Belastingverligting om verbruikers aan te moedig om hulle ou karre te laat skrap is een van die maatreëls wat oorweeg word deur die departement van handel en nywerheid om die motorindustrie te help, het Hansgeorg Niefer, die president en hoof uitvoerende beampte van Mercedes Benz Suid-Afrika gister gesê.
Ander maatreëls op die tafel sluit in die beskikbaarstelling van oorbruggingsfinansiering vir vervaardigers van motoronderdele wat sukkel met kontantvloei en ‘n finansieringswaarborg, omdat banke “skaam” is om krediet te verskaf aan verbruikers.
Niefer het gesê dit maak sin om verbruikers te voorsien met belastingverligting, of ‘n toelaag vir die skrapping van ou voertuie. Dit is reeds in Suid-Afrika bespreek voor die ekonomiese afplatting, omdat die regering nuwer, meer omgewingsvriendelike motors op die paaie wil hê.
