Krokodille maai onder honger Mosambiekers

ImageTen minste 15 mense is dood in Mosambiek in die laaste 3 maande terwyl hulle gesoek het na kos, nadat die swaar somerreëns hulle lande weggespoel het, het televisieverslae Dinsdag gesê.

Die TVM openbare uitsaaier het berig dat die mense slagoffers geword het van krokodille terwyl hulle kos gesoek het in die Shirerivier, in die Morrumbaladistrik van die Zambeziaprovinsie. Die Shire is ‘n sytak van die groot Zambezi rivier.

Hulle dood word verbind aan die toenemende honger in sommige gebiede waarheen mense verhuis, na die jaarlikse vloede van die Zambezirivier.

Kos is baie skaars in die gebiede wat geleë is op hoë grond. Die mense is normaalweg afhanklik van voedselhulp van die owerhede.

Terwyl hulle wag vir die vloedwater om af te loop sodat hulle weer voedsel kan aanplant, glip sommige van die mense weg na die rivier wat krokodille in het om te gaan soek na plante wat onder die water is.

Die provinsiale direkteur van landbou vir Zambezia, Mahomed Vala sê die krokodilbevolking in die gebied neem toe en dat die owerhede nie in staat is om die mense te beskerm nie.

“Tans doen die owerhede alles moontlik om die getal krokodille te verminder, deur wapens en opleiding te gee aan plaaslike mense om die situasie te hanteer. Ons het drie vuurwapens geskenk net in Morrumbala alleen,” het Vala gesê.

Die hongersnood is nie net beperk tot Morrumbala, ‘n distrik met meer as 300 000 inwoners nie.

Klein kolletjies waar hongersnood voorkom is aangemeld regoor die sentrale en noordelike streke.

In Nampulaprovinsie, word berig dat meer as 50 000 mense tekorte het aan voedsel na die vloede en staatmaak op wortels en vrugte wat in die rivierbedding groei.

Elke jaar word mense gedood in aanvalle deur krokodille, maar nog selde was die syfers so hoog gewees.

arabian nights gamesтопкарго