Was Jan-Jan Joubert ‘n staatmaker van die Volkspelelaer?

As ek nou die foto korrek eien, was hierdie meneer Joubert in die jare 70 student by die UOVS.  As ek dit nie mis het nie, het ek sy gesiggie by die Staatmakerkommando en die Volkspelegroep se byeenkomste gesien.

Die kultuurskok was seker te veel vir sy tenger gestel. Slaan toe sommer agterent-oor-kop om na die arrogante skrywer van "Ek is ingelig – hou my dop-faam '. Ai, ai, ai. Vandaar geniet ek Anton Barnard se mening n.a.v. die kultusfiguur, Rektor Jansen (hoofletters as u blief), tot in my murg. Sal maar sien wie het bek, en wie het binnegoed as die glorie op my se alma mater neerstuif.

фундамент под генераторДанильченко Юрий Харьков

Jansen begryp min van taalstryders se motiewe

Image

Dit blyk uit prof. Jonathan Jansen se artikel 'n Probleem met houding dat hy maar min begryp van die werklike motiewe van die taalstryders.

Hy beweer dat dit vir baie van hulle om die behoud van mag gaan. Watter mag het die taalstryders wat hulle sou wou behou?

Dit gaan vir hulle om die voortbestaan van Afrikaans – onder meer as onderwystaal.

Die werklike rede vir die taalstryd is die maghebbers se benadeling van Afrikaans.

Daar was geen taalstryd voordat onderwysdepartement e begin het om sommige Afrikaanse skole se taalmedium te verander, en die gebruik van die taal by histories Afrikaanse universiteite soos dié van Stellenbosch en Pretoria so ingekort is dat bepaalde vakke glad nie meer in Afrikaans gedoseer word nie.

Die howe het die taalstryders gelyk gegee in ’n hele paar gevalle waar departemente Afrikaanse skole se taalmediumbeleid wou verander.

Wil Jansen eintlik sê dit was verkeerd om in sulke gevalle vir die taal te veg?

Jansen praat van die “afdwing” van Afrikaans, maar geen taal is in ons geskiedenis in so ’n groot mate afgedwing as Engels in die afgelope 200 jaar nie – veral nou weer in die laaste vyftien jaar.

Geen taalstryder wil Afrikaans afdwing op ander nie; al wat ons vra, is “ ’n vaste plek vir Afrikaans”, soos Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer in hul boek met hierdie titel vra.

Behandel Afrikaans billik, en die taalstryd sal ophou.

светодиодная люстра круглая с пультомФільчаков Олександр Васильович прокурор

Kovsies se nuwe Engelse rektor

Image

In Sondag se Rapport verskyn 'n onderhoud met Prof. Jansen oor sy aanstelling as rektor en visie-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat. Die artikel se kopteks lui heel onheilspellend: "Oor 'n jaar sal jy die UV nie herken nie". Daar gaan allerlei transformasies plaasvind, want Kovsies ly nog steeds onder die aangeplakte stigma van die bose, ongetransformeerde wit studente wat op die verkeerde plek op die verkeerde tyd 'n ontgroeningsgrap uitgehaal het.

Jansen verraai nie net sy rasse-obsessie in hierdie artikel nie, maar op die koop toe ook sy misnoeë, of onkunde, met formele Afrikaans. Toegegee, miskien is ek so effens 'ongetransformeer' in my opvattings oor mense in hoë poste, maar uitdrukkings soos "daar is nog nie closure nie", of "…hoe self-righteous ek was", en les bes "as jy tien jaar terug gesê het ek is 'n token het ek jou gemoer!" – is nou nie die taal wat ek van 'n rektor verwag nie.
 
Dit is tog 'n bietjie vreemd dat iemand wat so fanaties gedrewe is om wittes herop te voed oor 'n koshuisinsident, self ander wil "moer" as jy net iets skeef van hom sou sê oor sy aanstelling. Sy UDF/ANC verlede, tesame met Tutu se invloed wat aan hom 'n Fulbright-beurs aan 'n Amerikaanse universiteit verleen het, is seker genoeg bewys van 'n politieke aanstelling.
 
In sy kantoor, beskryf die joernalis, is daar min versierings, maar sy onlangs geskrewe boek stel hy trots ten toon. En die titel van hierdie boek? Dit lui "Knowledge in the Blood", en dit handel oor die vraagstelling hoekom jong Afrikaners nog nie wil "transformeer" nie, selfs diegene wat in die post-apartheid tydperk gebore en getoë is.

Blykbaar is die hele hedendaagse konteks waarin hulle opgevoed is deurweek van opvattings uit die verlede, en dis hier waar verandering moet plaasvind, aldus die rektor. Vandaar dat hy pleit dat jong Afrikanertjies ingepeper moet word met verhale van wittes wat swart ideologieë gesteun het, of Hoetoe's wat Toetsi's gesteun het en derglike verhale.

Hul eie geskiedenis, wat al 350 jaar hul identiteit gevorm het moet onder die groot tapyt van die vergangklikheid gevee word. Sonder skroom trek hy vergelykings met die Holocaust en Rwanda se volksmoord.
 
Dit skeel hom blykbaar min dat Afrikatale tydens apartheid spronge vooruit gegaan het, en dat swartes in Suid-Afrika danksy apartheid beter geletterd was as swartes aan sy alma mater in die Verenigde State. Die één les wat ons hieruit kan haal, is dat ondanks die miljarde-investeringe om swartes op te hef, insluitende hul 9 universiteite (terwyl Afrikaners so iets soos 5 gehad het), is Oehoeroe nog altyd 'n reële gevaar sodra die kasteelmuur van blanke oorlewing val.
 
Jansen pleit in sy boek dat daar geen maatskaplike of genetiese "essensie" is wat 'n mens tot haat of liefde oorhaal nie. 'n Mens wonder dan waarom hy – in sy eie woorde – wittes so gehaat het. Tog laat dit 'n mens wonder: haat en liefde is universele menslike eienskappe. Blykbaar moet daar tog iets inherents aanwesig wees in 'n mens om hierdie eienskappe voort te bring. Jansen het nog vòòr sy avonture in Amerika aan Wits gestudeer, tydens apartheid nogal, maar desondanks haat hy wittes hieroor.  
 
Hoe dan ook, dit bewys dat ons onsself liewer kan distansieer van die Marxistiese opvatting dat armoede 'n mens tot radikalisme dryf. Dit lyk asof die beter-gesitueerdes radikaler begin word, as dit nie altyd al so was nie. Ek dink dit was Trotski wat op 'n stadium so tussen neus en lippe deur gesê het dat die gewone gepeupel tog maar net 'n klomp onnosel kuddediere is, wat beteken dat hulle na willekeur opgeoffer mag word aan die Groter Saak. Jansen se transformasietaal herinner nogal sterk hieraan.
 
Jansen en kie het die universiteite wat hulle destyds op 'n skinkbord ontvang het heeltemaal verpes met hul eindelose politieke aktivisme, en nou is Kovsies die volgende wat in daardie skrootwerfmeule geplet moet word.
 
Dit is hoog tyd dat ons plan moet maak en kyk of ons nie Afrikaanstalige lang-afstand universiteite kan open nie, hoewel daar blykbaar al derglike stappe onderneem word. Stel jou voor jy kry les in Afrikaans vanuit byvoorbeeld Nederland of België (of selfs Engeland, vanwee die groot aantal geleerde Afrikaners aldaar – dit sal nou 'n lekker dwarsklap na Milner se gees wees!), teen bekostigbare tariewe. Dit mag dan geen onafhanklike eie staat wees nie, maar ten minste is ons jong mense gespaar van fanatiese Afrikanerhaters soos Jansen se ideologiese breinspoelery, en dan tegelykertyd profiteer hulle van internasionaal-erkende wetenskaplike onderwys.
 
Laat ons eerlik wees: Om 'n Afrikanerhater in 'n tradisionele, Afrikaanse hoër onderwysinstelling aan te stel is geensins eerbiedwaardig nie, maar net die soveelste platform waarmee die regerende elite skaamteloos arrogant sy idee van nuwe swart baasskap kan uitbasuin. Dit ly by my geen twyfel dat die ANC doelbewus die Reitz-insident vir daardie doeleinde gekaap het nie.
 
As Jansen werklik wil weet wat mense tot haat of liefde oorhaal, kan hy beter begin deur sy eie neo-imperialistiese transformasieplanne te bevraagteken wat hy so graag op ander wil afdwing.
 

форма 026уАлександр Фильчаков прокурор

VF+ waarsku ANC en Jansen

Image

Abrie Oosthuizen

Die VF Plus se leier in die Vrystaat, mnr. Abrie Oosthuizen, het die ANC se onlangse uitlatings met betrekking tot die Universiteit van die Vrystaat (UV), in ‘n mediaverklaring sterk veroordeel.

Mnr. Neels van Rooyen, ANC-wetgewerlid, het tydens Maandag 29 Junie 2009 se wetgewersitting in ’n mosie gesê dat die nuwe rektor van die UV, prof. Jonathan Jansen, die UV moet transformeer en dat die ANC-regering nie sal huiwer om in te gryp as transformasie aan die UV nie na wense is nie.

Die UV se hoofkampus het 27157 geregistreerde studente en van hierdie studente is 17679 (65%) swart en 15689 (57%) vroulik.  Indien die studente-getalle van die QwaQwa- en Vista-kampusse in berekening gebring word, is die verhouding swart-wit nog groter.  Verder is koshuise aan die UV vanaf 2008 drasties getransformeer en het die tradisioneel wit koshuise ’n integrasiesyfer van nagenoeg 30%, terwyl tradisioneel swart koshuise onder die 1% geïntegreer is.

“Dit is kommerwekkend dat die ANC-regering se klem steeds so drasties op rasse-integrasie en transformasie is,” het Oosthuizen gesê.  Die ANC se klem moet eerder na die verbetering van akademiese standaarde verskuif.

Die VF Plus waarsku prof. Jansen om nie soos sy voorgangers onder hierdie politieke druk te swig nie, maar eerder te fokus op die uitbou van die UV as ‘n instituut van uitnemendheid.  “Dit blyk dat die ANC nooit tevrede gaan wees totdat die getal wit studente aan tersiêre instellings absoluut gering is nie en Afrikaans heeltemal as onderrigtaal verdwyn nie,” het Oosthuizen bygevoeg.

mga gamesлобановский александр компромат

Die Reitz-dubbelstandaard

Image

Reitz-koshuis

Met die aanstelling van die nuwe rektor by die Universiteit van die Vrystaat, prof. Jansen, kom die holrugperd weer te voorskyn! Volgens prof. Jansen moet sielkundiges die voorval weer van voor af oopkrap om die "nuwe tipe rassisme" te ondersoek wat klaarblyklik by Reitz voorgekom het. Dalk het dit tyd geword dat ons weer die voorval ondersoek en bietjie kyk wat regtig daar gebeur het.

Die betrokke studente het ’n kort film gemaak, in opdrag van die koshuis se seniors vir hulle kultuuraand. Hierdie aande is vol vermaak met opvoerings en films oor sake wat die studente raak. In hierdie selfde tyd het die rektor, prof. Fourie, die konsep van "gedwonge integrasie" op die tafel gelê.

Om die inhoud van die film te verstaan, moet ons eers kyk na die omstandighede waarin die studente toe was. Ná menigte pleidooie van verskeie studente en organisasies was dit duidelik dat die bestuur van die universiteit nie enige aandag gegee het aan die studente se versoeke of voorstelle oor die nuwe beleid nie. Hierdie studente is skielik gekonfronteer met die realiteit dat hulle moontlik hulle kamers moes deel met iemand van ’n ander kultuur, taal en geloof. Dink jouself gou in wat gaan jou reaksie wees as jy vanaand jou slaapkamer en badkamer moet deel met iemand van ’n ander kultuur. Nie net verskil julle gewoontes en smaak nie, maar hierdie persoon wat nou skielik in die nag langs jou lê en slaap, word ook bo jou bevoordeel deur die beleid van "regstellende aksie".

Is dit so verregaande om te dink dat die gedagte hieraan die studente onstel het? Ek sou ook omgekrap wees as ek vanaand my "leefplek" moes deel met iemand wat dalk wêrelde van my verskil! Dit is in hierdie magtelose, verwarde en moedelose geestestoestand wat die studente verkeer het. Hulle breek egter nie die universiteit af nie, hulle spoeg en slaan nie die skoonmakers nie en hulle vloek en beledig nie swart studente nie. Hulle maak ’n humoristiese film oor hoe ’n moontlike ontgroening sou lyk as die beleid van gedwonge integrasie ingefaseer sou word.

Vir hulle film gebruik hulle die swart mense met wie hulle die beste verhouding het, naamlik die skoonmakers. Hulle slaan en vloek egter nie die skoonmakers soos wat mens van rassiste verwag nie, maar gebruik hulle slegs as akteurs of dan aktrises in hierdie film. Dit kom in die film na vore dat die skoonmakers die "speletjies" amper geniet. Dit is duidelik dat dit in goeie gees gedoen is en dat die studente se doelwit nooit was om die skoonmakers te verneder, te mishandel of leed aan te doen nie. Wat ook later uitgekom het, was dat die studente en die skoonmakers ’n goeie verhouding gehad het.

Op hierdie tydstip is dit nog alles vir al die betrokkenes ’n grap. Die volgende oomblik bars die bom!

As mens gaan kyk na hoe die gebeure daarna ontvou het, is dit duidelik dat die skuldiges in die Reitz-debakel nie die studente was nie, maar eerder die bestuur van die universiteit, die media se beheptheid met sensasie sowel as die oningeligte massas wat almal genot put uit sulke situasies. Baie min mense het gaan stilsit en die situasie mooi bestudeer, maar duisende "Christene" het van vroeg tot laat hierdie studente veroordeel.

Hierdie Afrikaner-Christene wat so vinnig was om te veroordeel, maar geen genade of simpatie kon bewys nie, nog minder vergifnis of naasteliefde, is maar net een van die voorbeelde van dubbele standaarde waarmee die voorval deurspek was!

Die media het die aantygings dat hulle sensasiejagters is, ontduik met die verskoning van vryheid van spraak, sowel as hulle plig om die waarheid die lig te laat sien. Snaaks genoeg dat hulle hierdie voorval soveel as moontlik lugtyd gegee het, terwyl die R3 miljoen se skade wat hoofsaaklik deur swart studente aangerig is stil-stil weggesteek is, sowel as die talle voorvalle van intimidasie, dreigemente en blatante rassistiese voorvalle van swart studente teenoor wit studente. Weereens was dit ’n dubbele standaard wat toegepas was. Die buitelandse media was geskok oor die film, maar het nooit die volle waarheid vertoon nie. Regverdig?

’n Aspek wat ook baie min aandag geniet het, is die reg op vryheid van spraak sowel as die reg van kunstenaars op hulle intellektuele eiendom. Met die maak van hierdie fiktiewe werk is daar mos logies intellektuele eiendom ter sprake. Die "vervaardigers" van hierdie film moes na regte vergoed word vir hierdie "werk". Hierdie film is op al wat media is, uitgesaai (wat duisende kykers wêreldwyd getrek het en kykersgetalle opgestoot het), maar was daar ooit toestemming van die persone wat die "regte" besit het? Dit is duidelik dat hierdie media-agente finansiële voordeel uit die sensasie-aspek getrek het! Die volgende gedagte wat hiermee saam gaan, is die feit dat die vrouens as akteurs opgetree het. Dit skep dus ’n presedent dat wanneer ons ’n film maak, met inhoud waarmee sommige mense nie saamstem nie, dan word ons as rassiste uitgebeeld! Hierdie film moet hanteer word soos enige ander film wat vervaardig is, en gesien word onder die reg op spraakvryheid.

Nou is die argument dat vryheid van spraak opgeskort word wanneer dit rassehaat aanblaas. As dit die geval is, dan staan die media en die bestuur van die universiteit weereens skuldig! Die sensasie wat die media geskep het rondom hierdie film het gelei tot rassehaat! Indien die universiteit die film gesien het in die konteks waarin dit vervaardig is en die media toegang tot die film geweier het, sou daar nie rassehaat gevolg het nie. Weereens word ’n gevaarlike presedent geskep. Dit beteken as iemand ’n opmerking in ’n privaat gesprek maak, kan die media dit buite konteks kommunikeer en dan is daardie individu skuldig aan die rassehaat wat volg. Dít, terwyl dit eintlik die media is wat die rassehaat veroorsaak!

Van al die dubbele standaarde wat toegepas is, is die bestuur van die UV egter die heel grootste sondebok. Die hele situasie kon ontlont word deur goeie bestuur, maar hierdie bestuurslede kon nie wag om saam met die res van die massas die betrokke studente te kruisig nie. Die een slag toe daardie studente leiding en hulp van die rektor moes kry, laat hy hulle in die steek en ’n paar weke later hardloop hy weg!

Dieselfde bestuur van die universiteit, wat hulle beleid van gedwonge integrasie regverdig deur dit ’n teken van versoening te noem, pas nou nie hulle eie beleid toe nie. Hierdie was die perfekte geleentheid om ’n pad te stap met hierdie studente en die Reitz-koshuis en hulle te probeer help om regtig te versoen deur ander kulture aan hulle voor te stel. Maar, nee! Die bestuur maak sommer die hele koshuis toe! Hoe pas dit in die versoeningsboodskap in? Die hele idee met integrasie is om studente soos hierdie te help om ander kulture beter te leer ken, maar die universiteit jaag eerder hierdie studente weg! Die presedent wat geskep word: offer jou vryheid van assosiasie op of waai! Nie een van die swart studente wat skuldig was aan die rassistiese aanmerkings, dreigemente of vandalisme is geskors nie. Die presedent: As jy swart is, kan jy maak wat jy wil; as jy wit is, moet jy fyn trap!

Swak bestuur, die media en die publiek se vinnige oordeel was die petrol op hierdie vuur en hierdie vuur het ’n paar jong mense se lewens verteer. Niemand het tyd gemaak om hulle te help nie; almal het tyd gehad om hulle te veroordeel!

Regverdig dit die film? Nee. Hierdie jong mense was in ’n simpel situasie en hulle het ’n dom ding gedoen. Na regte moes hulle gestraf word, die saak intern hanteer word en ’n pad met hulle gestap word. Dit wil al meer voorkom of daar ’n voorbeeld van hierdie studente gemaak is. Dit moet dien as ’n waarskuwing vir jong mense sodat hulle maar net slaafs sal inval by wat universiteitsbestuur kwyt raak. "Nee, julle mag nie ’n opinie hê nie anders skors ons julle!"

Net toe dit lyk of die hele Reitz-chaos tot ’n einde gekom het, verskyn prof. Jansen op die toneel. In sy uitsprake maak hy dit duidelik dat hy die voorval tot op die been gaan oopvlek. Wat wil hy hiermee bereik, behalwe om ou wonde weer oop te maak? In plaas van nuwe idees en nuwe planne, dring hy daarop aan dat ons weer terug moet gaan en die Reitz-storie oor en oor moet herleef. Hy praat van versoening maar weier om die voorval te vergeef, dit moet nog meer holrug gery word, selfs al was daardie jong manne nie eers rassisties nie! In hierdie geval moet hy, prof. Jansen, verantwoordelikheid aanvaar vir enige rassehaat wat weer uitbreek…

дизельные компрессорыФильчаков Харьков

Vrystaatse universiteit sidder voor Jansen-oorname

Image

Jonathan Jansen – verengelsing is op pad

Die uitgesproke aangewese rektor van die Vrystaatse universiteit, Jonathan Jansen, sal vanaf Augustus die leisels by dié universiteit oorneem. Jansen beskou homself as 'n kenner van rassetransformasie en het so pas 'n boek oor die Afrikaner se rasse- en sielkundige profiel gepubliseer.

In 'n Sondagkoerant het Jansen oor die naweek uitgevaar teen Afrikaanse taalstryders en hulle as "kinders" beskryf.

Ná die Reitzhuis-insident van 'n jaar gelede, is die Bloemfonteinkampus deur transformasioniste geoormerk vir grootskaalse veranderings.

Die studentekorps van die universiteit is reeds 65% swart en Engelstalig. So onlangs as die jaar 2000, het die Vrystaatse universiteit maar 9 000 hoofsaaklik Afrikanerstudente gehad. Die rektore Stef Coetzee en Frederick Fourie het egter besluit dat Bloemfontein moet groei deur die maksimum aantal swart Engelse studente te aanvaar.

Die besluit is deels geneem omdat die universiteit verhoogde subsidies van die staat wou ontvang om sodoende salarisverhogings aan die personeel toe te staan. Indertyd het vrese ontstaan dat Bloemfontein van sy hoogs aangeskrewe akademici na die ryker kampusse toe kon afstaan.

Die transformasie van die studentekorps het veral ná Kader Asmal se gedwonge samesmeltings, toe Bloemfontein sowel die Vista-kampus naby Bloemfontein as die tuislanduniversiteit Quaqua geëerf het, snel toegeneem. Volgens 'n ingeligte bron het die universiteit van die 9 000 studente in 2000 gegroei tot 'n huidige 27 000, 'n toename van 300% binne nege jaar.

Terwyl die studentegetalle drasties toegeneem en verswart het, het die personeelkorps egter hoofsaaklik wit en Afrikaans gebly. Tans dien slegs 5 swart lede op die senaat wat uit 180 professore bestaan. Ook die raad van die universiteit, wat tot dusver al die besluite geneem het om die universiteit te transformeer, bestaan uit 'n meerderheid blanke Afrikaners. Die raad bestaan uit 21 lede, waarvan slegs 7 op die oomblik swart is.

Dit was ook hulle wat besluit het om Jansen as rektor in te voer, terwyl die senaat prof. Van Schalkwyk as rektor aanbeveel het. Blykbaar is Jansen spesiaal genader om rektor te word en regter Faan Hancke het by ander personeellede gespog dat hy 'n "vis aan die lyn" het.

Die moontlikheid het op Bloemfontein bestaan om die Vistakampus as 'n Engelse kampus te ontwikkel, aangesien dié kampus plek vir 3 000 studente gehad het. Dit sou vergroot kon word om plek te maak vir die groeiende getal Engelse studente. Pleks daarvan is die infrastruktuur van die hoofkampus egter aangevul en die Vistakampus gesluit, wat die Bloemfonteinkampus onherroeplik op die pad van transformasie en verengelsing geplaas het.

Tans geskied 'n "uittog" van Afrikaanse studente na die Potchefstroomkampus, veral ná die Reitz-insident en die negatiewe publisiteit wat Bloemfontein ontvang het.

Ten einde swakker swart studente te akkomodeer, bied die universiteit tans oorbruggingskursusse aan. Toelatingsvereistes is ook verslap om die maksimum aantal studente te trek waarmee die maksimum bedrag aan staatsubsidie verdien kan word. Bloemfontein ontvang 75% van sy inkomste van die staat, terwyl Stellenbosch byvoorbeeld slegs 43% aan subsidies ontvang en die res uit ander, private bronne.

Slegs 23% van alle studente aan die universiteit van die Vrystaat maak binne die minimumtydperk van drie jaar klaar.

Na verwagting gaan Jansen drasties optree om die blanke Afrikanerpersoneel te verminder en met gekleurdes te vervang. Die universiteit waar D.F. Malherbe in 1918 die eerste professor van Afrikaans ter wêreld geword het, is dus binne minder as 'n dekade deur druk van die ANC, asook die onvermoë of onwilligheid of lafhartigheid van die topbestuur om dit te weerstaan, tot 'n oorwegend Engelstalige, swart kampus omvorm.

Soos op feitlik elke kampus in die land, verkeer Afrikaans en die parallelmediumtaalbeleid tans in Bloemfontein onder geweldige druk en waarskynlik gaan Jonathan Jansen sy eie vorm van die Stellenbosse T-opsie invoer, met tweetalige klasse waar Engels die Afrikaanse taal binnekort gaan verdring.

Weens die armoede van die Vrystaat en Bloemfontein, is geen privaat Afrikaanse universiteit daar moontlik nie. Slegs 'n minderheid studente sal elders in die land waar Afrikaans nog as onderrigtaal bestaan, kan gaan studeer, ook weens finansiële oorwegings. 

Die kanse is dus goed dat Afrikaners in Bloemfontein binnekort hoër onderwys slegs in Engels sal ontvang as Jansen die sweep oor die rassetransformasie van personeel begin klap.

'n Afgetrede amptenaar van die universiteit het gesê dat "hy goddank bly is dat hy betyds kon aftree". Die universiteit ondervind reeds administratiewe probleme om die groot getal studente te hanteer en na verwagting gaan dit toeneem soos wat ervare Afrikanerpersoneel, ook in die administrasie, met kwota-aanstellings vervang word.

casino free betДанильченко Юрий прокурор