Nog ?n leerling dood van breinvliesontsteking

Leerlinge by Willow Crescent hoërskool in Eldoradopark is voorkomende medikasie teen breinvliesontsteking gegee na ‘n tiener Donderdag dood is, het die Gautengse departement van gesondheid gesê.

“Die 15-jarige meisie van Willow Crescent hoërskool is dood van vermoedelik bakteriele breinvliesontsteking in die vroeë ure van vandag,” het woordvoerder Phumelele Kaunda gesê.

“Dit was nie moontlik om heeltemal te bewys dat sy breinvliesontsteking gehad het nie, aangesien sy voor sononder begrawe moes word volgens haar familie se geloof.”

As voorsorg is voorkomende medikasie aan omtrent 50 leerlinge van die skool gegee wat nabye kontak met haar gehad het, en daar is ook met hulle oor die siekte gepraat.

“Familielede het ook die voorkomende behandeling en ondersteuning gekry en word baie goed gemonitor.”

Gesamentlike operasionele spanne is ook opgestel om beheer oor die situasie te hou en om vrese te besweer oor ‘n uitbraak in die gebied.

Die simptome van breinvleisontsteking is erge hoofpyn, koors, braking, irriteerbaarheid, verlaagde bewussyn en uitslag op die liggaam.

Dit versprei deur druppels vog vanuit die mond, neus en keel van iemand wat die siekte onder lede het.

“Die wat die simptome het, of in kontak was met iemand met breinvliesontsteking behoort onmiddellik mediese hulp te soek.”

Om breinvliesontsteking te verhoed,moet mens kontak vermy met enige iemand wat vermoedelik die siekte onder lede het, en moet mens ook jou hande was nadat daar geraak is aan die geaffekteerde persoon.

slots loginФильчаков Александр Васильевич