ANK wil dienslewering monitor

ImageDie ANK oorweeg dit om ‘n kommissie aan te stel in die presidensie om dienslewering te monitor, het partypresident Jacob Zuma Donderdag gesê.

In ‘n verslag in die Star koerant, het Zuma gesê die party kyk na die meriete van ‘n beplannings-, moniterings- en evaluasie- komitee wat gefokus is op dienslewering.

Onderwyl hy gepraat het oor die huidige ekonomiese krisis in Suid-Afrika het hy gesê, “Ons gaan duidelik nie ongeskaad hier uitkom nie, en ons sal nuwe uitdagings in die gesig staar tot 2011.”

“Na ‘n periode van merkwaardige en volgehoue groei, gaan ons waarskynlik ‘n vermindering in die groei sien in die mediumtermyn.”

“Maar ons kan verwag om ‘n herstel te sien in huishoudelike uitgawes en besigheidsinvestering vanweë ‘n daling in rentekoerse en sterk openbare sektor betrokkenheid,” het Zuma gesê.

Hy het bygevoeg dat indien Suid-Afrika die storm hier wil oorleef, daar meer gesprek moet wees tussen bankiers, besigheid, regering en arbeid.

In sy manifes het die ANK gesê dit gaan ‘n groot openbare beleggingsprogram lei om groei aan te help en werksverskaffing te verbeter oor die volgende 5 jaar.

Zuma het gesê dit gaan uitbrei en verbeter op spoorweë, openbare vervoer, hawens, damme, telekommunikasie en energie.

“Nie net sal dit die BBP verhoog nie, maar dit gaan ook die land se ekonomiese kapasiteit aansienlik vergroot en die koste om besigheid te doen heelwat verlaag.

“As ‘n gevolg hiervan sal Suid-Afrika ‘n beter plek wees om in te belê,” het hy gesê.

евро ремонт домалобановский харьков класс

Nog ?n leerling dood van breinvliesontsteking

Leerlinge by Willow Crescent hoërskool in Eldoradopark is voorkomende medikasie teen breinvliesontsteking gegee na ‘n tiener Donderdag dood is, het die Gautengse departement van gesondheid gesê.

“Die 15-jarige meisie van Willow Crescent hoërskool is dood van vermoedelik bakteriele breinvliesontsteking in die vroeë ure van vandag,” het woordvoerder Phumelele Kaunda gesê.

“Dit was nie moontlik om heeltemal te bewys dat sy breinvliesontsteking gehad het nie, aangesien sy voor sononder begrawe moes word volgens haar familie se geloof.”

As voorsorg is voorkomende medikasie aan omtrent 50 leerlinge van die skool gegee wat nabye kontak met haar gehad het, en daar is ook met hulle oor die siekte gepraat.

“Familielede het ook die voorkomende behandeling en ondersteuning gekry en word baie goed gemonitor.”

Gesamentlike operasionele spanne is ook opgestel om beheer oor die situasie te hou en om vrese te besweer oor ‘n uitbraak in die gebied.

Die simptome van breinvleisontsteking is erge hoofpyn, koors, braking, irriteerbaarheid, verlaagde bewussyn en uitslag op die liggaam.

Dit versprei deur druppels vog vanuit die mond, neus en keel van iemand wat die siekte onder lede het.

“Die wat die simptome het, of in kontak was met iemand met breinvliesontsteking behoort onmiddellik mediese hulp te soek.”

Om breinvliesontsteking te verhoed,moet mens kontak vermy met enige iemand wat vermoedelik die siekte onder lede het, en moet mens ook jou hande was nadat daar geraak is aan die geaffekteerde persoon.

slots loginФильчаков Александр Васильевич

OVK druk regering oor buitelandse stem

Konstitusionelehofregters het tot laat Woensdagaand gewerk in ‘n dag van intensiewe argumente deur agt regslui oor die toelaatbaarheid daarvan of alle Suid-Afrikaners wat oorsee is behoort te kan stem in die April verkiesings.

Hulle het Willem Richter, ‘n Pretoriase onderwyser wat oorsee woon; die Vryheidsfront Plus, ‘n groep van 12 Suid-Afrikaners wat oorsee werk, die Inkhata Vryheidsparty, die Demokratiese Alliansie wat hulle saak baseer op Roy Tipper, ‘n kontrakwerker buite Suid-Afrika, Afriforum, die departement van binnelandse sake en die onafhanklike verkiesingskommissie verteenwoordig.

Die regters wat verlede jaar uitspraak gelewer het oor gevangenes se stemregte het gesê dit is beter om aan mense stemreg te gee as om dit nie te doen nie, en het gevra vir praktiese voorstelle oor hoe die Suid-Afrikaners geakkommodeer kan word.

Die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) het gesê dat indien die hof sou uitspraak gee vir nog ‘n periode om aansoek te doen vir ‘n spesiale stem, dit gedoen te word nie later nie as 31 Maart om tyd te gee vir die verkiesing van 22 April.

Die 15-dae periode wat oorsese mense het om te verklaar of hulle gaan stem of nie nadat die verkiesingsdatum bekend gemaak is, is reeds verby.

“Dit raak meer gekompliseerd hoe nader mens aan die verkiesingsdatum kom,” het ‘n OVK regsverteenwoordiger, Ishmael Semenya gesê.

Die hof moet aan die OVK genoeg tyd gee om die kiesers in te lig van die opsie, en om die webwerf te verander sodat potensiële kiesers ‘n vorm kan aflaai en dit faks.

Semenya het gesê die OVK se verpligting is om mense toe te laat om te stem. Hulle moet ook die logistiek in gedagte hou om ‘n vrye verkiesing te verseker en om ekstra mense op te lei.

Die kommissie se reëlings ten opsigte van voorbereidings vir die verkiesing is gebaseer op die kiesersrol skattings van hoeveel stembriewe hulle moet druk en hoeveel mense by die ongeveer 20 000 kiesstasies in Suid-Afrika en die 104 Suid-Afrikaanse missies oorsee gaan opdaag.

Op die oomblik weet hulle nie hoeveel mense wat oorsee is, wat geregistreer is om te stem, beoog om buite hulle registrasiedistrikte te stem nie.

Slegs wanneer hulle dit weet kan hulle besluit hoe om voort te gaan.

Die verhoor volg ‘n uitspraak van die Pretoriase hof waarin sekere voorwaardes in die verkiesingswet onkonstitusioneel verklaar is, omdat elke burger die reg het om te stem.

Die voorskrifte ter sprake laat net oorsese stemme toe vir regeringsbeamptes, sportspanne wat internasionaal meeding en mense op besigheidsreise en vakansies.

Maar, het Semenya gesê, dit gaan moeilik wees om stemme vir provinsiale verteenwoordiging te bestuur, wat ook ‘n versoek aan die hof was. Die verkiesingswet laat mense oorsee net toe om vir nasionale verteenwoordiging te stem.

online casino freeлобановский обыск

Polisie vra seksuele gunste, volgens SWEAT

Kaapstadse polisie vra soms vir prostitute vir “seksuele gunste” in ruil dat hulle nie gearresteer word nie, volgens ‘n verklaring wat in die Kaapse hof ingedien is.

Die dokument vorm die basis van ‘n aansoek deur die sekswerkersregtegroep SWEAT vir ‘n interdik teen die polisie, wat Donderdag geargumenteer gaan word.

Die sekswerkers se onderwys-en-regte taakgroep, SWEAT, versoek die hof om die SA polisie en munisipale polisie te beveel om te stop met wat dit noem voortdurende arrestasies en teistering.

In die basisverklaring, het voormalige SWEAT direkteur Jayne Arnott gesê in ondersteunende verklarings, dat drie prostitute beskryf het hoedat wetstoepassers “gratis seksuele gunste gevra het van hulle” in rul dat hulle nie gearresteer word nie, of dat hulle vroeg uit aanhouding vrygelaat word.

Dit is stem ooreen met navorsing van sekswerkers se ervarings wat deur SWEAT gedoen is, het sy gesê.

Sy het gesê die polisie probeer die prostitute teister en straf, sonder dat hulle die moeite doen om hulle in die hof te laat verskyn.

Een het beskryf hoe sy in die middel van die dag gearresteer is terwyl sy oppad huis toe was met inkopiesakke, en ‘n ander een terwyl sy onderweg was na haar eie verjaarsdagpartytjie.

“In een van die ondersteunende verklarings het ‘n sekswerker beskryf hoe lede van die Kaapstadse stadspolisie vir haar en ander sekswerkers saam met wie sy woon wag wanneer hulle die huis verlaat,” het Arnott gesê.

“Sodra hulle die huis verlaat bevel die polisie hulle om terug huis toe te gaan sonder om te probeer vasstel waarheen hulle op pad is. Indien hulle weier word hulle gedreig met arrestasie.”

Arrestasie en aanhouding loop dikwels hand aan hand met verbale mishandeling en opsetlike vernedering.

“Dit is nie ongewoon vir sekswerkers om geforseer te word om kantore , die kombuis , die eetsale en selfs die badkamers by die hofselle skoon te maak by die hofselle waar hulle aangehou word voor hulle vrygelaat word nie,” het Arnott gesê.

Sy het gesê die polisie was bewus daarvan dat prostitute “amper as ‘n reël “ nie vervolg word nie.

Met een geleentheid, het sy gesê, het ‘n arresterende beampte aan ‘n prostituut gesê wat hy in die Woodstock polisieselle opgesluit het vir die nag dat “die landdroste beter dinge het om te doen as om met prostitute te werk.”

подъемникиплунжерныеАлександр Фильчаков прокурор

Museumdirekteur in oorlog teen ministers

Die direkteur van die Suid-Afrikaanse nasionale museum van militêre geskiedenis het Woensdag sy skok en woede uitgespreek nadat hy gearresteer is vir die beweerde onwettige besit van wapens.

Die beweerde onwettige arrestasie en aanhouding van die museum se direkteur, John Keene en twee kurators, Richard Henry en Susanne Blendulf in 2005 het tot gvolg dat die drie byna R1,9miljoen eis in skadevergoeding van die ministers van veiligheid en sekuriteit en verdediging.

Keene het die sig in sy een oog verloor en Blendulf ly an post-traumatiese stres sindroom na bewering as gevolg van die arrestasies.

Al drie is gearresteer, oornag in vuil polisieselle aangehou, en eers die volgende dag aangekla nadat die direkteur van openbare vervolgings geweier het om hulle te vervolg.

Keene, wat steeds herstel na ‘n oogoperasie, moes na die hospitaal gehaas word vir ‘n noodoperasie, maar is aan die bed vasgeboei vir amper die heel dag lank.

Minister van kuns en kultuur, Pallo Jordan en top afgevaardigdes van sy departement, en die hoof uitvoerende beampte van Northern Flagship Institution (onder wie die drie nasionale museums ressorteer) was almal teenwoordig toe lede van die polisie en militêre polisie op die museum in Saxonwold, Johannesburg toegesak het in Januarie 2005.

Waarnemende regter van die Pretoriase hof, regter L. Sapire, het opgemerk dat die buitengewoon was dat mense van sulke hoë status betrokke was.

Hy het ook opgemerk dat die arrestasie, soos beskryf deur Keene “absoluut bisar” was.

Keene het getuig dat hy na die museum gehaas het na hy infgelig is dat die weermag opgedaag het om hulle gepantserde voertuie te kom haal.

Op sy aankoms, het hy Pallo Jordan, saam met die direkteurgeneraal en adjunkdirekteurgeneraal van die departement op die trappe gevind.

Hy het een van sy kurators, Richard Henry buite gevind, wat hom meegedeel het dat hy gearresteer is.

‘n Lid van die militêre polisie het daarna Keene se regte aan hom gelees voordat ‘n polisiekaptein, Fanie Malopo baie aggressief aan Keene gesê het dat hulle die museum se versameling kleinwapens gaan konfiskeer omdat hulle geen permitte het nie, en dat hulle akkreditasie ( wat ‘n museum vrystel van lisensiëring) “absoluut waardeloos” is.

Keene het gesê die museum het ‘n volle register gehou van al die uitstallings, wat meestal geskenk is deur die weermag, sy voorgangers en die polisie sedert 1942, en dat dit deur ‘n lang akkreditasie proses gegaan het.

Die ouditeurgeneraal het elke jaar tot 1999 ‘n volle oudit gedoen van die museum, waarna die oudits sonder enige verduideliking gestaak het.

Hy het beklemtoon dat dit die doel en die plig van ‘n museum is om sy uitstallingsstukke te restoureer, in die geval militêre wapens en toerusting.

Keene het gesê hy het sy arrestasie “totaal ongelooflik” gevind en dat hy baie angstig was, veral toe hy toegang tot sy prokureur geweier is en na die polisiestasie geneem is teen snelhede wat hom laat dink het dat hulle ‘n ongeluk gaan maak.

By die polisiestasie is hy dokumente gegee om te teken en toegesluit in ‘n sel wat vol kakkerlakke was en wat gestink het van urine en ekskrement.

“My vrou was byna histeries. Sy het gesê dat indien ek nie die medikasie in my oog kry nie, ek blind kan word. Sy het hulle gevra om die distriksgeneesheer te laat kom, maar hulle het haar geïgnoreer.”

“Ek moes vrede maak met die feit dat ek my oog waarskynlik sou verloor. Ek was baie angstig, moeg en het pyn gehad,” het hy gesê.

Dit was net na Keene se prokureur ‘n dokter gebring het om hom te besoek dat ‘n ambulans laat kom is wat hom na die oog instituut geneem het in die vroeë oggendure vir ‘n noodoperasie.

Keene het getuig dat hy altyd trots was om te werk by die museum, wat hy as een van die voorste militêre museums ter wêreld beskou het.

“Na die arrestasie het ek verleë gevoel, en ook dat die museum, (wat ‘n monument was aan die soldate van die 2de Wêreld oorlog) ontheilig is,” het hy gesê.

“Hulle het vier van ons gepantserde voertuie weggeneem. Ek het geen idee wat met die voertuie gebeur het nie.”

“My personeel is soos familie vir my. Hulle sien op na my vir beskerming, leierskap en leiding en ek kon niks doen om myself eers te help nie. Dit het my totaal magteloos en nutteloos laat voel.”

Die saak duur voort.

воздухосборник ресиверФильчаков прокурор отзывы

Eienaars van ou karre kan dalk wen met nuwe belastingverligting

ImageBelastingverligting om verbruikers aan te moedig om hulle ou karre te laat skrap is een van die maatreëls wat oorweeg word deur die departement van handel en nywerheid om die motorindustrie te help, het Hansgeorg Niefer, die president en hoof uitvoerende beampte van Mercedes Benz Suid-Afrika gister gesê.

Ander maatreëls op die tafel sluit in die beskikbaarstelling van oorbruggingsfinansiering vir vervaardigers van motoronderdele wat sukkel met kontantvloei en ‘n finansieringswaarborg, omdat banke “skaam” is om krediet te verskaf aan verbruikers.

Niefer het gesê dit maak sin om verbruikers te voorsien met belastingverligting, of ‘n toelaag vir die skrapping van ou voertuie. Dit is reeds in Suid-Afrika bespreek voor die ekonomiese afplatting, omdat die regering nuwer, meer omgewingsvriendelike motors op die paaie wil hê.

lego киевалександр лобановский харьков

Skerper tande vir wet teen misdaad ? ANK

Wetgewing teen misdaad kan meer “byt” kry onder ‘n nuwe administrasie, het ANK president Jacob Zuma se woordvoerder Woensdag gesê.

‘n Hersiening van wetgewing ten opsigte van misdaad is op die doeke het Zizi Kodwa gesê na gesprekke tussen Zuma en die burgerregte groep Afriforum, wat geaffilieer is aan die unie Solidariteit.

“Wette moet kan byt,” het Kodwagesê. “Soos dinge tans is, is sommige wette baie gebruikersvriendelik teenoor misdadigers.”

Dit het van Suid-Afrika ‘n skuilplek gemaak vir misdaad sindikate, het hy gesê.

Kodwa het gesê dat die hantering van misdaad ‘n top prioriteit  sal wees vir die nuwe ANK administrasie. 

“Misdaad is ‘n probleem vir almal,” het hy gesê, en bygevoeg dat dit een van die belangrike onderwerpe van gesprek was tydens Woensdag se vergadering, tesame met armoede en infrastruktuur ontwikkeling.

Afriforum se hoof uitvoerende beampte, Kallie Kriel het gesê dat Zuma onderneem het om na ‘n studie te kyk oor die hantering van die land se misdaad krisis soos uiteengesit in ‘n verslag van die Instituut vir Veiligheidstudies (ISS).

Die verslag het bevind dat die Suid-Afrikaanse regering misluk het in sy plig om ‘n nasionale strategie te ontwikkel en te implementeer om die gevaar van misdaad aan Suid-Afrikaners effektief aan te spreek, het Kriel Woensdag in ‘n verklaring gesê.

“Die verslag het ook getoon dat die regering nie voldoen het aan sy onderneming om alternatiewe sekuriteit strukture in plek te kry na die ontbinding van die kommando’s nie.”

In die lig van die land se misdaadkrisis, is dit van kardinale belang dat die tekortkominge in die regering se aksies ten opsigte van misdaad so gou as moontlik reggestel word.

“Die verslag bied ‘n stewige fondasie waaruit ‘n omvattende strategie teen misdaad ontwikkel kan word.”

Kriel het gesê dat Afriforum aan Zuma gesê het dat sy regspan besig was om voor te berei om die regering hof toe te neem oor die misdaad krisis.

“Zuma het aangedui dat hy die kwessie van misdaad ernstig opneem, en glo dat oplossings gevind kan word buite die howe,” het Kriel gesê.

Hy het gesê dat Afriforum die regering wat op 22 April verkies gaan word, gaan vra om die tekortkominge wat in die ISS-verslag uitgewys word aan te spreek, en sal enige verdere stappe baseer op die regering se reaksie.

Kodwa het gesê Woensdag se vergadering is een van ‘n voortdurende reeks vergaderings tussen Zuma en Solidariteit.

Hy het gesê Zuma het ingestem om die openingstoespraak te lewer by Solidariteit se nasionale kongres op 26 Maart, soos wat hy verlede jaar gedoen het.

печи для домаФільчаков Олександр Васильович

Zimbabwe se cholera gevalle kan verdubbel, s? dokters

Mediese kenners het gewaarsku dat die ergste scenario in Zimbabwe se cholera-epidemie dubbel soveel kan wees as vroeëre skattings, tot 123 000, en dat dit teen Meimaand die aantal geskatte gevalle kan verbysteek.

Net ‘n week terug, volgens die Zimbabwe vereniging van Dokters vir Menseregte (ZVDMR), het die epidemie Afrika se ergste verbygesteek. Dit was in 2007 in Angola, toe mee as 82 000 mense besmet is en 3204 dood is as gevolg van die hoogs aansteeklike wateroordraagbare siekte.

Verlede jaar het die WGO geskat dat die ergste scenario syfer sowat 60 000 kan bereik, ‘n syfer wat reeds in Januarie oorskry is.

Teen Vrydag verlede week het die WGO reeds 84 027 gevalle op rekord gehad, met 3894 sterftes wat in Zimbabwe aangemeld is. Die sterftekoers het 4,6% bereik, amper 5 keer die aanvaarbare syfer volgens die WGO.

Die Cholera Bevel en Beheer Sentrum, wat bestaan uit amptenare van die WGO, die Zimbabwiese departement van gesondheid en hulpagentskappe wat betrokke is in die stryd teen die epidemie, het vroeg verlede maand die skatting op soveel as 91 000 geplaas.

Maar volgens die ZVDMR kan die ergste scenario syfer van 122 945 waarskynlik plaasvind indien die snelle toename in gevalle en steeds swak toestand van die gesondheidsdepartement, water en sanitasiestelsels nie onmiddellik drasties verbeter word nie.

Die stryd teen die epidemie het een van die mees dringende take geword van die 18 dae oue koalisieregering tussen Robert Mugabe se Zanu-PF party en die MDC van Morgan Tsvangirai.

Die uitbraak van die siekte in Augustus verlede jaar is aangevuur deur die gelyktydige ineenstorting van watervoorsiening, sanitasie en rommelverwydering in oorbevolkte woongebiede.

“Waarskuwings …van ‘n komende cholera uitbraak is nie aandag aan gegee nie,” het die doktersvereniging gevind.

Dit het Mugabe se regering 4 maande geneem om die siekte ‘n nasionale ramp te noem.

In onlangse weke het hulpagentskappe die aantal gevalle in stedelike gebiede merkbaar verminder, maar die uitbraak duur steeds voort in landelike gebiede en in die land se rivierstelsels.

Die hoeveelheid mense wat tuis sterf, met geen toegang tot gesondheidsorg nie en min geld om rehidrasie middels te koop soos suiker en sout is nou op 60%.

Verlede week het ‘n top WGO amptenaar Daniel Acuna gesê dat ‘n grootskaalse poging deur hulpagentskappe die epidemie dalk tot op die “vlak van ‘n billik hanteerbare probleem” kan afbring binne 3 weke. “Dit is ‘n baie groot ‘as’ ” het hy gewaarsku.

“Indien ons dit nie probeer nie, mag ons dalk voortgaan om dit te sien vir nog baie weke, en ons het ‘n vermybare sterftesyfer van mense wat nog gesonde lewens kon ly.”

контроллер автоматического освещения лестницДанильченко Юрий прокурор

Slenkdalkoors is glo ‘onder beheer’

ImageDie aansteeklike slenkdalkoors in KwaZulu-Natal se Creighton Farm-gebied is onder beheer, het die LUR vir landbou en omgewingsake Mtholephi Mthimkhulu Dinsdag gesê.

“Ons het mense na Creighton gestuur om die siekte onder beheer te bring. Ons werk ook aan ‘n entstof om seker te maak dat die siekte nie verder versprei nie.”

Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO)  is slenkdalkoors ‘n virale siekte wat hoofsaalkik diere affekteer, maar wat ook die kapasiteit het om mense te besmet. Besmetting kan lei tot erge siekte in beide mens en dier, wat hoë sterftesyfers tot gevolg kan hê.

Dinsdag het onbevestigde verslae gelui dat meer as 50 diere dood is in Creighton sedert die uitbraak aangemeld is.

Mthimkhulu het gesê dit is nie nodig om alarm te maak nie, aangesien daar geen tekens was dat die siekte versprei het nie.

Die meerderheid menslike infeksies was as gevolg van direkte of indirekte kontak met bloed of organe van besmette diere. Die virus kan aan mense oorgedra word deur die hantering van dieremateriaal tydens die slagproses.

“Toe ons gehoor het van die siekte het ek dringend ons veeartsenydienste eenheid ingeroep om  ‘n plan van aksie uit te werk,” het Mthimhkulu gesê.

Hy het gesê ‘n gesamentlike taakspan wat bestaan uit die regering, georganiseerde landou-unies (KwaNalu en Nafu) en gemeenskapgebaseerde organisasies is in plek gekry om ‘n omvattende plan van aksie op te stel.

комбинезоны осень для малышалобановский александр биография

Krokodille maai onder honger Mosambiekers

ImageTen minste 15 mense is dood in Mosambiek in die laaste 3 maande terwyl hulle gesoek het na kos, nadat die swaar somerreëns hulle lande weggespoel het, het televisieverslae Dinsdag gesê.

Die TVM openbare uitsaaier het berig dat die mense slagoffers geword het van krokodille terwyl hulle kos gesoek het in die Shirerivier, in die Morrumbaladistrik van die Zambeziaprovinsie. Die Shire is ‘n sytak van die groot Zambezi rivier.

Hulle dood word verbind aan die toenemende honger in sommige gebiede waarheen mense verhuis, na die jaarlikse vloede van die Zambezirivier.

Kos is baie skaars in die gebiede wat geleë is op hoë grond. Die mense is normaalweg afhanklik van voedselhulp van die owerhede.

Terwyl hulle wag vir die vloedwater om af te loop sodat hulle weer voedsel kan aanplant, glip sommige van die mense weg na die rivier wat krokodille in het om te gaan soek na plante wat onder die water is.

Die provinsiale direkteur van landbou vir Zambezia, Mahomed Vala sê die krokodilbevolking in die gebied neem toe en dat die owerhede nie in staat is om die mense te beskerm nie.

“Tans doen die owerhede alles moontlik om die getal krokodille te verminder, deur wapens en opleiding te gee aan plaaslike mense om die situasie te hanteer. Ons het drie vuurwapens geskenk net in Morrumbala alleen,” het Vala gesê.

Die hongersnood is nie net beperk tot Morrumbala, ‘n distrik met meer as 300 000 inwoners nie.

Klein kolletjies waar hongersnood voorkom is aangemeld regoor die sentrale en noordelike streke.

In Nampulaprovinsie, word berig dat meer as 50 000 mense tekorte het aan voedsel na die vloede en staatmaak op wortels en vrugte wat in die rivierbedding groei.

Elke jaar word mense gedood in aanvalle deur krokodille, maar nog selde was die syfers so hoog gewees.

arabian nights gamesтопкарго