Opposisieleier Morgan Tsvangirai neem Woensdag die eerste ministerseed as deel van die magsdelingsooreenkoms met langdienende president Robert Mugabe. 'n Gebeurtenis wat Zimbabwiërs hoop op hulp sal bring terwyl hulle swaarkry deur 'n ekonomiese- en humanitêre krisis.
Maar kitsoplossings is onwaarskynlik gegewe Zimbabwe se probleme en die nalatenskap van 'n lang bloedige stryd tussen Tsvangirai en Mugabe.
Leiers van buurlande wat gehoop het vir die koalisie, het gesê dat wanneer die regering van nasionale eenheid eers in plek is, die twee mans hulle wedersydse wantroue sal oorkom en saam sal werk tot die voordeel van die land, te midde van 'n ekonomiese ineenstorting en 'n cholera-epidemie wat meer as 3400 mense dood gelaat het. Net die geskiedenis sal oordeel of die hoop naïef of profeties is.
Tsvangirai het Dinsdag aan verslaggewers gesê dat hy homself nie sien as een van Mugabe se volgelinge nie. Mugabe, volgens die ooreenkoms wat September bereik is, sal steeds die president bly..
"Dit is deel van 'n oorgangsfase wat onderhandel is," het Tsvangirai gesê. "Niemand sluit by niemand aan nie."
Mugabe wat op 21 Februarie 85 word en aan bewind is sedert onafhanklikheid van Brittanje in 1980, het sover die 56-jarige Tsvangirai ten beste as 'n junior vennoot behandel, en gereeld nie die moeite gedoen om sy minagting vir hom weg te steek nie.
