Najwa Pietersen is gevonnis tot 28 jaar gevangenisstraf vir die moord op haar man, Taliep.
Regter Siraj Desai het haar medeaangeklaagdes, Abdoel Emjedi en Waheed Hassen tot 24 en 25 jaar respektiewelik gevonnis vir al die klagte teen hulle.
Emjedi het geweier om te getuig in sy verdediging, wat die kanse om sy vonnis te verminder beïnvloed het.
Hulle is almal in Desember 2008 skuldig bevind op die moord op die teaterlegende in Desember 2006.
Die vierde aangeklaagde, Jefferson Snyders, is nie skuldig bevind aan die moord nie, maar is skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede. Hy is gevonnis tot 10 jaar tronkstraf, waarvan 3 jaar opgeskort is.
Die hof, wat volgepak was met familie van die oorledene, beskuldigdes en lede van die gemeenskap, het oproerig uitgebars toe regter Desai sy vonnis voorgelees het.
