris, Apsara McNaught, het gesê die land se grootste kommer is dat nie-Suid-Afrikaanse burgers , wat nie geregtig is op SA-paspoorte nie, die goed op onwettige wyse bekom.

Die veiligheid van die Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente was 'n "groot bekommernis en 'n onaanvaarbare risiko vir die grense van Brittanje met betrekking tot onwettige migrasie en nasionale sekuriteit."

Die standaard vakansievisum is vir 6 maande geldig en 'n persoon mag die land meer as eenkeer binnekom met dit. Aansoeke word geprosesseer binne 5 werksdae.

Die visum is net geldig vir Brittanje en nie vir Europese lande nie, volgens die Schengenvisumstelsel.

In Julie verlede jaar het Brittanje aan 11 lande 6 maande gegee om sekere kommerwekkende sake aan te spreek. Die lande was Bolivia, Botswana, Brasilië, Lesotho, Maleisië, Mauritius, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Trinidad, Tobago en Venezuela.

Saam met Bolivia, Swaziland, Venezuela en Lesotho het Suid-Afrika ook nie aan die vereiste voldoen binne die 6 maande nie.

Siobhan McCarthy, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het gesê hulle kon nie aan die vereistes voldoen binne 6 maande nie, deels omdat die nodige opleiding en tegnologie tekort skiet.

'n Nuwe paspoort wat voldoen aan die internasionale burgerlugvaart standaarde sal in Maart bekendgestel word.

Jong mense wat in die verlede na Brittanje gegaan het op 'n twee jaar werksvakansievisum sa dit nie meer kan doen nie, het Erika Gibson gesê. Slegs die met kwalifikasies en/of werksondervinding sal in die toekoms toegelaat word om aansoek te doen vir 'n werksvisum om in Brittanje te kan werk

игрі для девачекдепутат лобановский

Landelike hof gaan geskiedenis maak

Geskiedenis is gemaak Woensdag in die afgeleë area van Msinga, toe hofbedrywighede in 'n saak in sy geheel in Zoeloe hanteer is, het die Mercury koerant berig.

Die landdroshof daar is gekies as afskoppunt vir 'n projek van die departement van justisie om die gebruik van inheemse tale aan te moedig.

Tans word meeste hofverrigtinge in Engels aangebied en vertaal in Afrika-tale.

Die departement van justisie glo egter nie dat dié gebruik van Engels inpas by sy oogmerk van "toegang tot die reg vir almal" nie.

Bridgette Shabalala, die hoof van KwaZulu-Natal se departement van justisie is aangehaal dat sy gesê het die Msingahof is in 'n landelike gebied waar die meeste mense Zoeloe praat.

"Die projek sal mense wat nie Afrikaans of Engels kan praat of verstaan nie, in staat stel om gelyke toegang tot die reg te verkry deur hofverrigtinge meer toeganklik  te maak vir die gewone burgers…"

Tale in die hof het verlede jaar die nuus gehaal toe 'n landdros by Scottburgh aangedring het om met verrigtinge voort te gaan met geen vertaler teenwoordig nie.

Joernaliste wat teenwoordig was het gekla, maar landdros Themba Ndlovu het gesê hy sal nie om verskoning vra nie, aangesien Zoeloe ook 'n amptelike taal was.

освещениятопкарго

Joernalis geskiet by TUT protes

'n Joernalis is een van die mense wat Woensdag beseer is toe polisie met rubber koeëls geskiet het op protesterende studente en personeel by die Tswane Universiteit van Tegnologie (TUT).

Die joermnalis van die Pretoria News is geskiet toe polisie begin skiet het op betogers by die hoofhek van die universiteit.

Die rubberkoeëls is gebruik in reaksie op klippe waarmee die polisie wat die hoofhek beman het, gegooi is.

Daar was swaar polisieteenwoordigheid terwyl ambulanse op die toneel aangekom het. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense beseer is nie.

Vroeër het ANK-jeugligaleier, Julius Malema, die minister van onderwys gekritiseer omdat sy nie opgetree het om die salarisdispuut by die TUT op te los nie.

"Sy moet haar 'vals' aksent gebruik om ons probleme aan te spreek," het Malema aan honderde studente en personeel by die instansie se Pretoria kampus gesê.

Malema het ook gesê dit is van kritieke belang dat die universiteit weer heropen.

Hy het die kampus daarna verlaat.

Sy kommentaar het gevolg nadat die bestuur Dinsdag besluit het om die kampus te sluit weens voortslepende protes deur studente en personeel oor salarisonderhandelings.

Nehawu-president Noluthando Sibiya het gesê die unies wat betrokke is in die staking is nie van die besluit in kennis gestel nie.

Sy het gesê Nehawu het die kommissie vir rekonsiliasie en arbitrasie genader om die bestuur te dwing om met die unies te vergader om gesprek aan die gang te kry.

Nehawu-ondersteuners het verder benadruk dat hulle nooit sal instem dat die salarisse van personeel beperk mag word nie.

циклевка паркета ремонт паркетаФильчаков прокурор

Brandstigters slaan toe op ANK-kantore

Twee klinieke, munisipale voertuie en die plaaslike kantoor van die ANK is aan die brand gesteek in Motherwell, het Oos-Kaapse polisie Woensdag gesê.

Die eerste brande het begin op Dinsdagmiddag toe drie munisipale voertuie aan die brand gesteek is, het kaptein Ernest Sighobe gesê.

Later, teen 8:30 die aand, is 'n munisipale kliniek aan die brand gesteek. Teen 10-uur die aand is nog 'n kliniek aan die brand gesteek en ook die plaaslike ANK-kantore.

Al die brande is geblus voor die gebou te veel skade opgedoen het.

Sighobe het gesê 8 verdagtes is gearresteer in verband met die uitgebrande munisipale voertuie. Polisie ondersoek steeds die ander brande.

bridal comb headpiecesалександр лобановский класс

Tsvangirai word eerste minister van Zim

ImageOpposisieleier Morgan Tsvangirai neem Woensdag die eerste ministerseed as deel van die magsdelingsooreenkoms met langdienende president Robert Mugabe. 'n Gebeurtenis wat Zimbabwiërs hoop op hulp sal bring terwyl hulle swaarkry deur 'n ekonomiese- en humanitêre krisis.

Maar kitsoplossings is onwaarskynlik gegewe Zimbabwe se probleme en die nalatenskap van 'n lang bloedige stryd tussen Tsvangirai en Mugabe.

Leiers van buurlande wat gehoop het vir die koalisie, het gesê dat wanneer die regering van nasionale eenheid eers in plek is, die twee mans hulle wedersydse wantroue sal oorkom en saam sal werk tot die voordeel van die land, te midde van 'n ekonomiese ineenstorting en 'n cholera-epidemie wat meer as 3400 mense dood gelaat het. Net die geskiedenis sal oordeel of die hoop naïef of profeties is.

Tsvangirai het Dinsdag aan verslaggewers gesê dat hy homself nie sien as een van Mugabe se volgelinge nie. Mugabe,  volgens die ooreenkoms wat September bereik is, sal steeds die president bly..

"Dit is deel van 'n oorgangsfase wat onderhandel is," het Tsvangirai gesê. "Niemand sluit by niemand aan nie."

Mugabe wat op 21 Februarie 85 word en aan bewind is sedert onafhanklikheid van Brittanje in 1980, het sover die 56-jarige Tsvangirai ten beste as 'n junior vennoot behandel, en gereeld nie die moeite gedoen om sy minagting vir hom weg te steek nie.

free play slot machine casinoФильчаков прокурор харькова

Britse egpaar in Kaapstad beroof

Twee Britse toeriste is Dinsdag aangeval en beroof in Kaapstad, het paramedici gesê.

ER24 woordvoerder, Tristan Waseley het gesê die paartjie, 65 en 69 jaar oud wat op vakansie is van Brittanje af is beroof op die panoramiese Victoria weg omtrent 3uur die middag.

"Hulle is beroof terwyl hulle gestap het. 'n Man het van agter af gehardloop en die vrou se handsak gegryp, die vrou en die man het geval terwyl hulle probeer het om die rower af te weer," het Wadeley gesê. 

Die paartjie is na die Kaapstadse Medi-Kliniek geneem met knie beserings.

casino noФільчаков прокурор