WHO waarsku teen komende politieke onrus

Die globale ekonomiese krisis kan politieke onrus laat ontstaan soortgelyk aan dít wat gedurende die 1930s gesien is, het die hoof van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) Saterdag in 'n Duitse koerant gesê.

"Die krisis versprei vandag vinniger as wat dit in die groot depressie gedoen het en raak meer lande tegelyk," het Pascal Lamy aan Die Welt-koerant gesê.

Gevra oor politieke onstabiliteit, het Lamy – wat in September sy termyn as direkteurgeneraal van die WHO afsluit – gesê dat dit die "grootste gevaar" was.

"Die krisis plaas baie druk op politiek en bedreig die vrede," het hy gesê.

"Sommige demokrasieë is oud en stabiel genoeg om sulke probleme te oorkom, maar ander gaan gekonfronteer word met intergeloof- en inter-etniese konflikte."

Hy het voorts gewaarsku teen proteksionisme en gesê dit is "te maklik" vir nasies om handelskanse op te sit in reaksie teen die ekonomiese en finansiële afplatting.

Die WHO wat in Januarie 1995 gestig is, en nou 153 lidlande het, se mandaat is om internasionale handel te liberaliseer.

games onlineДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae