Schabir Shaik, die bedrieër wat op parool vrygelaat is, is “in die finale fase van sy terminale toestand,” het minister van korrektiewe dienste Ngconde Balfour Dinsdag gesê.
Hy het gesê getuienis aangaande Shaik se gesondheid is ingedien by die paroolraad deur drie mediese praktisyns.
“Die 3 mediese praktisyns se saamgestelde getuienis toon ‘n eenparige gevolgtrekking dat mnr. Shaik in ‘die finale fase van sy terminale toestand is’,” het Balfour in ‘n verklaring gesê.
Hy het bygevoeg: “Een het sover gegaan as om te sê dat sy toestand ‘n onomkeerbare punt bereik het.”
“Na ek die inhoud van die verslae wat Dinsdag deur die paroolraad aan my gegee is bestudeer het, stem ek saam dat die besluit wat hulle gemaak het korrek is,” het Balfour gesê.
Balfour het hom uitgespreek teen opposisiepartye. Die DA, die ID en UDM het almal die besluit om Shaik op parool vry te laat, bevraagteken.
Balfour het gesê: “Paroolrade word opgemaak deur lede van die gemeenskap wat aangestel word vanuit die gemeenskap…”
“Ek glo ook dat hulle groot opofferings maak om op die liggame te dien. Ek beskou dus die standpunte wat deur verskeie politieke partye gemaak word oor die saak as gemeen, nalatig en wraakgierig,” het Balfour gesê.
Balfour het gesê Shaik se mediese parool is een van 25 wat toegestaan is sedert April 2008. Hy het gesê dat die misdade wat deur gevangenes gepleeg is nie deur die paroolrade oorweeg word nie, maar slegs hulle mediese besonderhede.
Shaik is op parool vrygelaat vroeër in die dag.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.