Beseerde Franse seiljagvaarder kom in Australi? aan

Image

Yann ?lies

'n Beseerde Franse om-die-wêreld-seiljagvaarder is gered deur die Australiese vloot en is weer terug op die land nadat hy tydens sy solovaart afgehaal is in die afgeleë Suidelike oseaan.

Yann Elies is van die vloot se fregat HMAS Arunta afgedra op 'n draagbaar kort nadat die fregat by Fremantle-hawe naby die wes-Australiese hoofstad Perth aangekom het.

Die 34-jarige Fransman wat twee dae in die kajuit van sy seiljag in erge pyn deurgebring het nadat hy reeds Donderdag sy been gebreek het, was onder verdowing en het nie met die wagtende media gepraat nie.

Hy het net gewaai en die duim-in-die-lugteken gegee voordat hy in die ambulans gelaai is en geneem is vir dringende mediese behandeling.

Die bevelvoerder van die HMAS Arunta, Steven Bowater, het gesê dat Elies sou sterf indien die vlootvaartuig nie sy posisie sowat 800 seemyl suid van die Australiese vasteland bereik het nie.

"Ek kan bevestig dat die dokter 'n ondersoek gedoen het, en dat hy sou sterf indien ons nie daar aangekom het nie," het kommandeur Bowater aan verslaggewers gesê.

как сшить рубашку для девочкитопкарго отзывы

Drie sterf in Afghaanse selfmoordbom

Image

‘n Vorige bom in Afghanistan

'n Selfmoordontploffing in die middel van die suidelike Afghaanse stad Ghazni het Maandag drie mense dood gelaat en vyf gewond, het polisie gesê.

Die plofstof wat aan die aanvaller se liggaam vasgemaak was, het ontplof toe hy in 'n besige straat in Ghazni, omtrent100 kilometer suid van die hoofstad Kaboel gery het, het Ghazni se provinsiale adjunkpolisiehoof Mohammad Zaman gesê.

"Drie burgerlikes, die selfmoordbomaanvaller, en sy bestuurder is dood en vyf burgerlikes is gewond," het Zaman gesê, en bygevoeg dat dit voorkom asof die bom te vroeg afgegaan het.

Zaman het gesê dit is nie duidelik wat die aanvaller se teiken was nie. Die pad waar die ontploffing plaasgevind het ,lei na die provinsiale goewerneur se woning en ook na verskeie regeringsgeboue.

Die vyf beseerdes is buite gevaar, het die  direkteur van die plaaslike hospitaal, Ismael Ibrahimzai, gesê.

Niemand het onmiddellik verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Zaman het die ontploffing op "vyande van Afghanistan" geblameer, 'n uitdrukking wat deur Afghaanse beamptes gebruik word om te verwys na lede van die uitgeweke Talibanmilisie wat in die regering tussen 1996 en 2001 gedien het.

Die Taliban het 'n bloedige opstand teen die Amerikaans geondersteunde regering van president Hamid Karzai gevoer sedert hulle uit die kussings gelig is in 'n Amerikaans geleide inval laat in 2001. 

casino slotДанильченко

Swarte in hegtenis vir dubbele moord in Dutywa

'n 27-jarige swartman is gearresteer nadat hy twee mense doodgesteek het in Dutywa, het Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.

Kaptein Lingisile Magama het gesê die man het 'n 37-jarige man doodgesteek in 'n sjebien in die dorpie Lota omstreeks 20:00 Saterdagaand.

"Hy het met die man geargumenteer voordat hy hom verskeie kere in die bors gesteek het," het Magama gesê.

Nadat hy die man gedood het, is die polisie na die toneel geroep en het hy te voet gevlug. Hy het by 'n nabygeleë huis geskuil waar hy 'n 83-jarige vrou doodgesteek het," het hy gesê.

"By die huis het hy die ou vrou en 'n jong meisie gevind, wat hom probeer wegjaag het, waarna hy die ou vrou doodgesteek het."

Hy is minute later by die huis gearresteer.

Die man staar klagte van moord in die gesig en sal na verwagting binnekort voor die landdroshof in Dutywa verskyn. 

блузки девочки 8 летданильченко юрій броніславович компромат

Somali?, Kongo onder humanit?re toptien

ImageStygende geweld in Somalië, burgerlikes wat ontwortel word in die oostelike Kongo en gebrekkige mediese voorrade in Mianmar en Zimbabwe is onder die toptien humanitêre krisisse van 2008, volgens 'n jaarlikse lys wat deur Dokters sonder grense vrygestel word.

Ander krisisse op die groep se lys sluit in ondervoeding, wat 5 miljoen jong lewens regoor die kontinent elke jaar neem; MIV-tuberkulose en verwante infeksies wat 1,7 miljoen mense elke jaar dood laat; gevegte in Pakistan se stamgebiede; die politisering van hulpverspreiding in Irak; geweld en moeilike klimaatstoestande in suidoostelike Ethiopië se Somalië-streek en die voortslepende Darfoerkrisis en burgeroorlog in Soedan.

"Met die vrystelling van hierdie lys hoop ons om die aandag te vestig op miljoene mense wat vasgekeer is in konflik en oorlog, op diegene wat geraak word deur mediese krisisse, wie se onmiddellike en gesondheidsbehoeftes geïgnoreer word en diegene wie se lot dikwels nie raakgesien word nie," het dr. Christopher Fournier, die groep se internasionale president, in 'n verklaring gesê.

Die internasionale humanitêre organisasie, Médecins Sans Frontières, wat ook op hulle Engelse naam, Doctors Without Borders, bekend is, het begin om die jaarlikse lys uit te reik in 1998 nadat 'n vernietigende hongersnood in suidelike Soedan grootliks deur die Amerikaanse media geïgnoreer is. Die lys, wat nie die krisisse in volgorde van belangrikheid plaas nie, probeer om groter bewustheid van die krisisse te kweek wat nie altyd genoeg aandag in die pers kry nie.   

купить игрушечный автоматФильчаков прокуратура харьков

Indi? kanselleer ho?profielkriekettoer na Pakistan

Krieket is een van die min dinge waaroor Indië en Pakistan saamstem. Maar met Nieu- Delhi wat Islamabad daarvan beskuldig dat hulle niks doen om Pakistan-gebaseerde terroriste, wat vir die onlangse bloedige aanval in Moembaai beskuldig word, te stuit nie, het Indië 'n krieket toer na Pakistan gekanselleer, 'n duidelike teken van 'n afkoeling in die verhouding tussen die twee lande.

In die dekades sedert Pakistan onafhanklikheid van Brittanje gekry het in 1947, het Pakistan en Indië drie oorloë gehad en verskeie kere op die randjie van nog 'n paar verkeer. Tog is krieket 'n nasionale obsessie vir beide lande en het dit gehelp om spanning te verminder.

Indië se nasionale span het in 2004 na Pakistan gegaan vir die nasionale span se eerste volle reeks wedstryde in 14 jaar, 'n gebeurtenis wat beskou word as 'n optimistiese teken vir die twee kernbewapende lande wat 'n poging aangewend het om 'n vredesproses te begin.

Dit is verlede maand ongedaan gemaak met die aanvalle in Moembaai, wat 164 mense en 9 van die 10 aanvallers dood gelaat het. Verhoudinge is baie stram en die vredesproses is weer op die ys.

In nog 'n teken van die verhoogde spanning het Pakistan Indië se gesant Donderdag ingeroep en formeel 'n klagte gelê oor die skending van hulle lugruim oor die naweek. Dit is 'n skielike ommeswaai nadat hulle vroeër die insident afgemaak het deur te sê dat Indië nie opsetlik Pakistan se lugruim binnegedring het nie.

освещением лестницылобановский александр отзывы

VN- en AU-troepe voor “uitdagings” in Darfoer, s? VN-hoof

'n Gemeenskaplike VN en Afrika-unie mag in Darfoer staar steeds groot uitdagings in die gesig, amper 'n jaar nadat dit ontplooi is, het VN sekretarisgeneraal Ban ki-Moon Donderdag in 'n verslag gesê.

"Die AU-Verenigde Nasies operasies staan steeds voor baie groot uitdagings," het hy gesê.

"Geweld en ontworteling van mense gaan voort, humanitêre operasies word steeds bedreig, gevegte vind gereeld plaas en die partye het nog nie 'n vredesooreenkoms bereik nie."

Ban het gesê dat slegs 60% van die VN operasie in Darfoer (UNAMID) teen die einde van die jaar ontplooi sal wees, teenoor die 80% van die VN soldate waarvoor die VN gehoop het.

UNAMID is in Julie 2007 magtiging gegee deur die Sekuriteitsraad om die grootste vredesmag in die wêreld saam te stel, met 'n geskatte sterkte van 26 000 lede.

Ontplooiing was vertraag, grootliks deur gebrek aan sameweking van die Soedannese regering. Die mag was ook die teiken van dodelike aanvalle.

Die sending het 'n tekort aan belangrike toerusting, insluitende 24 helikopters, om die groot gebied te kan patrolleer.  

086 справкаtopcargo отзывы сотрудников

VSA deporteer 46 persent meer Meksikane en Sentraal-Amerikaners

Amerika het meer as 154 000 Meksikane en Sentraal-Amerikaners gedeporteer in die 2008 finansiële jaar, wat 'n 46% verhoging is teenoor die vorige jaar, het hulle Donderdag in 'n amptelike verklaring gesê.

Meer as 212 000 is altesaam gedeporteer, met byna driekwart wat van Meksiko en Sentraal-Amerika afkomstig is, volgens die verklaring deur die Amerikaanse Immigrasie en Doeane kantoor in die grensdorp McAllen in Taxas.

Die meeste, 82 000 is Meksikane wat die 3170 kilometer grens tussen Meksiko en Amerika oorsteek.

Al die lande het 'n verhoging gehad in deportasie, behalwe Nicaragua, waar deportasie verminder het tot net oor die 2000.

Amerika het immigrante gedeporteer na 190 lande en het meer as 4000 deportasievlugte gehad teenoor amper 3000 vlugte in die vorige jaar, wat van 1 Oktober tot 30September strek.

Die hoeveelheid onwettige immigrante het drasties gedaal vanweë maatreëls wat 'n heining langs die suidelike grens insluit, het Michael Chertoff, die sekretaris van binnelandse veiligheid Donderdag in Washington gesê.

"Ons het 'n daling gesien in die hoeveelheid mense wat die grens onwettig probeer oorsteek," het Chertoff gesê gedurende 'n oorsig van die departement se aksies sedert dit 7 jaar gelede gestig is.

Die heining, wat langs groot dele van die Rio Grande loop is meer as 5 meter hoog en het baie kontroversie ontlok. Daar was ook verskei hofsake daaroor, maar nie een was sover geslaag nie.

топка для банилобановский супермаркет класс

Gaza-skietstilstand met Israel is verby: Hamas

Hamas, die Islamitiese beweging wat Gaza beheer, het Vrydag gesê die ses maande lange skietstilstand met Israel is verby en hulle sal op enige aanval op die verarmde en beleërde Palestynse gebied reageer.

Die gewapende vleuel van die Islamitiese beweging Hamas, die Ezzedine al-Qassam-brigades, het Vrydag net ná 06:00 gesê dat die Egipties georganiseerde skietstilstand met Israel amptelik verby is.

"Die skietstilstand is verby en daar sal nie 'n hernuwing daarvan wees nie omdat die Sionistiese vyand nie die voorwaardes gerespekteer het nie," het die groep op sy webwerf gesê, en bygevoeg dat Israel verantwoordelikheid vir die gevolge dra.

Beide Hamas en Israel het gesê hulle sal reageer wanneer hulle aangeval word, maar nie een het gesê hulle sal tot die aanval oorgaan nie.

"Ons by Hamas het die reg om op te tree teen enige Sionistiese aggressie teenoor die Palestynse mense. Dit is ons nasionale plig," het Hamas se woordvoerder Fawzi Barhum Donderdag gesê, en bygevoeg "dat Hamas sal optree na gelang van die omstandighede op die grond."

Mark Regev, woordvoerder vir die tussentydse Israeliese eerste minister Ehud Olmert het gesê die kabinet sal Sondag die saak bespreek.

"Ons was gereed om die reëlings wat met Egipte gemaak is te respekteer," het hy Donderdag aan AFP gesê.

Die Israelse minister van verdediging, Ehud Barak, het aangedui dat Israel sal reageer as hy aangeval word: "Wanneer die situasie opduik sal ons reageer."

Hy het die moontlikheid van militêre ingryping genoem, maar dit duidelik gemaak dat dit nie dringend is nie.

"Ons is nie bang om 'n grootskaalse militêre aksie in Gaza te begin nie, maar daar is geen rede om haastig oor so iets te besluit nie," het hy aan joernaliste gesê.

Israelse magte het verskeie lugaanvalle geloods en 'n Palestyn gedood, terwyl Gaza-militante Donderdag en Vrydag 'n vuurpylaanval geloods het.

Israelse vegvliegtuie het Donderdag twee vuurpyllanseerders aangeval, onder andere een wat gereed was om ' n vuurpyl te lanseer, het die weermag gesê.

Israel en Hamas beskuldig mekaar dat die ander een die skietstilstand verbreek het wat deur Egiptiese tussengangers beding is omdat die Joodse staat die Islamiete as 'n terroristeorganisasie beskou.

Die Israelse regering blameer Hamas dat hulle nie aanvalle deur kleiner Palestynse faksies gekeer het nie, terwyl die Islamiete beweer dat Israel die ooreenkoms verbreek het deur nie die blokkade teen die verarmde gebied te lig nie.   

мультики монстр хаиФильчаков

Rwandese kolonel skuldig bevind aan volksmoord

'n Voormalige kolonel in die Rwandese weermag wat agter die 1994-moord op meer as 500 000 mense was, is aan volksmoord skuldig bevind en Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Dit is die belangrikste vonnis van die VN-tribunaal wat saamgestel is om die moordenaars voor die gereg te bring.

Kol. Theoneste Bagosora is skuldig bevind aan misdade teen die mensdom en die hof het bevind dat hy sy pos as direkteur van Rwanda se ministerie van verdediging gebruik het om Hoetoesoldate te beveel om Toetsies en gematigde Hoetoes dood te maak.

Voormalige bevelvoerders Anatole Nsengiyumva en Aloys Ntabakuze is ook skuldig bevind aan volksmoord en tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die voormalige hoof van militêre operasies, brigadier Gratien Kabiligi, is vrygespreek op alle klagtes en vrygelaat.

"Dit was 'n baie belangrike dag in die tribunaal met die uitsprake wat gegee is in belangrike sake wat baie lig gewerp het op wat op die 6de April 1994 gebeur het, asook die dae wat daarna gevolg het," het Hassan Bubacar Jallow, hoofaanklaer by die internasionale kriminele tribunaal vir Rwanda  aan die Franse internasionale nuuskanaal, France 24, gesê.

Die hof het gesê dat Bagosora "die hoogste gesag was in die Rwandese ministerie van verdediging met gesag oor die Rwandese militêre magte" en dat hy verantwoordelik was vir die dood van die voormalige Rwandese eerste minister, Agathe Uwilingiyimana en 10 Belgiese vredesmaglede wat haar probeer beskerm het met die aanvang van die volksmoord.

Bagosora, 67, het niks gesê toe die uitspraak Donderdag gelewer is nie, en daar was doodse stilte van die talle mense wat die gange van die klein hofsaal volgepak het om die uitspraak aan te hoor.

Sy skuldigbevinding is verwelkom deur oorlewendes van die volksmoord, wat 15 jaar later steeds tussen die mense moet woon wat die dade in die sentraal-Afrikaland gepleeg het.

Daar word vermoed dat sowat 63 000 mense deelgeneem het aan die volksmoord, alhoewel baie van hulle deur gemeenskapsgebaseerde howe gevonnis is, waar verdagtes aangemoedig is om skuld te erken en vergifnis te vra in ruil vir ligter vonnisse.

"Bagosora is die persoon agter al die slagtings," het Jean Paul Rurangwa, 32, gesê. Hy het sy pa en twee susters verloor.

"Die feit dat hy die swaarste vonnis opgelê is wat die hof kan gee, is 'n verligting."

VN-sekretarisgeneraal Ban ki-Moen het die vonnisse verwelkom, het sy woordvoerder Marie Okabe by die New Yorkse hoofkantoor gesê.

"Die vonnisse is 'n groot stap in die stryd teen die straffeloosheid van mense wat verantwoordelik is vir die ernstigste misdade van internasionale belang," het Ban se woordvoerder gesê.

Die Tanzanië-gebaseerde Internasionale Kriminele hof vir Rwanda is opgestel in 1994 om die mense wat verantwoordelik was vir die slagtings te verhoor, en het die eerste vonnisse in 1997 uitgespreek. Daar was 42 uitsprake waarvan verdagtes in 6 gevalle vrygespreek is. Die hof het nie die magte om die doodsvonnis uit te spreek nie.

Agtien sake is steeds aan die gang, maar nie een van die verdagtes is van so 'n hoë profiel soos Bagosora nie. Sy prokureur, Raphael Constant, het gesê dat hulle binne 30 dae appèl sal aanteken.

Meer as 500 000 Toetsies en polities gematigde Hoetoes is doodgemaak in die 100-daeslagting wat deur die ekstremistiese Hoetoeregering georganiseer is. Regeringstroepe, Hoetoemilisie en gewone burgers wat aangespoor is deur haatboodskappe wat oor die radio uitgesaai is, het van dorpie na dorpie gegaan en mans, vroue en kinders doodgemaak.   

строим банилобановский александр игоревич харьков

Franse presidentsvrou verkry skadevergoeding oor kaalsakke

Image

Een van vele naakfoto’s van Carla Bruni wat op die internet te siene is

'n Franse hof het 'n klerefirma beveel om 40 000 Euro (R560 000) te betaal aan skadevergoeding vir die verspreiding van sakke met die naakte beeld van die Franse presidentsvrou, Carla Bruni-Sarkozy, daarop.

Die foto dateer uit haar dae as model. Sy het gevra vir 125 00 Euro aan skadevergoeding van die klerehandelaar Pardon, wat die sakke aan sy kliënte versprei het.

Pardon het gesê hulle gaan appelleer teen die uitspraak wat Donderdag gelewer is op die Franse Indiese-oseaaneiland Reunion, waar die maatskappy geleë is. Die firma het ook belowe om die 5 500 Bruni-sakke wat hulle oor het, te vernietig.

Die hof het bevind dat Pardon die Bruni-Sarkozi-eienaarskapsregte van haar beeld oortree het. Haar prokureurs het gesê dat sy enige geld wat sy uit die saak maak aan 'n welsynsorganisasie sal skenk.

подростковая спортивная одежда для мальчиковДанильченко

Sri Lanka s? Tamiltiere-stellings is verower

Image

Tamiltier met wapen

Soldate van Sri Lanka het verdedigingstellings van die Tamiltiere naby die rebelle se politieke hoofkwartier verower ná hewige gevegte, het die regering Donderdag gesê.

Soldate was besig met teen-terrorismeoperasies langs die noordelike en noordwestelike verdedigingslinies van Kilinochchi, die politieke hoofstad van die Bevrydingstiere van Tamil Eelam (BTTE), het die ministerie van verdediging gesê.

Die weermag het Woensdag ten minste 10 bomaanvalle teen die Tamiltiere se posisies gedoen toe voetsoldate erge teenstand van die rebelle ontvang het.

Die BTTE het gesê dat hulle die veelvoudige aanvalle Dinsdag en Woensdag deur die regeringstroepe weerstaan het, en 170 soldate gedood het en 420 gewond het.

Die weermag het die bewerings verwerp en gesê dat hulle net 25 soldate verloor het.

President Mahinda Rajapaksa se regering het die val van Kilinochchi al maande lank voorspel en die weermag het onlangs gesê hulle is binne "soenafstand" van die stad.

Kwaai teenstand van die rebelle en swaar monsoenreën het die weermagoffensief vertraag.

In Januarie het die regering van Sri Lanka onttrek uit 'n vredesooreenkoms wat deur Noorweë saamgestel is.

Die rebelle is al aan die veg sedert 1972 vir 'n staat vir die etniese minderheidsgroep, die Tamils, apart van die groot Sinhalese bevolkingsgroep.

самые красивые камины фотоДанильченко Харьков

Nog 420 tale oor in Latyns-Amerika

Suid- en Midde-Amerika staan ook bekend as Latyns-Amerika omdat die twee hooftale van dié wêrelddeel Spaans en Portugees is. Albei tale stam af van Latyn.

Volgens die Argentynse media blyk dit egter uit ’n jaarlange ondersoek van ’n kulturele en taalkundige instituut dat daar nog 522 stamme in dié lande is wat altesaam 420 tale praat.

Dit gaan om sowat veertig miljoen mense, wat sowat tien persent van die bevolking van Latyns-Amerika uitmaak.

Die meeste van die stamme, 247, woon in Brasilië, wat Portugees as amptelike taal het.

Verskeie tale, waarvan wetenskaplikes gedink het reeds uiutgestorwe is, word nog steeds gepraat.

машины на пульте управленииФильчаков прокурор харьков

Joernalis gooi skoene na George Bush

Image

George W. Bush koes vir die skoen

George Bush is gister genoodsaak om te koes toe 'n woedende Irakese joernalis sy skoene na die president se kop gegooi het.

Mnr. Bush het die nuuspodium gedeel met die Irakese eerste minister Nuri al-Maliki gedurende 'n vaarwelbesoek aan Bagdad toe die insident plaasgevind het.

Muntadar al-Zeidi, 'n korrespondent vir die Kaïro-gebaseerde Al-Baghdadiya TV, het sy skoene uitgetrek en na mnr. Bush se kop geslinger terwyl hy geskree het: "Dit is 'n vaarwelkus van die Irakese mense, hond!"

Die skoen het die Amerikaanse president se kop gemis en die muur agter die president getref, terwyl Irakese veiligheidspersoneel en Amerikaanse geheimediensagente al-Zeidi platgetrek het en daar weggesleep het. 

Toe die president later gevra is oor die insident het hy gespot daarmee, en opgemerk dat die skoene omtrent 'n nommer 10 was.

"Dit is nie iets wat my pla nie," het hy gesê. "Dit is net soos om na 'n politieke byeenkoms to te gaan, waar mense op jou skree. Dit is 'n manier vir mense om aandag te kry."

Bush het ongemaklik geglimlag, en Maliki het gespanne voorgekom in die oomblikke ná die aanval.

Ander Irakese joernaliste het namens hulle kollega om verskoning gevra.

By die perskonferensie het mnr. Bush verklaar: "Die oorlog is nog nie verby nie. Daar is steeds werk om te doen."

ЛогическиеФильчаков прокурор отзывы

Bush meen w?reld moet ‘ferm en geduldig’ wees met Noord-Korea

Image

George W. Bush

Die Amerikaanse president George W. Bush het Maandag gesê dat hy hoop Washington se vennote in die Noord-Korea-ontwapeningsonderhandelinge sal "ferm en geduldig" wees met die geheimsinnige regering.

Nuwe onderhandelinge verlede week het nie daarin geslaag om 'n formele meganisme op telwer om te verseker dat  Noord-Korea die waarheid praat omtrent sy kernprogram nie, nadat die kommunistiese staat geweier het om 'n Sjinees opgestelde voorstel te teken.

"Die belangrikste is om ferm en geduldig te wees met 'n struktuur wat dalk kan toelaat dat die volgende president, of die een daarna die probleem diplomaties kan oplos," het Bush aan verslaggewers aan boord van sy "Airforce One"-vliegtuig gesê.

Hy het gepraat tussen verrassingsbesoeke aan Irak en Afghanistan, die laaste voordat hy volgende maand die Withuis verlaat. 

море в хорватиилобановский александр игоревич класс