Zimbabwe se cholera gevalle kan verdubbel, s? dokters

Mediese kenners het gewaarsku dat die ergste scenario in Zimbabwe se cholera-epidemie dubbel soveel kan wees as vroeëre skattings, tot 123 000, en dat dit teen Meimaand die aantal geskatte gevalle kan verbysteek.

Net ‘n week terug, volgens die Zimbabwe vereniging van Dokters vir Menseregte (ZVDMR), het die epidemie Afrika se ergste verbygesteek. Dit was in 2007 in Angola, toe mee as 82 000 mense besmet is en 3204 dood is as gevolg van die hoogs aansteeklike wateroordraagbare siekte.

Verlede jaar het die WGO geskat dat die ergste scenario syfer sowat 60 000 kan bereik, ‘n syfer wat reeds in Januarie oorskry is.

Teen Vrydag verlede week het die WGO reeds 84 027 gevalle op rekord gehad, met 3894 sterftes wat in Zimbabwe aangemeld is. Die sterftekoers het 4,6% bereik, amper 5 keer die aanvaarbare syfer volgens die WGO.

Die Cholera Bevel en Beheer Sentrum, wat bestaan uit amptenare van die WGO, die Zimbabwiese departement van gesondheid en hulpagentskappe wat betrokke is in die stryd teen die epidemie, het vroeg verlede maand die skatting op soveel as 91 000 geplaas.

Maar volgens die ZVDMR kan die ergste scenario syfer van 122 945 waarskynlik plaasvind indien die snelle toename in gevalle en steeds swak toestand van die gesondheidsdepartement, water en sanitasiestelsels nie onmiddellik drasties verbeter word nie.

Die stryd teen die epidemie het een van die mees dringende take geword van die 18 dae oue koalisieregering tussen Robert Mugabe se Zanu-PF party en die MDC van Morgan Tsvangirai.

Die uitbraak van die siekte in Augustus verlede jaar is aangevuur deur die gelyktydige ineenstorting van watervoorsiening, sanitasie en rommelverwydering in oorbevolkte woongebiede.

“Waarskuwings …van ‘n komende cholera uitbraak is nie aandag aan gegee nie,” het die doktersvereniging gevind.

Dit het Mugabe se regering 4 maande geneem om die siekte ‘n nasionale ramp te noem.

In onlangse weke het hulpagentskappe die aantal gevalle in stedelike gebiede merkbaar verminder, maar die uitbraak duur steeds voort in landelike gebiede en in die land se rivierstelsels.

Die hoeveelheid mense wat tuis sterf, met geen toegang tot gesondheidsorg nie en min geld om rehidrasie middels te koop soos suiker en sout is nou op 60%.

Verlede week het ‘n top WGO amptenaar Daniel Acuna gesê dat ‘n grootskaalse poging deur hulpagentskappe die epidemie dalk tot op die “vlak van ‘n billik hanteerbare probleem” kan afbring binne 3 weke. “Dit is ‘n baie groot ‘as’ ” het hy gewaarsku.

“Indien ons dit nie probeer nie, mag ons dalk voortgaan om dit te sien vir nog baie weke, en ons het ‘n vermybare sterftesyfer van mense wat nog gesonde lewens kon ly.”

контроллер автоматического освещения лестницДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae