Shaik gaan vrygelaat word

Schabir Shaik, voormalige finansiële raadgewer van mnr. Jacob Zuma, gaan op mediese parool vrygelaat word. Die redes vir die besluit is nie bekend gemaak nie. Mediese parool word gewoonlik slegs aan terminaal siek gevangenes toegestaan.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het gisteraand bevestig nadat hulle ingelig is van die besluit deur die korrektiewe toesig- en paroolraad van die Durban-Westville-bestuursgebied, het mnr. Manelisi Wolela, DKD-woordvoerder, gesê.

Shaik het tot dusver minder as twee en ’n half jaar uitgedien van sy vonnis van 15 jaar weens bedrog en korrupsie.

купить зарядное устройство для автомобильных аккумуляторовданильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae