Skerper tande vir wet teen misdaad ? ANK

Wetgewing teen misdaad kan meer “byt” kry onder ‘n nuwe administrasie, het ANK president Jacob Zuma se woordvoerder Woensdag gesê.

‘n Hersiening van wetgewing ten opsigte van misdaad is op die doeke het Zizi Kodwa gesê na gesprekke tussen Zuma en die burgerregte groep Afriforum, wat geaffilieer is aan die unie Solidariteit.

“Wette moet kan byt,” het Kodwagesê. “Soos dinge tans is, is sommige wette baie gebruikersvriendelik teenoor misdadigers.”

Dit het van Suid-Afrika ‘n skuilplek gemaak vir misdaad sindikate, het hy gesê.

Kodwa het gesê dat die hantering van misdaad ‘n top prioriteit  sal wees vir die nuwe ANK administrasie. 

“Misdaad is ‘n probleem vir almal,” het hy gesê, en bygevoeg dat dit een van die belangrike onderwerpe van gesprek was tydens Woensdag se vergadering, tesame met armoede en infrastruktuur ontwikkeling.

Afriforum se hoof uitvoerende beampte, Kallie Kriel het gesê dat Zuma onderneem het om na ‘n studie te kyk oor die hantering van die land se misdaad krisis soos uiteengesit in ‘n verslag van die Instituut vir Veiligheidstudies (ISS).

Die verslag het bevind dat die Suid-Afrikaanse regering misluk het in sy plig om ‘n nasionale strategie te ontwikkel en te implementeer om die gevaar van misdaad aan Suid-Afrikaners effektief aan te spreek, het Kriel Woensdag in ‘n verklaring gesê.

“Die verslag het ook getoon dat die regering nie voldoen het aan sy onderneming om alternatiewe sekuriteit strukture in plek te kry na die ontbinding van die kommando’s nie.”

In die lig van die land se misdaadkrisis, is dit van kardinale belang dat die tekortkominge in die regering se aksies ten opsigte van misdaad so gou as moontlik reggestel word.

“Die verslag bied ‘n stewige fondasie waaruit ‘n omvattende strategie teen misdaad ontwikkel kan word.”

Kriel het gesê dat Afriforum aan Zuma gesê het dat sy regspan besig was om voor te berei om die regering hof toe te neem oor die misdaad krisis.

“Zuma het aangedui dat hy die kwessie van misdaad ernstig opneem, en glo dat oplossings gevind kan word buite die howe,” het Kriel gesê.

Hy het gesê dat Afriforum die regering wat op 22 April verkies gaan word, gaan vra om die tekortkominge wat in die ISS-verslag uitgewys word aan te spreek, en sal enige verdere stappe baseer op die regering se reaksie.

Kodwa het gesê Woensdag se vergadering is een van ‘n voortdurende reeks vergaderings tussen Zuma en Solidariteit.

Hy het gesê Zuma het ingestem om die openingstoespraak te lewer by Solidariteit se nasionale kongres op 26 Maart, soos wat hy verlede jaar gedoen het.

печи для домаФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae