Joernalis geskiet by TUT protes

'n Joernalis is een van die mense wat Woensdag beseer is toe polisie met rubber koeëls geskiet het op protesterende studente en personeel by die Tswane Universiteit van Tegnologie (TUT).

Die joermnalis van die Pretoria News is geskiet toe polisie begin skiet het op betogers by die hoofhek van die universiteit.

Die rubberkoeëls is gebruik in reaksie op klippe waarmee die polisie wat die hoofhek beman het, gegooi is.

Daar was swaar polisieteenwoordigheid terwyl ambulanse op die toneel aangekom het. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense beseer is nie.

Vroeër het ANK-jeugligaleier, Julius Malema, die minister van onderwys gekritiseer omdat sy nie opgetree het om die salarisdispuut by die TUT op te los nie.

"Sy moet haar 'vals' aksent gebruik om ons probleme aan te spreek," het Malema aan honderde studente en personeel by die instansie se Pretoria kampus gesê.

Malema het ook gesê dit is van kritieke belang dat die universiteit weer heropen.

Hy het die kampus daarna verlaat.

Sy kommentaar het gevolg nadat die bestuur Dinsdag besluit het om die kampus te sluit weens voortslepende protes deur studente en personeel oor salarisonderhandelings.

Nehawu-president Noluthando Sibiya het gesê die unies wat betrokke is in die staking is nie van die besluit in kennis gestel nie.

Sy het gesê Nehawu het die kommissie vir rekonsiliasie en arbitrasie genader om die bestuur te dwing om met die unies te vergader om gesprek aan die gang te kry.

Nehawu-ondersteuners het verder benadruk dat hulle nooit sal instem dat die salarisse van personeel beperk mag word nie.

циклевка паркета ремонт паркетаФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae