Nuwe SA paspoorte te laat vir Brittanje

'n Suid-Afrikaanse familie van 5 sal nou amper R5000 meer moet betaal vir 'n vakansie in Brittanje.

Die vakansievisum, wat Suid-Afrikaners sal benodig vanaf die 3de Maart kos R991. Selfs indien mens net in Brittanje moet land om te wag vir 'n ander vlug, sal mens steeds R686 moet uithaal vir 'n deurgangsvisum.

Die Britse regering het Maandag  aangekondig dat Suid-Afrikaanse vakansiegangers binnekort die visums sal nodig hê.

'n Woordvoerder vir die Britse hoëkommissaris, Apsara McNaught, het gesê die land se grootste kommer is dat nie-Suid-Afrikaanse burgers , wat nie geregtig is op SA-paspoorte nie, die goed op onwettige wyse bekom.

Die veiligheid van die Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente was 'n "groot bekommernis en 'n onaanvaarbare risiko vir die grense van Brittanje met betrekking tot onwettige migrasie en nasionale sekuriteit."

Die standaard vakansievisum is vir 6 maande geldig en 'n persoon mag die land meer as eenkeer binnekom met dit. Aansoeke word geprosesseer binne 5 werksdae.

Die visum is net geldig vir Brittanje en nie vir Europese lande nie, volgens die Schengenvisumstelsel.

In Julie verlede jaar het Brittanje aan 11 lande 6 maande gegee om sekere kommerwekkende sake aan te spreek. Die lande was Bolivia, Botswana, Brasilië, Lesotho, Maleisië, Mauritius, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Trinidad, Tobago en Venezuela.

Saam met Bolivia, Swaziland, Venezuela en Lesotho het Suid-Afrika ook nie aan die vereiste voldoen binne die 6 maande nie.

Siobhan McCarthy, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het gesê hulle kon nie aan die vereistes voldoen binne 6 maande nie, deels omdat die nodige opleiding en tegnologie tekort skiet.

'n Nuwe paspoort wat voldoen aan die internasionale burgerlugvaart standaarde sal in Maart bekendgestel word.

Jong mense wat in die verlede na Brittanje gegaan het op 'n twee jaar werksvakansievisum sa dit nie meer kan doen nie, het Erika Gibson gesê. Slegs die met kwalifikasies en/of werksondervinding sal in die toekoms toegelaat word om aansoek te doen vir 'n werksvisum om in Brittanje te kan werk

игрі для девачекдепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae