Shaik is terminaal siek, s? Balfour

Schabir Shaik, die bedrieër wat op parool vrygelaat is, is “in die finale fase van sy terminale toestand,” het minister van korrektiewe dienste Ngconde Balfour Dinsdag gesê.

Hy het gesê getuienis aangaande Shaik se gesondheid is ingedien by die paroolraad deur drie mediese praktisyns.

“Die 3 mediese praktisyns se saamgestelde getuienis toon ‘n eenparige gevolgtrekking dat mnr. Shaik in ‘die finale fase van sy terminale toestand is’,” het Balfour in ‘n verklaring gesê.

Hy het bygevoeg: “Een het sover gegaan as om te sê dat sy toestand ‘n onomkeerbare punt bereik het.”

“Na ek die inhoud van die verslae wat Dinsdag deur die paroolraad aan my gegee is bestudeer het, stem ek saam dat die besluit wat hulle gemaak het korrek is,” het Balfour gesê.

Balfour het hom uitgespreek teen opposisiepartye. Die DA, die ID en UDM het almal die besluit om Shaik op parool vry te laat, bevraagteken.

Balfour het gesê: “Paroolrade word opgemaak deur lede van die gemeenskap wat aangestel word vanuit die gemeenskap…”

“Ek glo ook dat hulle groot opofferings maak om op die liggame te dien. Ek beskou dus die standpunte wat deur verskeie politieke partye gemaak word oor die saak as gemeen, nalatig en wraakgierig,” het Balfour gesê.

Balfour het gesê Shaik se mediese parool is een van 25 wat toegestaan is sedert April 2008. Hy het gesê dat die misdade wat deur gevangenes gepleeg is nie deur die paroolrade oorweeg word nie, maar slegs hulle mediese besonderhede.

Shaik is op parool vrygelaat vroeër in die dag.

детские велосипеды украинаФильчаков прокурор харькова

BBP polisieman skiet meisie van 17

‘n 17-jarige meisie is dood in die Livingstonehospitaal in Port Elizabeth nadat sy geskiet is deur haar polisiemanvriend, het Oos-Kaapse polisie gesê.

Superintendent Priscilla Naidu het gesê die polisieman was ‘n kaptein in die Port Elizabeth se BBP-beskermingseenheid.

Na bewering het hy sy vriendin omstreeks 1uur die Maandagoggend geskiet toe hulle teruggekom het van die strand af.

Die offisier en sy twee vriende, insluitend die meisie was in sy bakkie naby die strand toe hy sy 9mm pistool uit die paneelkissie gehaal het.

Hy het klaarblyklik gepoog om die wapen veilig te maak toe ‘n skoot afgegaan het. Die koeël is deur sy linkerhand, deur die sitplek en in die maag van die meisie in.

Beide is na die Humansdorphospitaal geneem vir behandeling.

Die polisieman is behandel en ontslaan, terwyl die meisie na die Livingstonehospitaal geneem is vir ‘n operasie om die koeël te verwyder.

Die meisie, van Hankey naby Port Elizabeth is Maandagaand dood van die skietwond.

Oorspronklik is ‘n saak geopen vir die roekelose hantering van ‘n vuurwapen onder die invloed van alkohol, maar ‘n klag van moord is bygevoeg na die meisie dood is.

Die polisiebeampte is nie formeel aangekla nie, maar is opgeneem in die Hunter’s Craig sielkundigeinrigting.

Hy gaan aangekla word na sy ontslag uit dié hospitaal.

МильстримАлександр Фильчаков

Afrikaleier se sluipmoord skok Motlanthe

ImagePresident Kgalema Motlanthe het Maandag sy woede uitgespreek teen die moord van die president van Guinee-Bissau, Joab Vieira.

“Suid-Afrika en die hele SAOG is geskok om te hoor van die koelbloedige moord op die demokraties verkose president van Guinee-Bissau,” het Motlanthe in ‘n verklaring gesê.

Motlanthe het gesê geen woorde kan die internasionale gemeenskap se woede en veroordeling van sulke “monsteragtige dade” ten volle uitspreek nie.

Vieira is vroeg Maandagoggend deur soldate doodgeskiet na die dood op Sondag van die leier van die weermag in ‘n bomaanval op sy hoofkwartiere.

водопроводные насосные станциитопкарго отзыв

Vlugtelingkampinwoners weier om te skuif

Oorblywende buitelanders in die Klerksoord vlugtelingkamp in Akasia, noord van Pretoria wat Maandag gesluit is, het belowe om net daar te bly.

Hulle het gesê hulle sal eerder gearresteer word as om na ‘n ander skuiling te trek.

“Ons is bereid om na enige plek buite Suid-Afrika te gaan. Ons sal nie na enige skuiling in Suid-Afrika gaan nie. Hulle kan ons doodmaak of arresteer,” het kampleier Yilmashwa Taye gesê.

Vlugtelinge het geweier om op busse te klim. Die Twane metropolisie het hulle 15 minute gegee om in die busse te klim of om gearresteer te word.

Omtrent 135 van die 382 mense is steeds by die kamp nadat die Tswane metroraad Maandag die kamp amptelik gesluit het.

Raadswoordvoerder Console Tleane het gesê die besluit om die kamp te sluit is in Augustus verlede jaar geneem.

баня с хамамомлобановский обыск

Mediese afval gaan nuwe krisis veroorsaak

ImageSuid-Afrika is besig om na ‘n nuwe krisis toe te beweeg indien die onwettige storting en opgaar van gesondheidsrisikogemors gaan voortduur.

‘n Plaaslike belangegroep, Health Care Waste Forum, het met die departement van omgewingsake en toerisme en die departement van gesondheid saamgespan om ‘n stop te sit aan die onwettige storting van mediese afval wat ‘n besmettingsrisiko kan behels in Suid-Afrika. Hulle beplan om ‘n konferensie te hou oor die saak.

Tans word beleid ten opsigte van mediese afval individueel bestuur deur die nege provinsiale regerings, wat ‘n groot oorlading van regulering van diensverskaffers  tot gevolg het. Die diensverskaffers moet provinsiale grense oorsteek wanneer hulle afval vervoer en behandel.

casino slotsФільчаков Олександр Васильович прокурор

Limpopo premier bedank

Die premier van Limpopo, Sello Meloto het bedank, het hy Dinsdag aan SAUK nuus gesê. “Ek het gister (Maandag) my bedanking ingedien,” het Meloto gesê.

“Ek sal werk tot die nuwe premier ingesweer word deur ‘n regter,” het hy bygevoeg.

Koerante het Dinsdag beweer dat Meloto ingestem het om die KVP se premierskandidaat in Limpopo te word.

для дівчаток ігрилобановский класс харьков

Shaik gaan vrygelaat word

Schabir Shaik, voormalige finansiële raadgewer van mnr. Jacob Zuma, gaan op mediese parool vrygelaat word. Die redes vir die besluit is nie bekend gemaak nie. Mediese parool word gewoonlik slegs aan terminaal siek gevangenes toegestaan.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het gisteraand bevestig nadat hulle ingelig is van die besluit deur die korrektiewe toesig- en paroolraad van die Durban-Westville-bestuursgebied, het mnr. Manelisi Wolela, DKD-woordvoerder, gesê.

Shaik het tot dusver minder as twee en ’n half jaar uitgedien van sy vonnis van 15 jaar weens bedrog en korrupsie.

купить зарядное устройство для автомобильных аккумуляторовданильченко юрій броніславович компромат

Abdoel Minty dalk hoof van die IAEA

ImageDie 35 lande van die IAEA se bestuursraad is gereed om voort te gaan met die proses om ‘n opvolger te verkies in die plek van die agentskap se direkteurgeneraal Mohamed El-Baradei, wat in November moet uittree na sy derde termyn.

Verlede week het El-Baradei sy mees onlangse verslag bekend gemaak oor Iran wat toon dat die land opgehou het om vrae te beantwoord aangaande beweringe omtrent sy kernprogram.

Omdat Amerika steeds besig is om te besin oor hulle buitelandse beleid, sal hulle nie inmeng in resolusies oor Iran en Sirië by die IAEA-vergadering nie, het diplomate egter gesê.

Later die week sal IAEA-raadslede na verwagting stem om te bepaal wie die opvolger gaan wees van El-Baradei – die Japanese diplomaat Yukiya Amano of die Suid-Afrikaanse diplomaat Abdoel Samad Minty.

Minty is op 31 Oktober 1939 gebore, het in Johannesburg grootgeword en is in Brittanje opgelei. Hy het 'n lang geskiedenis van aktivisme. Hy was tussen 1962 en 1995 ereseketrtaris van die Britse Anti-Apartheidsbeweging. Minty was 'n groot teenstander van militêre en kernsamewerking met die ou orde en is ondersteun deur die Sweedse eerste minister Olof Palme, David Steel van Brittanje en Coretta Scott King, vrou van Martin Luther King. 

Sy studie oor Suid-Afrika se toentertydse verdedigingstrategie in 1969 is deur die Anti-Apartheidsbeweging gebruik om militêre samewerking tussen Brittanje en Suid-Afrika op te skort tydens die Simonstadooreenkoms.

Sy volgehoue aktivisme het daartoe gelei dat Suid-Afrika in 1963 uit die Olimpiese Spele gehou is.

Deur sy toedoen is Suid-Afrika weer in die Gemenebes verwelkom en is die land tans deel van die groep Onverbonde Lande.

 
 

игра для мальчиков 7 леталександр лобановский харьков

Motlanthe gaan Sosialisme-vergadering byeenroep

President Kgalema Motlanthe en die minister van buitelandse sake Nkosazan Dlamini-Zuma gaan Maandag die gashere wees vir die Internasionale Sosialistiese Kommissie vir ‘n Volhoubare Wêreld Vereniging in die Weskaap.

“Die agenda van die vergadering sal onder andere fokus op Afrika se ondervinding in die hantering van aardverwarming en klimaatsverandering,” het die woordvoerder vir die departement van buitelandse sake Ronnie Mamoepa Sondag in ‘n verklaring gesê.

Die kontinent se perspektief aangaande die globale ekonomiese krisis sal ook bespreek word by die vergadering in Kleinmond.

ANK-president Jacob Zuma sal ook na verwagting die vergadering bywoon.

Die Internationale Sosialis is ‘n wêreldwye organisasie van sosiale demokrate, sosialiste en arbeiderspartye. Die huidige lede is 170 politieke partye en organisasies insluitend die ANK. Die vergadering in Suid-Afrika vorm deel van ‘n program van aktiwiteite vir 2009, wat ook vergaderings van die Kommissie gaan behels in Sjina, Washington DC en by die VN se hoofkwartiere in New York.

устройство электроникаАлександр Фильчаков

35 mense beseer by ANK-byeenkoms

Ten minste 4 vroue en 2 kinders is Sondag uit Durban se Chatsworth stadion gedra nadat hulle beseer is by ‘n ANK-saamtrek.

Daar is ook gesien hoedat verskeie ander mense na die ambulanse agter die stadion geneem is.

Volgens die SAUK-verslag is 35 mense, hoofsaaklik vroue en kinders beseer.

Die stadion met 20 000 sitplekke was tot volle kapasiteit gepak, met meer as 50 busse wat ondersteuners van alle dele van die provinsie af gebring het om te kom luister na die ANK-president Jacob Zuma wat gepraat het.

Toe die ANK se KwaZulu-Natalse sekretaris Senzo Mchunu net sommige van die toeskouers genooi het om in die stadion se sentrale arena te kom sit, het ‘n skare ondersteuners deel van die barrikade wat hulle uit die gebied gehou het, omgestoot en ingestorm.

Daar is op sommige mense getrap terwyl ander hardhandig grond toe afgedruk is.

Onder die hoogwaardigheidsbekleërs wat teenwoordig was, was Cosatu president Sidumo Dlamini, Durban stadsbestuurder Michael Sutcliffe en besigheidsman Vivian Reddy.

Cosatupresident Sidumo Dlamini het ook gepraat en gesê: “Cosatu is hier om ‘n beslissende oorwinning te verseker. Die ANK tree op teen die probleme wat die land tans in die gesig staar.”

Hy het gesê die aflegging van werkers, veral die in die mynindustrie, sal aangespreek word.

arabian nightsАлександр Фильчаков