Afrikaners is slawe van DA-propaganda

Gister was daar, waar ek woon, ‘n munisipale tussenverkiesing. Deur die moderne toepassing van die wetenskaplike metode te gebruik, kon ek waarneem, ‘n teorie vorm en die teorie bewys deur veronderstellings.

Die demografie in die wyk is seker 70% blanke Afrikaanssprekendes, 25% blanke Engelsprekendes en 5% swart Sothosprekendes. 3 Partye het deelgeneem: die ANC, die DA en die VF+. Die uitslag is nog nie bekend nie.

Die ANC het ‘n paar lamppale versier. Die DA het baie lamppale versier, uit Kaapstad gebel en op Engels gevra of hulle op my kan staatmaak en ‘n pamflet versprei oor hoe sleg die VF+ is. Die VF+ het vir die eerste keer in mense heugenis groot moeite gedoen om steun te verwerf. Daar was ‘n vergadering waar Pieter Mulder en Jaco Mulder ‘n klein groepie toegespreek het, daar was elke dag SMS-boodskappe in Afrikaans, daar was pamflette oor onbehoorlikhede in die DA beheerde stadsraad en daar was baie versierde lamppale.

Ek hoor toe van blanke Afrikaanssprekendes wat sê dat hulle DA stem want almal wat hulle ken, stem DA. ‘n Skolier (leerder) meen die VF+ is rassiste.

Hieruit kan ons nou aflei dat die moderne Afrikaanssprekende blanke:

(a) nie vir homself kan dink nie,

(b) te lui is om self inligting te bekom,

(c) ‘n gewillige slaaf van propaganda is.

Ons kan ook aflei dat enigeen wat ‘n boodskap aan hierdie moderne blanke Afrikaanssprekende wil oorbring:

(a) ‘n sterk plaaslike struktuur moet oprig,

(b) die boodskap deur tot deur moet oordra,

(c) dalk ‘n dop-en-tjop-geleentheid moet reël met Casper de Vries en Joost van der Westhuizen as gaskustenaars.

Een ding wat ek nog nie kon uitvind nie is: waarvoor staan DA nou eintlik? Is dit vir Dom Astrant, Destroy Afrikaners of het dit te doen met die “da” wat een van die Staal Burger-karakters altyd gebruik het.

99spravokФильчаков прокуратура харьков

Fisieke intimidasie op Afrikaanse kampusse

Gister is mnr. Charl Oberholzer, jeugleier van die Vryheidsfront Plus by Tukkies, deur swart studente van PASMA, SASCO en die Jong Kommunisteliga aangerand en is die studenteraadsverkiesing afgelas omdat die uitslag nie vir radikale swart studente aanvaarbaar sou wees nie. Demokrasie in Suid-Afrika is slegs aanvaarbaar indien swart groepe na aan die ANC kan seëvier, andersins word stemmery as 'n "apartheidsverkiesing" getipeer.

By Kovsies het ons gesien hoe die Reitz-video insgelyks aangegryp is om geweld en intimidasie op die kampus aan te stook, waarna 'n ingrypende kaputilasie deur die universiteitsowerheid en die rektor gevolg het. Blanke Afrikaanse studente voel nie meer welkom op die Kovsie-kampus nie en daar kan nou al voorspel word dat gedwonge integrasie van die koshuise tot verdere intimidasie gaan lei wat die blanke student uit koshuise sal laat verdwyn.

Van die swart studente aan Tukkies waarmee in die media onderhoude gevoer word, voer aan dat Afrikaans gebruik word om Afrikanerstudente te "bevoordeel", wat seker logies beteken dat Afrikaans aan die UP afgeskaf behoort te word.

Die jammerlike wyse waarop universiteitsowerhede hulself deur klein groepies radikale, verpolitiseerde swart studente op kampus laat intimideer, voorspel niks goeds nie. Daardie owerhede bestaan merendeels uit konformistiese Afrikaner-akademici wat in die verlede aan die Broederbond behoort het en steeds die kapitulasielogika van daardie liggaam in die vroeë negentigerjare as "oplossing" vir Suid-Afrika voorhou.

Die Afrikanerstudent sal moet besef dat die universiteitsowerhede eerder die radikale, gewelddadige swart student wat staak om gratis te mag studeer, goedgesind is. Wat nou aan die gang is, is 'n vorm van territoriale verowering waartydens koshuise en die kampus self van Afrikanerstudente gesuiwer moet word, hetsy deur intimidasie, hetsy deur geweld.

Kampusse het dus die teaters van etniese stryd en konflik geword. Die enigste wyse waarop jong Afrikaners hulself sal kan handhaaf, is deur saam te staan, hulself te organiseer en waar nodig, hulself ook teen geweld te verdedig. Die hele openbare ruimte in Suid-Afrika het in elk geval in so 'n staat van barbarisme verval, met plaas- en huisaanvalle, dat 'n mens eerder verbaas moet wees dat geweld op kampusse nie reeds vroeër uitgebreek het nie.

Vanuit die burgerlike samelewing sal daar ook steun vir die stryd van die Afrikanerstudent teen fisieke intimidasie en geweld moet kom. Dit mag selfs nodig wees om paramilitêre eenhede naby kampusse te ontplooi want in hul verbetenheid om Afrikanerstudente te verdryf, gaan radikale swart-nasionalistiese studente sekerlik nie daarvan terugdeins om selfs wapengeweld te gebruik nie.

осушитель воздуха ценаФильчаков Александр Васильевич

‘n Lomp of fyn strategie?

ImageDr Pieter Mulder verklaar dat hy wyd geskakel het met instansies soos die FAK, AgriSA, Solidariteit en die Afrikanerbond voordat hy pres. Zuma se aanbod aanvaar het. Verder word verklaar dat verskeie boere die VF+ geskakel het om hulle met dr Mulder se aanstelling geluk te wens.

Mens wonder terloops hoeveel van daardie organisasies se lede vir die VF+ gestem het? Die organisasies wat geraadpleeg is, het waarskynlik 'n lang lys geldige redes waarom positiewe samewerking tussen die ANC en die VF+ wenslik is. Hulle sien waarskynlik ook baie voordele daarin om by beleidformulering vir die landbou betrokke te kan raak en dat 'n nuwe omgewing van ontspanningspolitiek aangebreek het. 

ANC-woordvoerders beweer dat die aanstelling gesien moet word teen die agtergrond van Zuma se beleid om voedselsekuriteit te verseker en dat hy uitreik na die Afrikaanse minderheidsgroep om breër versoening in die land te bewerkstellig. Daarmee is weinig fout mee te vind, maar is die uitvoering van die plan nie verdag nie? Het ons nie hier te make met 'n veel fyner strategie nie?

Sou dit primêr oor voedselsekuriteit gegaan het, sou mens verwag het dat Zuma 'n gesoute landbouman met onkreukbare politieke getuigskrifte uitgekies het, iemand gelykstaande aan byvoorbeeld wyle Dries Bruwer of 'n Piet Gouws. 

Maar deur die leier van 'n opposisieparty uit te kies, iemand wat weinig van die landbou af weet, koöpteer hy nie net die man nie, maar ook die hele party, of hy dit nou wil erken of nie. Hy kies sy man dus nie as landbouman nie, maar as 'n leier van 'n politieke party waarmee hy om strategiese redes nouer samewerking soek.  

Daar is niks fout te vind met politieke partye wat saamwerk om 'n gemeenskaplike doel te bereik nie. Dit gebeur daagliks in elke land op aarde. Maar daardie spel het bepaalde reëls.

Die belangrikste reël is dat daar reëls moet wees wat in 'n wettige ooreenkoms vervat is. Dit verskaf nie net die morele grondslag vir individuele lede se optrede nie, maar stel ook perk en paal aan hul politieke uitsprake. Die reëls bepaal verder op welke ander vlakke en terreine daar saamgewerk sal word, byvoorbeeld op provinsiale en derdevlakregerings, poste wat vir die minderheidsparty gereserveer sal word in byvoorbeeld portefeuljekomitees, as burgemeesters, as speakers, en so meer. 

Geen politieke party kan sonder so 'n ooreenkoms met 'n ander politieke party saamwerk nie en dit sou uiters naïef wees om te verwag dat die VF+ dit kon doen. Sonder 'n ooreenkoms word 'n party ontman.

Sou daar dus nie 'n samewerkingooreenkoms tussen die VF+ en die ANC bestaan nie, kan Pieter Mulder hoogstens die aanstelling as adjunkminister aanvaar op voorwaarde dat so 'n ooreenkoms binne 'n maand gesluit sal word.

Daarsonder word hy bloot gekoöpteer en versmelt die VF+ met die ANC sonder enige voorbehoude of politieke gewin vir sy kiesers. Dit sal ook die gewisse einde van die VF+ beteken en bestaande LP's en stadsraadslede sal voor die volgende verkiesing by die ANC moet aansluit om hul werk te kan behou.

Mens kan dus verstaan waarom sommige VF+-lede ongemaklik voel, maar verkies om om den brode by die besluit van die leierskap in te val.

'n Gekoöpteerde VF+ sonder 'n formele ooreenkoms sal nooit as te nimmer die Pretoriase stadsraadsverkiesing kan wen nie, want die DA sal hulle van die tafel vee. Darenteen, sou die VF+ en die ANC formeel saamwerk, kan hulle by die adjunkministerskap begin en nou reeds bepaal hoe munisipale verkiesings gehanteer sal word sodat goeie dienslewering verseker sal word – weliswaar ook moontlike roterende burgemeesters. 

In die sakewêreld bestaan die begrip van "deal creeping". Dit is wanneer een party by 'n ooreenkoms algaande sy voordele verbeter, veral by mondelingse transaksies of swak omskrewe verpligtings. Om deal creeping te vermy, word goed geformuleerde samewerkingsooreenkomste dus opgestel. By die politiek is dit presies dieselfde.

Mens kan nou reeds voorspel dat, sou 'n VF+ raadslid hom te buite gaan oor een of ander ANC-sotheid, die ANC-leierskap vir dr Mulder tot orde sal roep. Dit kan hom sy werk kos. 

Daar is mos niks wat hulle verhoed om dit te doen nie. Om bloot op Zuma se woord te gaan deur die pos te aanvaar is om vir die ANC 'n blanko tjek te gee.

Ek het nog nooit 'n wit politikus vertrou nie, waarom sou mens nou skielik 'n swart politikus vertrou?

free no download slots with bonus no registrationАлександр Фильчаков прокурор

Geluk aan dr. Mulder

Die DA se kleinlike aanval op dr Mulder het net weereens aan my bewys dat die ou Prog-party totaal uit voeling met die politieke situasie in Suid-Afrika is. Manie van Dyk se dagdroom dat die DA in beginselvaste opposisiepolitiek glo en nie bereid is om insette van binne te lewer nie kan sekerlik in Europa en daardie nare klein eilandjie werk.

Die realiteit is ongelukkig in Afrika dat opposisiepartye soms vir 'n hele geslag lank nie kans sal kry om van binne insette te lewer nie, bloot omdat opposisiepartye so min die kans kry om regeerders te word. 
 
Soos Dan Roodt tereg skryf in sy rubriek Pieter in die leeukuil, het Mulder en sy party in die huidige bestel die regte besluit geneem. Die klein olyftakkie wat gegee is, kan nie weggeklap word nie. Boonop word die takkie uit die landbou aangebied. Dit is sekerlik die bedryf wat Afrikaners tradisioneel die naaste aan die hart lê. 
 
Volgens dr Mulder was selfs die ietwat regse Transvaalse Landbou-unie ten gunste van sy aanvaarding van die pos. Zuma is 'n uitstekende strateeg en indien Mulder goed doen in sy pos is die kanse natuurlik baie goed dat verhoudinge tussen die regering en die Afrikaners drasties sal verbeter. Zuma is waarskynlik teen dié tyd deeglik bewus daarvan dat Zimbabawe se wiele finaal afgeval het toe landbou as offer gebruik is om ontevrede oorlogsveterane te paai. 
 
Dit lyk of ons nuwe president verder dink as wat die meeste mense hom sou toegee. Sy stap om die ministerie van verdediging se naam na Verdediging en Militêre Veterane te verander, dui myns insiens daarop dat hy ontevrede MK-soldate ook gaan akkomodeer om sodoende nog n potensiële konfliksituasie te ontlont. Die landbou en oorlogsveterane was in Zimbabwe die twee botsende belangegroepe wat ons buurstaat oor die afgrond gesleep het. MK-soldate wat gegriefd voel omdat hulle deur politici vergeet is, hou inderwaarheid 'n gevaar vir politieke stabiliteit in Suid-Afrika in.

купить тамбов диагностическое оборудованиеАлександр Фильчаков прокурор

Afrikaners sal m??t saamstaan

Terwyl die debat rondom die powere vertoning van die enigste oorblywende Afrikanerparty in die parlement, die Vryheidsfront Plus, voortwoed, sê sommige mense dat Afrikaners nie oor die nodige getalle beskik om by die stembus hond haaraf te maak nie, gegewe die immer stygende swart bevolking wat tans boonop vanuit ons buurlande aangevul word. Dieselfde mense meen dat die Afrikaner nie deur middel van partypolitiek nie, maar deur sogenaamde burgerlike organisasies sy regte en kultuur kan verdedig.

Feit is egter dat, solank as wat daar vyftig of meer Afrikaanse organisasies bestaan wat elkeen op sy eis die volk wil red, nóg die owerheid, nóg die volk daarbuite die huidige Afrikanerleierskap ernstig gaan opneem.

Terwyl daar konsensus oor kwessies soos die behoefte aan moedertaalonderrig en groter veiligheid bestaan, heers daar tog verskille in benadering en filosofie onder Afrikaners. Breedweg kan daar drie denkskole onderskei word:

1. Diegene wat tevrede is met die huidige grondwetlike bestel en bloot minderheidsregte vir die Afrikaner teenoor die owerheid wil beding. Onder diegene tel die FW de Klerk-stigting, Solidariteit, die Afrikanerbond en ander organisasies.

2. Diegene wat die huidige bestel as ontoereikend sien en Afrikanerselfbeskikking, hetsy in munisipale gebiede, hetsy in 'n aparte volkstaan voorstaan. Onder hierdie groep ressorteer die Vryheidsfront Plus, Radio Pretoria, die Tussentydse Afrikanerraad, Boerevryheidstigting en ander. Dit is ook PRAAG se standpunt.

3. Diegene wat die huidige bestel in sy geheel verwerp en weier om aan verkiesings of gesprekke met die regerende ANC deel te neem. Die HNP en sy verskillende splintergroepe is waarskynlik die beste verteenwoordigers van dié benadering wat die volk tot verset wil oproep.

Nieteenstaande dié verskille in benadering, streef elke faksie op sy manier Afrikanervryheid na en wil nie toesien dat ons volk vergaan of deur 'n groter Suid-Afrika volkome geassimileer word nie.

Dis van die uiterste belang dat alle bestaande groeperings met mekaar moet praat en onderhandel ten einde 'n verenigde front teenoor die regering, maar ook die DA-opposisie wat filosofies tot die verdwyning van die Afrikaner verbind is, daar te stel. Al wil die drie verskillende faksies nie met mekaar saamwerk nie, sou dit nogtans sin maak om drie oorhoofse federasies te vorm wat op elkeen van daardie benaderings geskoei is.

Indien nugterheid seëvier, sou die drie faksies soos hulle tans daar uitsien egter wel van tyd tot tyd met mekaar vergader om die gedagte van Afrikanereenheid te bespreek en gemeenskaplike beleid oor Afrikaanse skole en universiteite, asook gemeenskapsveiligheid en -welsyn, te formuleer.

Die meeste meningsvormers, selfs dié van links, is dit tans eens dat Suid-Afrika op die mespunt verkeer en oor die volgende paar jaar óf in chaos van die Zimabwe-tipe gaan versink, óf 'n samewerkingsmodel tussen die verskillende volkere en gemeenskappe gaan vind wat op die lang duur sukses sal verseker.

Juis omdat Afrikaners nie oor getalle beskik nie, het ons geen keuse as om 'n beeld van groter eenheid teenoor die regering en die buiteland te projekteer nie.

Die Afrikaner het 'n sleutelrol om te speel indien misdaad en die huidige verval in infrastruktuur en staatsdepartemente gestuit gaan word. Maar dan sal ons veel meer georganiseerd moet raak met duidelike politieke, ekonomiese en kulturele doelwitte wat nagestreef moet word.

насосное оборудование харьковФильчаков прокурор харькова

Mulderbroers moet liefs professore word

Anton Barnard se Gedagtes oor 'n toekomsvisie vir die VF+ is baie deurdag en goed gestel.

Goed genoeg om kommentaar en ook wat kritiek te lewer.

Behalwe wat hy oor Orania skryf stem ek met die meeste saam.

Synde 'n verstokte HNP-er moes dit my eintlik koud laat of die VF+ wel of nie oorleef nie. Die VF het egter 'n rol te speel en wel vir die jonger geslag (nou nog) Afrikaners.

Jong mense dink radikaal. Hulle wil skree vir 'n span en deelneem aan 'n sport, al is dit 'n verkiesing. Die HNP neem nie deel aan hierdie sport nie en sal dus nooit 'n massa jong mense agter hulle kry nie. Die VF+ neem egter wel deel en kan en moet daardie taak vervul.

Jy skets die probleme duidelik. Saamgevat: Die VF+ is 'n middel-van-die-pad party. Vir transformasie, maar nie soos nou nie. Ens. Hulle is te redelik en sonder vuur en passie.

Jou raad aan die VF: Hou op louwarm te wees, sal egter op dowe ore val, want die huidige VF+ kan nie anders nie. Die kern van die probleem, wat jy (uit ordentlikheid?) nie noem nie, is naamlik die twee gebroeders Mulder wat die VF+ oorheers en sy beeld bepaal.

Ek het geaarsel om dit so reguit te stel want die Mulders is, myns insiens, veral as ek hulle families sien, agtenswaardige en ordentlike burgers van die samelewing. In die politiek en ter wille van die toekoms van die Afrikaner moet mens daar egter aan verby sien.

Die Mulders is beroepspolitici en maak uit die politiek 'n bestaan. Hulle mis helaas die vuur en passie wat nodig is om 'n politieke party met sukses te lei. Hulle mis ten enemale die charisma van 'n Eugene Terreblanche of 'n Helen Zille. As hulle die VF+ bly lei sal die party voortploeter tot hulle aftrede. Dit is ook die enigste en ernstige rede dat al die stemmers in die buiteland Mulder en die VF+ so wreed in die steek gelaat het.

Anton vra dat die party sy beleid duideliker moet stel, soos om te sê wat hulle met "Vryheid vir die Afrikaner" bedoel en hoe hulle 'n volkstaat wil vestig, ens.

Anders as intellektuele stel die jongere garde, en eintlik die hele volk, glad nie belang in definisies en 'n duidelike uitspel van beginsels nie. Hulle wil dat 'n leier kragdadig optree en dreig: Ons eis.., ons wil.., anders gaan ons.., ens. Dit sit nie in die Mulders se bloed nie (deesdae praat mens van gene).

Wat hulle wel doen, is beeldpoets ('n pragtige Afrikaanse woord).

Aan die Universiteite van die Vrystaat en Pretoria (met Stellenbosch is ek nie op die hoogte nie) maak die VF+ met elke studenteraadsverkiesing skoon skip tot bedroewenis van die bestuur van daardie universiteite.

Onmiddelik duik dr Pieter op om saam met daardie jong mense vir 'n foto te paradeer. Asof hy aandadig aan die studente se sukses is. Daardie sukses is ondanks hom en die kieser voel sulks instinktief aan.

'n Ander keer sien mens Mulder parmantig langs Mbeki staan nadat hulle sogenaamd (asof die ANC hom enigiets van Mulder en sy VF+ aantrek) samesprekings gevoer het. Is ek die enigste een wat hom aan daardie foto vererg het?

Ter wille van die Afrikanerjongmense en dus die Afrikaner se toekoms sou my raad (wat waarskynlik net so op dowe ore sal val as joune) wees: Geagte here Mulder, kry 'n professoraat aan Potch of 'n ander universiteit en bly die VF+ van agter die skerms van goeie raad bedien.

Wat Orania betref, verskil ek hewig van Anton Barnard wat skryf dat dit "kennelik 'n interessante eksperiment (was), maar ongelukkig het dit nie gewerk nie".

Orania het weliswaar nie die groei getoon waarop ons almal gehoop het nie. Tog bestaan Orania en lewe.

Dit word, sover ek kan beoordeel, goed bestuur en is goed georganiseer. Daar is 'n infrastruktuur. Dit is 'n Volkstaat in die kleine.

Wat die toekoms betref, kan enigiets gebeur, al sien ek nie dat Orania sommer tot niet sal gaan nie. Hulle grootste probleem vir nywerheidsontwikkeling is die groot afstand teenoor die markte.

As daar egter eers net een Afrikanerondernemer of desnoods 'n Portugees sou wees, wat strontsiek is vir Cosatu, stakings, misdaad, die rassetelkaart, bemoeienisse van die Departement van Arbeid en ander frustrerende amptenary, hom daar vestig en werkers nodig het, en hy maak 'n sukses daarvan, kan hy die katalisator wees vir verdere vestigings en moontlike vinnige uitbreiding.

Goed, jy glo dalk nie in drome nie, maar jy glo tog wel dat Suid-Afrika verder afwaarts kan daal. Omstandighede kan so verander dat hierdie droom bewaarheid word.

Dan bespiegel jy oor die moontlikheid van 'n volkstaat, dalk êrens in die Wes-Kaap of 'n deel van Pretoria. Ek weet nie hoe mens die samewerking van die ANC-regering hiervoor sal kry nie.

Jou vergelyking met die Palestyne en die Baske se gedeeltelike selfregering gaan nie op nie. Daardie twee volke het histories al hul eie geografiese gebiede. Die Afrikaner moet dit nog soek.

Op die oomblik is daar, behalwe Orania, nog twee klein volkstate, naamlik Kleinfontein oos van Pretoria en die een by Balmoral. Almal het maar hul eie probleme, maar as jy op 'n Sondag deur Kleinfontein sou ry, sou jy verbaas wees oor wat jy daar sien. Behalwe die dorp met 'n wildpark is daar ten suide nog 'n gebied met kleinhoewes. (Ek besit 'n nog onbeboude een daar).

In die brosjure van Kleinfontein word gepraat van die ideaal van 'n Gemenebes van vrye Boere-Afrikanervolkstate. Daardie ideaal (nou in jou woorde:) beteken vir my 'n visie van "regering deur Afrikaners, oor Afrikaners, vir Afrikaners".

Ek glo in en ondersteun daardie ideaal.

современную люструАлександр Фильчаков Васильевич