Konstitusionelehofregters het tot laat Woensdagaand gewerk in ‘n dag van intensiewe argumente deur agt regslui oor die toelaatbaarheid daarvan of alle Suid-Afrikaners wat oorsee is behoort te kan stem in die April verkiesings.
Hulle het Willem Richter, ‘n Pretoriase onderwyser wat oorsee woon; die Vryheidsfront Plus, ‘n groep van 12 Suid-Afrikaners wat oorsee werk, die Inkhata Vryheidsparty, die Demokratiese Alliansie wat hulle saak baseer op Roy Tipper, ‘n kontrakwerker buite Suid-Afrika, Afriforum, die departement van binnelandse sake en die onafhanklike verkiesingskommissie verteenwoordig.
Die regters wat verlede jaar uitspraak gelewer het oor gevangenes se stemregte het gesê dit is beter om aan mense stemreg te gee as om dit nie te doen nie, en het gevra vir praktiese voorstelle oor hoe die Suid-Afrikaners geakkommodeer kan word.
Die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) het gesê dat indien die hof sou uitspraak gee vir nog ‘n periode om aansoek te doen vir ‘n spesiale stem, dit gedoen te word nie later nie as 31 Maart om tyd te gee vir die verkiesing van 22 April.
Die 15-dae periode wat oorsese mense het om te verklaar of hulle gaan stem of nie nadat die verkiesingsdatum bekend gemaak is, is reeds verby.
“Dit raak meer gekompliseerd hoe nader mens aan die verkiesingsdatum kom,” het ‘n OVK regsverteenwoordiger, Ishmael Semenya gesê.
Die hof moet aan die OVK genoeg tyd gee om die kiesers in te lig van die opsie, en om die webwerf te verander sodat potensiële kiesers ‘n vorm kan aflaai en dit faks.
Semenya het gesê die OVK se verpligting is om mense toe te laat om te stem. Hulle moet ook die logistiek in gedagte hou om ‘n vrye verkiesing te verseker en om ekstra mense op te lei.
Die kommissie se reëlings ten opsigte van voorbereidings vir die verkiesing is gebaseer op die kiesersrol skattings van hoeveel stembriewe hulle moet druk en hoeveel mense by die ongeveer 20 000 kiesstasies in Suid-Afrika en die 104 Suid-Afrikaanse missies oorsee gaan opdaag.
Op die oomblik weet hulle nie hoeveel mense wat oorsee is, wat geregistreer is om te stem, beoog om buite hulle registrasiedistrikte te stem nie.
Slegs wanneer hulle dit weet kan hulle besluit hoe om voort te gaan.
Die verhoor volg ‘n uitspraak van die Pretoriase hof waarin sekere voorwaardes in die verkiesingswet onkonstitusioneel verklaar is, omdat elke burger die reg het om te stem.
Die voorskrifte ter sprake laat net oorsese stemme toe vir regeringsbeamptes, sportspanne wat internasionaal meeding en mense op besigheidsreise en vakansies.
Maar, het Semenya gesê, dit gaan moeilik wees om stemme vir provinsiale verteenwoordiging te bestuur, wat ook ‘n versoek aan die hof was. Die verkiesingswet laat mense oorsee net toe om vir nasionale verteenwoordiging te stem.
